Minister moet ingryp by Jhb-kragkrisis, sê DA

(Argieffoto: Severin D./Unsplash)

Die Demokratiese Alliansie doen ʼn beroep op die nasionale regering om die stand van die elektrisiteitsituasie in Stad Johannesburg te ondersoek, aangesien beurtkrag deur Eskom ernstige skade berokken aan die stad se elektrisiteitsnetwerk.

Cilliers Brink, die DA se skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake, sê alhoewel geen kragnetwerk gebou is om heeltemal die impak van beurtkrag te weerstaan nie, het die brose stand van Johannesburg se netwerk spesiale aandag nodig.

“Johannesburg is nog steeds die ekonomiese hartklop van die land en langdurige kragonderbrekings en die moontlike ineenstorting van die stad se elektrisiteitsnetwerk hou ʼn risiko in vir die hele land.”

Brink sê duisende huishoudings in Johannesburg het die afgelope twee weke kragonderbrekings beleef – bo en behalwe Eskom se beurtkragskedule. “Die probleem is tweeledig. Johannesburg se netwerk is broos en word nie behoorlik in stand gehou nie. Die slytasie weens beurtkrag lei tot sterk stygings, kortsluitings en kabelfoute. Tweedens, sodra Eskom se beurtkrag in werking tree, slaan kabeldiewe toe. Die gevolglike herstelwerk wat gedoen moet word, lei ook daartoe dat begrotings uitgeput word.”

Alhoewel personeel van City Power onverpoosd aan die kragonderbrekings werk, is dit nie duidelik of die burgemeester van Johannesburg die situasie goed kan bestuur nie, het hy bygevoeg.

“Die burgemeester of betrokke burgemeesterskomiteelid het nog nie enige duidelike plan van aksie aan wyksraadslede in Johannesburg gekommunikeer nie. En tog is dit dié raadslede wat te doen kry met geïrriteerde en desperate inwoners.”

Die DA het Vrydag die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, skriftelik versoek om seker te maak dat alle belanghebbendes, insluitend die munisipaliteit, Eskom en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die situasie dophou en bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kokerboom ·

Die ANC pandemie het en rig nogsteeds skade aan die land en ekonomie van onberekenbare omvang!!
Ten spyte hiervan klou die boewe soos nete en toon GEEN berou en het geen gewete!Wat het ons gedoen om die vloek te verdien?????

Persheks Adri ·

Vra ek ook elke dag Kokerboom! Dit gaan erger raak vir ons hel

Lourens CFG ·

Ek wonder ook al lankal oor jou laaste stelling, wat hierdie regering nou aan sy land se inwoners doen, was glad nie deur die vorige (NP) regering gedoen nie.
Die land was vooruitstrewend, nou gaan alles (mense én ekonomie) net agteruit.
So ja, wát het ons gedoen????

Persheks Adri ·

Gaan ry gerus deur Johannesburg en gaan kyk hoeveel onwettige verbindings daar is dit lyk soos spaghetti stringe. Raak ontslae van die townships se onwettige verbindings en ons sal baie krag hê. Reg agter Westgate ook jy’s te bang om daar te ry. Oor die pad en bo oor jou voertuig…

Jan ·

Princess Crossing agter Princess winkelsentrum Roodepoort.Sjoe dis erg.Geen wonder Jhb kan ook nie vooruit kom met sy finansies nie

Persheks Adri ·

Het jy dit gesien Johannes? Ek dink Eskom moet sommer daar begin dan sal ons baie krag hê en natuurlik Soweto eish!

Anton ·

Hoekom vra hulle die onbeholpe wat dit veroorsaak het om dit op te los?

Anel ·

Ek is seker daar sal meer rekasie kom van die wild in die wildtuin. Hierdie kopdoek het nie meer ‘n idee wst om haar aangaan nie. So om aan haar ‘n brief te skryf is mors van papier en ink.

Jan ·

Ag DA blaf nogsteeds soos ‘n hakskeen byter.Die minister ANC kan nie eers hulleself help nie.

Sambok ·

Duidelik dink die DA dat Suid Afrika net uit Johannesburg bestaan,in die Vuildriehoek was daar dele wat 6 ure krag in n week gehad het,Redan wat bejaardes huisves en wat heeltemal op pre paid werk is al amper n week af-julle is besig om die stemme wat julle wil werf te versmoor sonder krag

annie ·

Nie nou vir die minister pla nie. Sy werk aan haar volgende reeks tv-optredes oor inperkings van drank- en sigaretverkope en… miskien ook sjokolade… ja, sjokolade want ek sien net geveel van dit in inkopiemandjies en die kinders in Midde-Afrika kry so swaar… en… wat kan ek nog verbied? Net eers my eie voorrade aanvul en vir pappie-Z waarsku…

Alet ·

Nie net JHB nie. Ons sit al van Saterdagnag af omdat ‘n transformer die gees gegee het. Een het reeds Vrydag opgepak maar toe sit ons hande gevou want die ander een kon die vrag trek. Saterdagnag toe besluit die ander aikona ek gaan ook nou die gees gee. Eskom se media statement sê net dit gaan geruime tyd duur om te herstel. Gaan Eskom my twee kisvrieskaste wat vol is en twee yskaste wat vol is se inhoud betaal?

Di ·

ONWETTIGE KONNEKSIES is die oorsaak van al hierdie probleme met krag! Kry die weermag in om Eskom te vergesel en verwyder alle onwettige verbindings. Regering moet ook groter strawwe in plek stel om hierdie mense te beboet. Eskom se personeel kan dit nie alleen doen nie, die skuldiges val hulle summier aan waanneer hulle durf waag daar ingaan om dit te doen.

Piet parys ·

Sal graag wil weet of daar beurtkrag is by die myne wat deur Magnate besit word met kader en families in die regering

Nico ·

Nou moet die minister se hulp in geroep word, kyk, na die uitstaande skuld van Soweto alleen asook na die onwettige krag verbindings, Eskom het ook ‘n groot aandeel aan die hele gemors, Eskom het nooit boek gehou van die aanwas van die populasie toe die eerste staats president gesê het gratis elektrisiteit , hulle het nooit na die krag opwekkers en die toe rusting onderhou nie. Kyk hoeveel elektrisiteit word gratis aan die buurlande gegee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.