Mens kry ‘Steve Hofmeyr-, Orania- en ANC-Afrikaners’ sê Verwoerd

Terblanche Delport. Foto: De Wet Potgieter

Terblanche Delport. Foto: De Wet Potgieter

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se sentrum vir diversiteit-studies het uiteenlopende en ongewone sprekers gekies vir vandag se dinkskrum, “Herdink die Afrikaner-identiteite; ʼn interaktiewe dialoog”.

Prof. Melissa Steyn, wat die dinkskrum gereël het, het gesê die idee van die dialoog oor die Afrikaner is nie om enige standpunt in te neem nie, maar eerder ʼn gesprek oor Afrikanerskap aan die gang te sit.

Sy het Afrikaners in twee weersprekende maniere opgesom: die eerste is iemand wat weens uiterse vrees hulself isoleer en die tweede is iemand wat baie dapper is. “Die Afrikaner moet daardie dapperheid gebruik om hul vrese te besweer,” het sy gesê.

Aan die een kant het ʼn junior lektor van Unisa sye mening gegee oor waarom Afrikaans moet val en aan die ander kant het die Afrikaanssprekende EFF-lid oor die teorie van gay-wees onder Afrikaner-mans geargumenteer.

“Die idee van ʼn Afrikaner-identiteit kan nie in Suid-Afrika werk nie, want dit is nie deel van Afrika nie,” het Terblanche Delport, junior lektor van Unisa se departement filosofie, gesê. “Dit is polities en kultureel oneties en onaanvaarbaar.”

In sy betoog dat “Afrikaans moet val” reken hy vandag se eise is nog net so geldig as wat dit in 1976 tydens die Soweto-onluste was. “Veertig jaar later het die fokus van die vyand nog nie verander nie. Die stryd is nog dieselfde en AfriForum en die verregses verdedig steeds hul ideologie op die rugbyvelde.”

Prof. Leon Wessels, direkteur van die Menseregte-sentrum aan die Universiteit van die Vrystaat, het in sy openingstoespraak gesê die stryd vir die behoud van Afrikaans sal nie in die geregshowe gevoer kan word nie. Volgens hom kan dit net bly voortleef met die hulp van die openbare mening.

Hy het gesê mense luister mense nie na mekaar nie en die enigste manier om in die toekoms te lewe, is om die verlede te verstaan. Hy waarsku die geduld van mense op grondvlak wat sonder lopende water en behoorlike behuising is, raak op.

Wesels beskou homself as ʼn Euro-Afrikaan. Hy het bygevoeg die kwessies wat die Afrikaner nou moet hanteer, spruit voort vanuit ʼn baie kritieke situasie. “Ek wou nog altyd die teregstellings van Jopie Fourie en Solomon Mahlangu in dieselfde asem in konteks met mense bespreek, maar die geleentheid het hom nog nie voorgedoen nie.”

Die voormalige ambassadeur in Ierland en gewese vrou van een van dr. Hendrik Verwoerd se kleinseuns, Melanie Verwoerd, het gesê mens kry ‘Steve Hofmeyr-Afrikaners, Orania-Afrikaners en ANC-Afrikaners’. “Selfs in Orania is daar tweespalt tussen die verregses en die Volkstaters,” sê sy.

Prof. Christi van der Westhuizen van die Universiteit van Pretoria het tot die gevolgtrekking gekom die bron van alle kwaad en die saadjie van apartheid is in 1948 geplant toe die “leeu van die Noorde”, adv. JG Strijdom, die term eendersdenkendheid uitgedink het. Enige “andersdenkendes” is as verraaiers beskou.

“Die Afrikaners wat dapper genoeg was om destyds andersdenkend te wees, is die helde van vandag. Daardie volksverraaiers het vir ons die pad aangewys na sosiale geregtigheid,” het sy gesê. “Daar is nou weer ernstige druk op die Afrikaner om aan te pas.”

Jaco Oelofse, omstrede EFF-lid vanweë sy onlangse uitsprake oor Afrikaners en gays, het gekla die patriargale manlikheid in die Afrikaner-gemeenskap onderdruk die gay-gemeenskap binne dié gemeenskap. Oelofse, wat self gay is, het verder uitgewei oor die ‘omvang van wandade en eksperimente wat die vorige regering op gays uitgevoer het, wat tot die verminking van duisende mense gelei het’.

“Die Afrikaner se identiteit is totaal uitgedien,” het hy gesê. “Dit was die Afrikaner se manlikheid wat die Afrikaner-identiteit geskep het.”

Matriekleerlinge van die Afrikaanse Hoër Meisieskool en Hoërskool Garsfontein het ook aan die gesprek deelgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

77 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gesie

Klink nie werklik vir my na ‘n Afrikaner dinkskrum nie, maar eerder na ‘n klomp bollie kwytgeraak deur sogenaamde “Euro-Afrikaaners” – wat ook al dit is. Tog jammer dat hulle die hoërskool leerlinge aan dié bog blootgestel het. Partykeer is die sogenaamde “slimmes” heeltemal stomdom in hulle argumente en van ‘n totale ander planeet. As ek daar was het ek my waarskynlik ‘n papie gelag.

JC

Jy is wie jy IS en NIEMAND kan jou maak verander nie. Afrikanerkultuur is ‘n gesonde en gebalanseerde kultuur met wigte en teenwigte en baie moontlikhede vir uitdrukking van individuele opinie,s asook sosiale kohesie oor baie aspekte van die samelewing en individualiteit , alhoewel daar beslis spasie is vir verskille- dit is hoe SA moet wees- helaas nie- onverdraagsaamheid oorheers tans. Met respek- die persone wat so galbraak het of ‘n uiterste minderwaardigheidskompeks, of is ongelukkig met hulself en wil hul griewe uithaal op ‘n ge-identifiseerde onderwerp-naamlik die Afrikaner en sy Taal wat hy deel met ander Afrikaanses aan die… Lees meer »

Trots Afrikaans

Ek kan nie die huidige haat en woede binne my beskryf nie. Nie vir my vyand nie, maar vir my volkverraaiers. Alles wat julle het, al julle weelde kom van die Afrikaner af, duur gekoop met bloed en sweet deur my voorgeslag vir dit wat jy so maklik minag.

Mag die God en volk wat jy so maklik verag jou genadig wees. Dien julle wie julle wil, ek en my huis ons sal die Here dien.

My vyand sal ek met dapper eer begroet, maar vir jou verraaier, vir jou sal ek nie eens ‘n graf grawe nie.

jacobus

Hier is baie duidelik n groep met n agenda en n strategie om Afrikaners by te kom. Kort-kort word debatte gereel en n duidelike patroon begin wys. Wie sit agterdie agenda en wie finansier hulle? Ons moet begin huiswerk doen en hulle aan die kaak stel

Marius van Niekerk

Dis maar slegs ‘n paar opinies van individu. Elkeen is geregtig op sy eie opinie. Ek twyfel of die breë Afrikaner enigsins sal saamstem met al die bg. twak. Rustige nag ,ou grote.