Minister beroof: ‘Hulle het wapen teen my kop gedruk’

Minister Sindiswe Chikunga (Foto: @Dotransport/X/Twitter)

Dit was ʼn traumatiese en skrikwekkende ervaring, maar die Here se genade was met hulle.

Só het Sindiswe Chikunga, minister van vervoer, gesê nadat sy en haar gevolg die slagoffers van ʼn gewapende rooftog op die N3 was. Sy het Dinsdag aanlyn voor die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer verskyn waar sy meer inligting oor die voorval bekend gemaak het.

Chikunga se ampsmotor het Maandag in die vroeë oggendure ysterpenne op die N3 tussen Vosloorus en Heidelberg getref toe sy, haar broer en twee polisielyfwagte op pad na Pretoria was.

Volgens Chikunga het hulle vir ʼn hele ent aanhou ry nadat die motor die ysterpenne getref het, maar moes tog stilhou om die bande om te ruil. Drie gewapende mans met klapmusse het op die lyfwagte toegesak.

Chikunga het op haar selfoon probeer bel om hulp te ontbied toe een van die rowers haar deur oopgepluk, ʼn vuurwapen teen haar kop gedruk en haar beveel het om uit die motor te klim. Die rowers het glo aan haar gesê hulle weet sy het geld en dat sy dit vir hulle moet gee. Sy het gesê dat sy nie kontant by haar hou nie en slegs R200 in haar handsak het.

Die rowers het die kontant, ʼn selfoon, ʼn skootrekenaar en die twee polisielede se dienspistole geroof. ʼn iPad wat in die motor was, is nie gesteel nie en dit is gebruik om hulp ná die voorval te ontbied. Volgens Chikunga het die rowers Zoeloe gepraat, was goedgeklee en het nie soos gewone misdadigers gelyk nie.

Die rowers wou glo ook die minister se trouring vat, maar sy het by hulle gepleit om dit nie te doen nie aangesien dit al is wat sy oorhet van haar oorlede man. Hulle het dit toe gelos.

“Ons leef. Die Here se genade was met ons,” het Chikunga aan die komitee gesê en bygevoeg dat sy tydens die voorval uit vrees gebid het.

Volgens Chikunga was dit vreemd dat die rowers aan haar gevra het wie haar “beskermers” is aangesien gewone lede van die publiek nie sal weet dat daar nie van lyfwagte nie maar “beskermers” gepraat word.

Brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het die voorval as “ongehoord” beskryf en gesê ʼn soektog is na die verdagtes van stapel gestuur.

“BBP-beskerming is een van die sleutelprioriteitsterreine vir die SAPD en is oor die jare met uitnemendheid aangepak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Perdeby ·

Siestog dis verskriklik voel ons publiek moet voel. Julle wonderlike onbevoegde bestuurders en lywagte wat julle het.

George ·

Nou kan die minister en al die ander ministers voel hoe voel dit vir die algemene publiek om elke dag so te lewe en te vrees vir jou lewe in n wettelose land

Jacobus ·

Welkom in die land waarin janalleman en die SA burgers moet lewe sonder beskermers wat jy en jou land geskep het.

Estelle ·

Kla by vriend Cele – SA is mos n droomparadys wat kriminele aanbetref.

Di ·

Dis dalk ‘n “eye opener” vir die ANC Kaders om te sien waardeur ONS elke dag moet gaan. Ons het ongelukkig nie almal “beskermers” nie alhoewel ONS vir HULLE lyfwagte moet betaal.

Alex ·

Daarmee stem ek saam. Ek het al gehoor by mense wat te doen het met hoë lui dat hulle in n wereld van hulle eie leef en ons klagtes nie verstaan nie. Hulle dink ons kla maar net oor alles. Lekker om bo te sit en nie af te kyk wat aangaan op die grond nie

Truman Burbank ·

As daar genade was, het niemand so iets oorgekom. Maar so nou en dan is daar regverdigheid. Dan tref dit n minister

ronel ·

Nou wonder ek, haar beskermers is dan daar om haar te besekerm, en kos die belasting betaler geld, waarom huil sy nou omdat sy soos ‘n gewone burger beroof en aangerand word, Mev, wat jou toegeval het is onnodig en onaangenaam maar deel van ons realiteit in die land. Dis ‘n stukkende wereld as jy dankbaar is jy het met jou lewe daarvan af gekom en nie vra waarom ons maar aanvaar dis hoe dit is.

Pieter ·

Jy vra hoe lyk n gewone misdadiger – die parlement is vol van hulle

Amelia ·

Snaaks dat die polisiewoordvoerder die voorval as ongehoord beskryf het. Wat is ongehoord daaraan? Ons hoor dan juis gedurig van hierdie tipe voorvalle.

hpven ·

Amelia, net soos Ramaphosa weet hy nie wat daagliks in die land gebeur en om hom aangaan nie. Onbevoeg en oningelig!

Leona ·

Ja vrou ek het simpatie met jou, dit is Trauma. Aan die anderkant, hopelik besef die kamma BBP persone nou wat die publiek heeldag moet deurgaan. En NEE dit beteken nie die staat mag meer veiligheids maatskappye of lede aanstel nie. Dan verwag ons as public dieselfde beskerming.

bfree ·

Nou gaan daar seker meer polisie aan hulle gegee word en die gewone landsburgers het NOG minder polisieering! is dit nie WONDERLIK nie…

koos10 ·

Geagte mini ster. Jy was gelukkig. Laas week is ‘n toeris in die gesig geskiet in Kaapstad. ‘n Vrou is in Kameeldrif wes op haar plot aangeval. Dis jou ANC se goeie storie om te vertel. Gaan die SAPS se BBP se begroting nou verder verhoog word?

Frikkels ·

Nou wonder mens hoe doeltreffend die “bbp beskermings eenheid” werklik is as hulle veronderstel is om te beskerm maar dan self beroof word. Duidelik ontbreek OPLEIDING en seëvier kaderontplooiingweereens. Een van die dae word privaat sekerheids maatskappye aangestel om die beskermingseenheid te beskerm! Hoe lagwekkend!

Kokerboom ·

BBP op ons koste en dan is hul nog nutteloos ook. Kla hul aan vir nalatigheid op wapens.
Dis goed dat elite ook deurloop. Hul voel vere vir man in straat

Eugene ·

Nou weet sy hoe voel die res van ons. En haar beskermers was toe ook nie veel werd nie

Wakkerslaper ·

Wat maak jou broer in ‘n ampsmotor?

Nou weet jy wat ons gewone burgers van hierdie land, wat belasting en jou salaris betaal, ervaar wanneer ons deur misdaad en geweld geraak word.

Jy was dalk gelukkig, die sneller as nie getrek nie, maar dit was ongelukkig nie die geval vir duisende blanke boere wat wreedaardig op hulle plase en voor hulle families vermoor is nie – gaan vertel dit bietjie vir jou president!

Racheltjie Debeer ·

Ek stem. Ek voel niks jammer vir haar nie, want dis haar regering wat gesorg het dat die land ten gronde gaan. Ons gewone mense staar elke dag gevaar in die gesig terwyl hulle met polisiebegeleiding & oogklappe deur die lewe gaan.

honeybee ·

Lekker man lekker, nou kan jy voel hoe ons voel. En ons het nie eers wagte nie, nie dat hulle enige iets beteken nie.

Jedi Knight ·

Dis nou jammer…… dat hulle haar nie “jy weet wat” het nie.

Ranie ·

Ag shame, Dis nou sleg, areme jy………. Dis darem baie sleg dat so iets met jou gebeur. Welcome to the real South Africa mam.

ES ·

Verstaan nie hoe het jy 2 gewapende polisielyfwagte wat nie kon optree nie. 2 “ervare” polisielyfwagte moet moes enige rower in ‘n skietgeveg kan ore aansit.

Maar nou ja, lyk dis nie net ons gewone plebs wat onder misdadigers deurloop nie. Miskien moet jy vir kader Cele gaan kuier en bietjie vir hom vra hoekom hy nie sy werk doen nie.

Hussin ·

Ongehoord, dit is nie eers ongehoord dat die Polisie jou aanval, beroof en voortdurend dreig nie. My hart bloei vir jou… pfffttt.

hpven ·

“Lyfwagte” moes berading ondergaan…
Net nog kaders waarvoor ons moet betaal!

Olive ·

Ek is regtig nie gepla dat jou “beskermers” jou nie kon oppas nie. Maar snaaks dat hulle nie jou bankaart en pin vereis het nie. En dat hulle toegelaat het dat jy jou ring hou en dat jy nie aangerand is nie. Dit was nie genade nie mevrou. Of dat jy nie ontvoer is vir ‘n losprys nie. Daar is ‘n ander faktor ter sprake en ons almal weet mos wat dit is.

Windhond ·

Geen simpatie met julle klomp kader adders nie, kry vir julle – ek hoop daai onbevoegde wagte word aangekla vir die vuurwapens wat hulle verloor het

Fibreglass ·

En nou gaan al die ministers meer “beskermers” kry op ons koste.

George ·

Dan vra die afrikaner simpatie wereld wyd, maar kyk hoe reageer julle as iemand beroof word.

Delia ·

Ek het ook so gedink. En party mense wens bitter slegte goed moes met haar gebeur het. Sjoe!

Martin ·

Die PSD span wat verantwoordelik was vir hulle kliënt se veiligheid en sekuriteit is aanspreeklik omdat hulle top prioriteit is om om te verseker dat hulle kliënt veilig is. Ek sou dadelik ontslae raak van daardie PSD span en hulle Sekuriteit Bestuurder goed invaar, wat gebeur het is onaanvaarbaar. Die PSD span was by magte om wettiglik op te tree en dodelike geweld teen die aanvallers te gebruik op grond van die gevaar waarin daardie kliënt en hulself verkeer het.

Casper ·

Twee polisiebeamptes was in die voertuig.Hulle was by magte om die minister met geweld te beskerm maar hulle dienspistole word gebuit.Hulle vra wie haar “beskermers “is.Dit laat mens wonder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.