Meesterplan vir water: ‘SA kort nie nog ʼn SBO’

Lindiwe Sisulu (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die watermeesterplan wat die week deur die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie bekend gemaak is, is met skeptisisme begroet.

Minister Lindiwe Sisulu se plan behels ʼn reeks dringende stappe wat geïmplementeer moet word om stelsel- en infrastruktuuruitdagings die hoof te bied. Volgens Sisulu sal daar oor die volgende tien jaar nagenoeg R900 miljard bestee moet word om watersekerheid te hê.

Leon Basson, die DA se skaduminister vir water en sanitasie, is egter bekommerd dat Sisulu se planne daarop neerkom dat ʼn nuwe staatsbeheerde onderneming (SBO) op die been gebring moet word.

“Die minister het bekend gemaak dat haar departement, in samewerking met die tesourie, beplan om ʼn nasionale owerheid vir waterbronne en dienste op die been te bring om die nasionale infrastruktuur vir waterhulpbronne te finansier, ontwikkel en bestuur. In werklikheid die skep van nog ʼn SBO om die werk wat haar departement moet verrig, uit te kontrakteer.”

Volgens Basson sal die totstandkoming van nog ʼn SBO in alle waarskynlikheid net die weg baan vir korrupsie en wanadministrasie.

“Die departement het tans meer as ’n dosyn waterrade wat aan hom rapporteer. Verskeie bewerings en gevolglike ondersoeke het egter aan die lig gebring dat ernstige wanadministrasie en wanpraktyke endemies binne die departement is, veral met betrekking tot sommige waterrade.”

Daar moet eerder gefokus word op ʼn omkeerstrategie om die departement se finansies reg te ruk, meen Basson.

“ʼn Interdepartementele poging moet tussen die nasionale tesourie, die departement van water en sanitasie, die departement van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aangewend word om ’n strategie te kry vir die voltooiing van groot en duur waterinfrastruktuurprojekte.”

Foto: Jimmy Chang/Unsplash

AfriForum is ook van mening dat Sisulu éérs die wanbestuurprobleem binne dié departement moet takel en ’n kultuur van aanspreeklikheid moet kweek alvorens die watermeesterplan suksesvol geïmplementeer kan word.

Hoewel AfriForum die aankondiging verwelkom dat herstrukturering in die departement gaan plaasvind, is dié burgerregte-organisasie bekommerd dat dit nie op grond van meriete gaan geskied nie en dat moontlike korrupte amptenare steeds aan die stuur sal wees.

“Die meesterplan gaan volgens Sisulu sowat R900 miljard kos. Die jongste verslag van die ouditeur-generaal dui egter aan dat die departement sowat R1,7 miljard verloor het as gevolg van onreëlmatige en verkwiste uitgawes aan waterinfrastruktuurprojekte,” sê Lambert de Klerk, bestuurder vir omgewingsake by AfriForum.

“Die departement versuim hul plig om waterinfrastruktuur in stand te hou en takel voorts ook nie probleme soos waterlekkasies en -besoedeling wat tot grootskaalse watervermorsing lei nie.”

De Klerk het verder gesê dat indien die departement water werklik as ’n kritieke hulpbron beskou, daar ernstig en daadwerklik teen munisipaliteite opgetree moet word wat dié hulpbron in gedrang plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johann cb ·

Het Minister Sisulu ‘n plan beraam om reën te maak? Of is hierdie nóg ‘n bedrogspul?

Rm ·

Plannemaak is maklik, veral vir die ANC, net jammer nog geen plan het uitgewerk of suksesvol gewees vanaf 1994 af nie, sal maar weereens net n geleentheid skep vir korrupte kaders

Andre Coetzee ·

Nee wat net nog ‘n las wat nie effektief bestuur sal word nie en die belasting betaler geld gaan kos.Kry eers die ekonomie en misdaad onder beheer met nog miljoene mense wat kan help betaal voor jy so iets oorweeg.Vir nou gaan water nie die land red nie…

Praathelpniks ·

Riviere vol riool, maar daar is n meesterplan? Gaan die meesterplan wanbetalers laat betaal vir water en reen bring in drooggeteisterde dele? Korrupsie is sommige mense se meesterplan!

Maljan ·

Beteken HERSTRUKTURERING dat daar nog blanke werknemers s waarvan ontslae moet raak? Gaan van hierdie R900miljard gebruik word om nuwe en (hie hie hie hie) kleiner damme, wat gouer vol sal wees, te bou? Die (toelaag) aanwas is so suksesvol dat meer water nodig is. Goeie …r ons betaal al deur ons ore vir alles. My munisipale rekening het van die begin van die jaar tot nou, net eenvoudig verdubbel. Hoe gaan grondbelasting met 30% per jaar op sonder enige nuwe aanbouings? Ek oorweeg dit al om my huis te verkoop vir n tent.

André-Chris ·

Hulle het net een ideologie wat hulle najaag en alle idees beland in dieselfde SBO kraal. Hulle leer nie van die staat se gesondheidsorg wat vodde is nie, hulle leer nie van SAL nie, hulle leer nie uit die mislukkings van enigiets wat hulle in 25 jaar aangepak het nie, die munisipaliteite, hulle sit net die kop neer en storm voort, want hulle weet nie van ‘n ander manier van doen nie.

André-Chris ·

Ook, die eerste wat deur hul kop gaan is hoe om die geleentheid te benut om werk vir hul mense te skep. Diens lewer is sekondêr.

JV ·

Dit is net ń gepraat, teen die tyd wat daar dalk iets gebeur dan is alles tot niet en kan jy nog n paar honderd miljard byvoeg.

Eddie ·

Met haar meesterplandaar word nou weer hard gespook om nuwe korrupsie en wanbestuur geleenthede daar te stel !

Feite ·

Ek is bevrees groter besoedelingsrampe gaan SA tref as hierdie regering aan bewind bly. Hulle denke is nie op instandhouding, dienslewering en om besoedeling te keer ingestel nie, maar op meer en meer geld en die enigste manier wat hulle sien van waar om nog geld te maak is om SA se landbou in n mynhoop te omskep!

Johan ·

Dear Minister – really , why now? What happened to the vaalriver together with the defence force? You better start getting results otherwise Gauteng is going to be in dire straits!!

Stefan ·

Onthou ons nog, wat het gebeur met die Apies rivier gebeur het onder DA bewind.

Scalla ·

Bestaande infrastruktuur word nie eens in stand gehou nie, oorlog is oppad agv drinkbare water!!!

Henrietta Klaasing ·

NOG ‘n geldpot om uit te skep, NOG ‘n melkkoei wat voos gemelk kan word… ek wens ‘n onafhanklike joernalis kan kan al die ANC tentakels by al die SBE (staatsbeheerde entiteite) opspoor, soos Mail and Guardian dit jare gelede gedoen het met Chancellor House deur Hitachi wat by Eskom betrokke was (is?). Chancellor house was (is?) die geld-arm van die ANC.

Hanna Hoekom ·

Ten minste is hierdie instansies mooi getransformeer!

Henrietta Klaasing ·

Chancellor House is a South African group of companies active in the mining, engineering, energy and information technology sectors.[1] It is named after Chancellor House, the building where the law firm of Nelson Mandela and Oliver Tambo was located.[2]

After initially being exposed as a surreptitious funding front for the African National Congress it was subsequently acknowledged as an in-house investment firm for the party.[3] It is best known for the controversy surrounding the award to it of lucrative black economic empowerment and PARASTATAL contracts. (uit Wikipedia: Chancellor house)

Dirk Breytenbach ·

Verder is van die bevindinge in die minister se waterplan wat Vrydag in die Burger aangekondig was dat net 4% van waterpermitte in besit van swart mense is. Wat het dit met die water krisis te doen? Dit is nie wittes se skuld dat hulle in staat is om effektief te boer ten spyte van natuurlike struikelblokke en drakoniese wetgewing wat hul getalle die afgelope 20 jaar drasties verminder het nie. Dit blyk dat alle kritieke planne wat in die land die lig sien ten doel het om wit boere en sakemanne in ‘n staat van beskuldiging te plaas, verkleineer en marginaliseer. Wanneer sal die regerende elite besef dat ons saam beter kan doen? My ore klap toe as ek sulke diskriminerend stommiteite lees oor planne wat almal in SA raak. Diesulkes moet eintlik van hoogverraad aangekla word.

Anti Da ·

Die minister het n skeptiese meesterplan. Lyk my ons gaan bier moet drink. Net soos Kaapstad laas jaar, hulle hoop vir reen. Dis hulle plan.

Vaalseun ·

Die staatdepartemente wat al die beplanning en werk suksesvol in die verlede gedoen het en nog moet doen bestaan al amper ‘n eeu. Dit het top spesialiste in diens gehad wat al internasionele erkenning ontvang het. Waterwese het self groot konstruksie spanne gehad wat damme ontwerp en gebou het.

Herstrukturering is maar net nog ‘n politieke en korrupsie blufspel. Die ANC het nog glad nie beter kundigheid of werksetiek na die sleutel raads- of tekentafels gebring nie.

Daarom moet sy maar liewer vir Ramaphosa sê om haar ‘n aftrede te gee en dat hy ervare Suid-Afrikaanse (en nie weer nog ‘n Zimbabwiër of Kanadees nie) ingenieurs as ministers en as direkteurs-generaal van hierdie tipe staatsdepartemente moet aanstel.

Verandering van strukture bring geen verbetering indien bewese en inheemse professionele en wetenskaplike kundigheid en ervaring nie ontwikkel en bevorder word nie. Dieselfde geld vir elke staatsdepartement, Eskom, SAA, Transnet, die universiteite, SABS, die hospitale en skole.

Basjan ·

Ek wonder net hoeveel van daardie R900 miljard gaan in die sakke van die kaders gaan beland.

Nico ·

By ons hier by olifansrivier, moes Clanwilliamdam se verhoging al klaar gewees het, nog nie begin ons het met 17/18 droogte miljoene rande se skade gelei, baie boere is op hul kniee geld het ook weggeraak, gee geld aan privaatsektor en damme sal gebou word

Attie. ·

Wat nie op die hele aarde sin maak nie is dat 15 liter drinkwater gebruik word om minder as ‘n halfliter mensafval weg te spoel. 15 liter drinkwater word meteens 15 lit riool. Van die een het ons te min en van die ander te veel. Ons sal teen die moderne gewoontes moet ingaan en weer puttoilette moet gebruik of ‘n meer moderne opgaarstelsel wat leeggepomp kan word. Die riool kan dan gebruik word om kompos te produseer, sodoende kan die aarde verryk word en ons riviere kan skoon word en daar kan baie werk verskaf word. Indien ons voortgaan om kort kort in elke huishouding in die wêreld 15 lit drinkwater te ruil vir 15 lit riool dan verdien ons nie om die Kroon van die Skepping genoem te word nie.

George in Bloem ·

En almal glo die ‘”minister” is in staat om ‘n “meester plan” voor te le wat gaan werk? Regtig? Hierdie onbevoegde vrou?Goeie een. Hahahahahahaha!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.