Minder griep, verkoues weens Covid-19-maatreëls

(Argieffoto: Pixabay.com)

Nie net beperk die dra van maskers, die was van hande en die handhaaf van sosiale afstand die verspreiding van die koronavirus nie, maar dit het Suid-Afrikaners klaarblyklik ook van verkoue en griep tydens vanjaar se sogenaamde griepseisoen beskerm.

Só sê Nicole Jennings, woordvoerder van die farmaseutiese reus Pharma Dynamics.

“Griepgevalle styg gewoonlik rondom middel tot einde April tydens Suid-Afrika se griepseisoen, maar daar was tot dusver vanjaar min tekens daarvan. Die respiratoriese selnetwerk-virus (RSV) wat gewoonlik ligte verkoue-simptome veroorsaak, is ook vertraag.

Jennings waarsku egter nou dat Suid-Afrikaners nie maatreëls moet verslap namate die algehele landwye afsondering verslap nie.

“Dit is van kritieke belang dat ons griepgevalle laag hou om te voorkom dat die reeds belaaide gesondheidsorgstelsel te veel belas word, terwyl ons na aan die Covid-19-piek is.”

Sy sê Suid-Afrikaners sal mettertyd die kring van mense wat hulle sien, wil uitbrei. Ouers laat reeds hul kinders toe om saam met vriende op fietse te ry en eksperimenteer met pieknieks en staptogte terwyl hulle sosiale afstand handhaaf en maskers dra.

“Mense smag na ʼn mate van normaliteit, maar die werklikheid is dat hoe meer ons met mekaar meng, selfs met die dra van maskers en die handhaaf van sosiale afstand, dit ons risiko vir infeksie verhoog.”

Volgens Jennings was dit nooit só belangrik dat mense hulself gesond hou en maniere vind om hul immuunstelsels te bevorder soos nou te midde van die Covid-19-pandemie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Natuurlik sal daar minder griep en verkoues aan gemeld word! Mense gaan nie dokter toe nie en behandel hulle self anders beland hulle in afsondering en net korona gediagnoseer. Niks met maskers en al die ander twak te dien nie.

KB ·

Dis seker omdat alle verkoue/griepsiektes nou as Covid-19 gedefinieër word. Dis so goed ingenieurs wil ‘n brug ontwerp met die statistiek voorsien deur die voedselbedryf!

Corne123 ·

Regtig of is griep sommer ook nou covid? soos die vele gebal wat mens van hoor waar n persoon wat iets anders makeer het sommer aan covid gestef het

Atta ·

Sover werk dit vir my hierdie jaar. Nog geen verkoue of griep gehad tot dusver nie.

Persheks Adri ·

Ek sit dan met brongitis regtig waar… Klink ook nie reg nie, want als is Covid

Jan ·

Dis jammer dat Jennings nie daarop wys dat isolasie, angs, armoede alles meewerk om immuniteit af te takel nie. Alle maatreëls wat die regering afdwing om kamstig covid te bekamp werk teen immuniteit wat ons enigste werklike beskerming is. Vanjaar se griep is die bekende coronavariëteit, nie so gevaarlik soos die een wat in 2018 byna 37 000 mense laat sterf het nie maar gevaarlik genoeg om die land ekonomies en maatskaplik op sy knië te dwing. Dit is te belaglik om waar te wees en die ergste is ons val daarvoor.

Dirk Mostert ·

Volgens my huisdokter-boeke is die simptome vir griep identies met Covid19 en die griepvirus ook ‘n ronde dingetjie met uitsteekseltjies al rondom, vandaar die naam “coronavirus”. CO(rona)VI(rus)D(isease) gevolg deur die jaarmodel, wat ein tlik 20 moet wees. In Januarie gedurende die Chinese Nuwejaarvierings was daar nog grootskaalse beweging van mense in en tussen Chinese stede, salig onbewus van ‘n pandemie. Eienaardig dat die pandemie beperk was tot Wuhan. Vanaf Februarie is ons deur die media gevoer met statistieke danksy ‘n “ready made” toets gerieflik beskikbaar vanaf dag een. Ek het dus laasjaar Julie “Covid19” gehad, asook vorige jaarmodelle in die verlede. Niks om oor opgewonde te raak nie.

Josh ·

Wat wonderlik is is dat mense nie meer aan AIDS doodgaan nie, net aan Covid..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.