Miljoene aan afgetrede onderwysers verskuldig

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, het in reaksie op ʼn parlementêre vraag van die DA onthul dat R8,8 miljoen verlofgratifikasie verskuldig is aan 108 afgetrede onderwysers. Van die eise strek terug tot aan die begin van 2021.

“Hierdie onderwysers het hul lewens toegewy om skoliere by te staan en nou word hul aftrede bedreig,” sê Edmund van Vuuren, die DA Se skadu-LUR vir onderwys. “In ʼn tyd wanneer hulle moet uitsien na ʼn vreugdevolle aftrede, moet hulle met die departement baklei vir fondse waarop hulle geregtig is.”

Die betrokke verlofgratifikasie is geld wat verskuldig is aan onderwysers wat voor 2003 aangestel is. Hulle was geregtig op opgehoopte verlof, naamlik 36 dae verlof oor ʼn periode van drie jaar en wie nie dié opgehoopte verlof geneem het nie.

Alhoewel daar in 2003 van opgehoopte verlof ontslae geraak is, en onderwysers daarna slegs geregtig was op siekverlof en normale skoolvakansiedae, was diegene wat verlof opgehoop het, geregtig op die uitbetaling van die verlof.

“LUR Gade het aangedui dat die 108 afgetrede onderwysers slegs betaal sal word sodra die Oos-Kaapse tesourie toestemming verleen het aan die departement van onderwys om die betalings te prosesseer. Die DA is met afgryse vervul oor die departement se optrede om bedryfskwessies te beskuldig vir hul eie onbekwaamheid en die roekelose versuim om dié betalings te prosesseer.”

Onder normale omstandighede sal onderwysers, wat van voornemens is om af te tree, die departement in kennis stel en die nodige dokumentasie minstens drie maande voor aftrede afhandel. “Hoe moeilik kan dit wees om die nodige magtiging te bekom en seker te maak die betaling word binne daardie drie maande afgehandel? Dit lyk of die departement platsak is en nou kom hulle met allerhande verskonings vorendag.”

Van Vuuren sê die departement probeer klaarblyklik tyd verkwis en beplan om die pensioenarisse eers in die volgende finansiële jaar te betaal. “Dit is absoluut verregaande. Die DA eis dat die departement redes gee waarom die betalings nie betyds geprosesseer is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Roek ·

Dagvaar hulle , daar is ‘n bepaling waaraan hul moet voldoen !!

Chris ·

Dit is maar net EEN !!! van heelwat ONBILLIKE ARBEIDS PRAKTYKE … Die SPOORWEG is nog een ….. ENS ! …… Dan ook n groot persentasie van Tshwane afgetredenis , (pensioenarisse ) en dalk werkers wat gaan aftree ! ?
Ons groep van oor n honderd + ? , pensioenarisse. is net eenvoudig in 2007 deur n “Meneer ” van die ANC …. meegedeel …. Jammer julle werknemers wat so en so tyd by die RAAD kom werk het , sal net nie meer n SIEKFONDS SUBSIDIE kry nie.. LEKER NÉ ! ?….. Ons het toe 2008 na hoeveel navrae , ons vakbond IMATU, die onbillike
besliut laat opneem met die RAAD … en na vele Vergaderings en SAMESPREKINGE… het IMATU REGSAKSIE GENEEM (begin !) .. In die geval ook het ons (IMATU. se prokureurs) , na n paar HOFSAKE .. hulle gewend TOT DIE KONSTITUSIONELE HOF … ennnn elke keer NB !, het die REGTERS dit bekryf as onbillik en dat die RAAD onmiddelik stappe moet neem om dit REG te STEL !!! (Die finale besliut was dan ook al in 2020 uitgevaardig (beslis !)… Ens !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.