Mielieopbrengs effens afwaarts aangepas

(Foto: Graan SA/Facebook)

Suid-Afrika verwag nou ʼn kommersiële mielieoes van 15,514 miljoen ton vir 2020, ʼn effense afwaartse aanpassing van 0,48% sedert die vorige skatting van 15,589 miljoen ton, het die Oesskattingskomitee gesê.

Die komitee sê in sy vyfde verslag vir somergewasse vir 2020 wat Donderdag bekend gestel is, die geraamde mielieoes is steeds 38% groter as dié van verlede jaar.

Die land se drie grootste mielieproduserende gebiede – die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga – gaan na verwagting tot 84% van 2020 se oes lewer.

Die produksievooruitskatting vir witmielies is onveranderd op 9,075 miljoen ton, met ʼn verwagte opbrengs van 5,61 ton/ha. Die verwagte mielieopbrengs is 6,439 miljoen ton, 75 600 ton (1,16%) minder as die vorige vooruitskatting.

Die produksievooruitsig vir sonneblomsaad is steeds 765 960 ton, terwyl die vooruitskatting vir sojabone met 2,29% afwaarts aangepas is na 1,261 miljoen ton. Dit is 29 500 ton minder as die vorige vooruitskatting.

Suid-Afrika verwag nou ʼn opbrengs van 52 140 ton grondbone, ʼn afname van 10 330 ton (16,54%), terwyl die produksievooruitsig vir sorghum op 133 660 ton staan. Dit is ʼn daling van 1,49%, oftewel 2 025 ton minder as in die vorige vooruitskatting.

Vir droëbone staan die vooruitskatting op 68 860 ton, ʼn daling van 3,08%.

Die oppervlakte onder mielies in die nie-kommersiële bedryf is ʼn geraamde 297 460 hektaar, ʼn styging van 0,49% van die vorige seisoen se 296 000 ha. Die verwagte oes in dié sektor is 543 545 ton, ʼn daling van 1,03% sedert verlede seisoen.

Volgens die komitee word sowat 40% van nie-kommersiële mielies in die Oos-Kaap verbou, gevolg deur KwaZulu-Natal op 27%.

Paul Makube, ʼn senior landbou‑ekonoom by FNB, sê terwyl graanpryse aanvanklik kan styg in reaksie op die aangepaste skattings, is daar ook goeie nuus vir verbruikers. Voedselinflasie sal na verwagting in bedwang bly, veral wat brood en grane betref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sakkie ·

Baie dankie aan al ons fantastiese boere. Solank as wat ons blanke boere het sal ons altyd kos op ons tafels hé
Dankie manne !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.