Mej. SA nou oop vir transgender-deelnemers

Mej. SA 2020 se drie wenners, Thato Mosehle, Shudufhadzo Musida en Natasha Joubert (Foto: Mej. SA-organisasie)

Die Mej. Suid-Afrika-kompetisie is vanjaar vir die eerste keer ook oopgestel vir transgender-deelnemers, hoewel daar vrae is oor die kwessie of dié persone internasionaal sal mag deelneem indien hulle wen.

Nadat die Mej. Suid-Afrika Organisasie Maandag weer die inskrywings geopen het vir 2021 se Mej. Suid-Afrika, het hulle op hul webwerf laat hoor dat transgender-mense vir die eerste keer ook aan die kompetisie mag deelneem.

“Trans-vroue sal in aanmerking kom om in te skryf vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie, maar om internasionaal te mag deelneem, moet die deelnemers ʼn geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument hê wat hul aangepaste geslag as vroulik aandui,” lui hul webwerf.

Daar het nog nooit vantevore ʼn transgender-persoon aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie deelgeneem nie, hoewel die internasionale Mej. Heelal-kompetisie dit al in 2018 toegelaat het toe Mej. Spanje, Angela Ponce, die eerste transgender-deelnemer aan dié kompetisie geword het.

Mej. Suid-Afrika word beskryf as ʼn leierskapplatform vir ambisieuse jong vroue in Suid-Afrika deur middel van ʼn skoonheidskompetisie-proses.

“Hulle word gevorm as ambassadeurs van ons land, hulle word vegters vir vroueregte en stemme van leierskap, asook slim sakevroue wat jong Suid-Afrikaners inspireer om hul volle potensiaal te bereik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.