Menslike oorskot in leeukamp op wildsplaas gevind

Argieffoto: Designerpoint, Pixabay

Die polisie in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat oorskot wat lyk na dié van ʼn menslike skelet op ʼn wildsplaas buite Port Alfred in dié provinsie aangetref is.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

Govender sê die polisie is Dinsdagaand omstreeks 19:00 na die toneel ontbied. Sy sê die polisie kon weens swak lig nie onmiddellik ʼn ondersoek op die toneel begin nie.

“Ondersoekbeamptes en spesialiste het vanoggend [4 Julie] die toneel gefynkam en daarin geslaag om die oorskot op te spoor. Die oorskot is vandag in besit geneem deur die departement van gesondheid wat nou verantwoordelik sal wees vir die forensiese toetse,” sê sy.

Govender het bevestig dat ondersoekbeamptes die oorskot binne ʼn leeukamp op die wildsplaas aangetref het. Volgens haar het die polisie ook beslag gelê op ʼn geweer en ʼn byl op die toneel.

“Die ondersoek duur voort en die polisie kan ongelukkig nie in hierdie stadium enige aannames maak oor hoe die oorskot op die toneel beland het nie,” sê sy.

Meer inligting is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

pieterdp ·

Mooi man. Gedink hy kan die leeus jag vir moetie. Toe raak hy leeu kos.

Anoniem ·

Ja-nee ‘n mens moet maar versigtig wees vir leeus, jy kan dalk net leeukos word.

Defence ·

Wel op ‘n stadium sal die leeus MOET terugveg. Soos met die renosters wat daagliks vermoor word so word leeus ook kort kort vermoor en hulle pote en koppe afgesny .ERENS sal hulle ook uit selfverdediging moet begin optree.

Cynthia TREDOUX ·

Wat wil die SAPD nou ONDERSOEK??????????????Hy het leeu kos geword…in sy poging om die leeu dood te maak…hoe anders dan nou met die BYL ens. waarmee hul die wrede moorde op die arme leeus uitvoer?

vonnie ·

revenge vir die leeus wat nou die dag vergiftig en geslag is! wat soek hy in die 1e plek binne ‘n leeu te plek?? jy soek mos vir violence daar!

Jann ·

Die leeus gaan skuldig bevind word en tronk toe gestuur word. Dan…

HPV ·

Geen borgtog vir die leeus nie, slegs boete, tronkstraf en onteiening sonder vergoeding van hul kamp.

CJ ·

Gelukkig is dit nie een van daardie pragtige wit leeus nie, anders was die dier dalk aangekla weens rassisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.