Middeljarige vas vir moord op eks

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Noordwes het ʼn man van Orkney aangekeer in verband met die moord op sy eksmeisie.

Die 55-jarige man het sy gewese maat glo Vrydag in die vroeë oggendure om die lewe gebring, waarna die polisie in sy woonplek op haar lewelose liggaam afgekom het, sê kol. Amanda Funani, Noordwes-polisiewoordvoerder.

Luidens berigte het ʼn vriendin van die oorledene haar Woensdag by die polisie as vermis aangemeld. “Sy het verklaar die slagoffer is die laaste keer in die verdagte se voertuig gesien,” sê Funani.

Vrydag het die polisie die verdagte genader. “Hy het hulle na sy huis gelei, waar die slagoffer in ʼn plas bloed met ʼn kopwond aangetref is. Sy is op die toneel dood verklaar.”

Die verdagte bly in polisieaanhouding tot hy na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof op ʼn aanklag van moord sal verskyn, sê Funani.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die moord veroordeel en sê dis “hartseer om te hoor mense wend hulle tot geweld om hul probleme op te los”.

Sy het die beamptes gelukgewens met die vinnige inhegtenisneming van die moordverdagte en waarsku oortreders die polisie sal alles in hul vermoë doen om wetsoortreders aan die kaak te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Verstaan nie mooi ·

MM, asb korregeer asb die berig. Die slagoffer het in ‘n plas bloed gelê, nie die verdagte nie.

Morné van Rooyen ·

Dagsê Verstaan nie mooi,
Dankie vir jou oplettendheid.
Groetnis,
Morné nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.