Min ondersteuning om parlement te ontbind

Argieffoto

Opposisiepartye het Dinsdag ʼn mosie deur die Demokratiese Alliansie, om die parlement te ontbind en ʼn versoek vir ʼn vroeë verkiesing, verwerp.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het gesê “malligheid” het die regerende party beset onder beheer van pres. Jacob Zuma. “Die parlement moet op die voorpunt wees die mense van Suid-Afrika te beskerm, maar om elke hoek en draai word die president voor die mense gestel, die party voor beginsels gestel, en samespanning oor ons Grondwet.”

Steenhuisen voer aan die feit dat die mosie van wantroue in Zuma, wat op 8 Augustus gedebatteer is, misluk het selfs al het sommige ANC-lede hul by die opposisie geskaar, is ʼn bewys dat Zuma nie die probleem is nie, maar die regerende party.

“Die ANC het die geleentheid gehad om die regte ding te doen vir ons mense en ons Grondwet en die malligheid te stop, maar nou het julle self dit geword.”

ANC-LP Richard Mdakane het die mosie as “bisar” beskryf en gesê dis nóg ʼn poging deur die DA om “ondemokraties aan bewind te kom”. “Deur hierdie mosie te steun, is nie respekvol teenoor die massa wat vir die ANC gestem het nie,” het hy gesê, en bygevoeg die DA het “slegs 22% van die stemme in 2014 gewen”. “Die ANC het ʼn mandaat van 62% van Suid-Afrikaners om hierdie land te dien.”

Hy het daarop gewys dat DA-leier Mmusi Maimane, wat die mosie ingedien het, nie eers self teenwoordig was tydens die debat nie, en gesê dis ʼn teken dat daar binne die DA-koukus nie ooreenstemming is nie. “Julle probeer iets druk waarmee julle self nie eers saamstem nie. As ons met ʼn geheime stemming sou stem, sou 40% van julle daarteen gestem het.”

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), die Inkatha Vryheidsparty (IVP), die National Freedom Party, die United Democratic Movement (UDM), die Vryheidsfront Plus en die African Christian Democratic Party het die DA se mosie as “irrasioneel en opportunisties” beskryf en gesê alhoewel hulle saamstem dat die land onder Zuma se beheer gely het, is die ontbinding van die parlement nie die antwoord nie.

EFF-adjunk Floyd Shivambu het die DA gemaan om die regerende party toe te laat “om homself te vernietig”. “Hulle sal mekaar vernietig by die nasionale konferensie,” het hy gesê, met verwysing na die ANC se konferensie in Desember waar ʼn nuwe ANC-leierskap aangewys word.

Die leier van die VF Plus het gesê die land kan eenvoudig nie nou bekostig om ʼn vroeë verkiesing te hou nie, en met beperkte hulpbronne sal die Verkiesingskommissie nie kan verseker dat die verkiesing vry en regverdig is nie.

Slegs 83 LP’s het ten gunste van die mosie gestem, 229 het daarteen gestem en sewe het buite stemming gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Will i am ·

DA mors nou net tyd met strooi. Hul weet niemand gaan teen Zumpie draai nie

CasNC ·

Waarom luister die DA nie na raad nie. Hulle is besig om politieke-selfmoord te pleeg met hierdie kortsigtige besluit om ‘n tweede mosie in te dien. Die % wat hulle mosie verwerp het vertel ‘n verhaal en dit gaan hulle vorentoe duur te staan kom.

zoom zoom ·

DA weet nie wat hulle wil he nie. Besig om hulle self te ontbind. Hulle fokus net op een persoon en voel niks vir plaasmoorde wat nog van omgekeerde rassisme.

Toppie ·

Almal het die DA gewaarsku dat hulle, hulle naam krater gaan maak en besig is om geld te mors

Johan Strydom ·

Laat die ANC toe om hulself te vernietig, die DA skiet hom hulself in die voet.

Thomas ·

Die DA is ‘n patetiese organisasie en leef in ‘n selfgeskepte lalaland droom. Hulle sal nooit SA regeer nie en sal kwyn soos hulle geesgenote in Namibia die DTA gekwyn het.

Eish ·

Die DA het ontaard in n selfbehepte , arrogante politieke party wat nie eens oor basiese hoflikheid beskik om sy bedmaats te ken in sake nie. Hul gaan n helse verrassing kry met die volgende verkiesing. Baie van ons is klaar vervreem oor die Zille aangeleentheid. Dis nou n sprekende voorbeeld van politieke selfmoord.

Realis ·

Baie waar Eish, baie mense het gedink dat hulle belange (ook minderheidsgroepe se belange) nou uiteindelik aangespreek gaan word, maar helaas, hulle het minderhede nog verder verwyder met die Zille saga asook met hulle ander uitsprake en protesoptrede voor howe! Hulle het geweldig goed gedoen, maar hulle moet nie meer so seker wees van hulle ondersteuningsbasis nie.

Justice ·

Parlementere verkiesings gaan om getalle – indien die DA dit nie wiskundig kan benader nie gaan hulle bly om hul tyd te mors op onrealistiese ideale.

Realis ·

Ja hoor die DA was ‘n bietjie opportunisties. Hulle het hulle hand lelik oorspeel, en dit kan ook beteken dat hulle nou baie steun gaan verloor. Almal het geweet dit is voortydig maar niemand luister mos vir hulle ondersteuners nie, die leiers ploeter mos net voort. Wag tot Zuma se tyd uitgedien is, teen daardie tyd is die ANC heelwat swakker, dan het die ander partye nog ‘n kans.

jaco ·

gestel nou die DA het hulle verkiesing gekry en gestel die ANC het verloor: Die ANC sal dan eenvoudig met die weermag en polisie ingryp en aanhou regeer en met hulle kaders in die howe die verkiesingsuitslag ongeldig verklaar. Die DA verkeer onder die waanpersepsie dat die ANC ‘n verkiesingsnederlaag sal aanvaar. Dit gebeur NET in munisipale verkiesings; selfs in metrorade. Dis net ‘n skyn van hoe “demokraties” die ANC is. Kom dit by die parlement wat die land moet regeer, is dit heeltemal anders.

ZANU-PF het die MDC toegelaat om die stadsraad van Harare oor te neem (MDC het dadelik nuwe motors vir al hulle raadslede gekoop…). Maar toe die MDC ‘n algemene verkiesing in Zimbabwe wen, toe vat ZANU eenvoudig met die weermag en polisie oor. Dis die Afrika-patroon: die liberation movement wat van koloniale beheer ontslae geraak het, BLY die regerende party, kom wat wil.

BAREND ·

dit is vandag 51 jaar terug wat ons ons leier verloor het met n sluip moord .
DR Verwoed was die laaste leier ooit wat die land gelei het
1 min stilte vir die reus en n man van inbors

jaco ·

kwalik n reus van n man wat wit besighede VERBIED het om ook in swart tuislande te vestig.

Deon ·

And the Sirkus continues, waar nou gehasie. In die plek wat Suid Afrika heet. Waar nou gesien n verkiesing sal vry en regverdig wees, we print and and fill in our own ballats….onse weet waar die kruisie getrek moet word. Waar het enigeiemand enigsins verwag dat die 229 LP’s sal stem met integriteit oor reg en verkeerd. Ons is in diens, ons het perks, en kry lekker pay….nou hoe dan nou.

Johan ·

Ek het met Helen Zille se gedansery gesien waarna toe die DA beweeg. Daarom het ek onmiddelik my stem van hulle afweg gevat. Hulle gee regtig nie om vir die Afrikaner gemeenskap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.