Minister se slegte nuus oor Eskom

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer die begrotingsrede in die parlement. (Skermskoot: eNCA)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het aangekondig dat die staat in die huidige finansiële jaar nog ʼn reusebedrag aan Eskom gaan gee.

Volgens Mboweni sal ʼn verdere R26 miljard bykomend tot die ekstra R69 miljard oor drie jaar (en dus bykomend tot die ekstra R23 miljard vanjaar) van die belastingbetaler verhaal word om Eskom aan die gang te hou.

Benewens daardie ekstra R69 miljard oor drie jaar gaan daar ook ʼn bykomende R33 miljard benodig word in die volgende geldjaar (2020-’21) wat van die belastingbetaler en deur bykomende staatslenings gefinansier sal moet word.

Dit was vanoggend die slegte nuus wat Mboweni vir die lede van die Nasionale Vergadering gehad het. En wat opposisiepartye, by name die DA, EFF, VF Plus en ACDP, woedend gehad het, is dat die korrekte stappe nie gedoen en die voorgeskrewe wetsproses nie gevolg is nie, dermate dat die DA die proses in hersiening voor die hof gaan neem.

Dit is nie duidelik of so ʼn regsproses gaan beteken dat die jongste R26 miljard nie aan Eskom uitbetaal kan word terwyl die saak hersien word nie – dis nuwe vaarwater vir Suid-Afrika.

In sy kort en keiharde toespraak het Mboweni gesê Eskom is die grootste risiko vir Suid-Afrika se fiskale raamwerk, en dat die hele stelsel inmekaar sal stort as Eskom sink.

Hy het die versekering gegee dat die regering aan ʼn plan werk om Eskom te red, en dat ʼn hoof van herstrukturering vandag nog by Eskom aangestel sal word.

Hy het die skuld op staatskaping gepak vir die situasie, hoewel die res van die ANC-sprekers apartheid vir die gemors geblameer het. Nie dat veral die DA, EFF, VF Plus en ACDP hulle daarmee laat wegkom het nie.

Mboweni het gesê daar is ʼn afname in beleggersvertroue in Eskom, en Eskom is nie tans finansieel volhoubaar sonder staatshulp nie.

“Sonder staatshulp sal Eskom inmekaarstort,” het Mboweni erken.

Verdere slegte nuus is dat die staat se belastinginkomste aansienlik laer sal wees as waarvoor begroot is. Dit gaan volgens die minister beteken dat die regering nog geld sal moet leen en sy beleid oor die uitreik van staatseffekte hersien.

“Die land is in ʼn baie slegte finansiële posisie,” het Mboweni erken. Hy het gesê daar is geen ander manier om vooruit te gaan as dat Eskom weer lewensvatbaar gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

ne ·

Word daar OOIT gekyk na die salarisse/bonusse wat uitbetaal word. Die belastingbetalers is voos betaal aan onbevoegde ANC mense. Stel die grootkoppe se salarisse vas op ‘n sekere bedrag en daar mag nie bonusse uitbetaal word terwyl hulle so vrou van die skuld is nie.

LR ·

ne, jy is reg. Ek hoop nie hulle oorweeg hoegenaamd salaris verhogings vir n organiesasie waarvan die gemiddelde salaris R800000.00 pj is nie. Dan het ESKOM nog boonop omtrent 40% te veel mense indiens.

Marcus ·

Eskom is net een Staatsinstelling (SOE) wat geld kom vra. Wag tot SAUK, DENEL, SAL, Prasa, Transnet ens. (Daar is n 131 van hulle) ook by die Minister kom geld vra. Die ANC spandeer 40%+van die land se algehele begroting aan salarise. Verkoop die SOEs soos die IRR sê. Neem die beleide op wat gesonde finansiële bestuur vereis. As die ou regering maar net geluister het na die IRR, en as die nuwe regering net vandag wil luister na die IRR. Ons enigste opsie is om burgerlike instellings soos die IRR te ondersteun met hulle veldtogte om die regering te kry om die beleide aan te neem.

Bert ·

Ek dink hulle werk klaar die nuutste staakplan uit, daar kom mos nou weer baie geld beskikbaar.

Nico Uys ·

Daar te mense wat werk wat nie bevoeg vir die werk nie, dan is ook die regstellende aksie. Hoekom word apartheid die skuld gegee die ANC self is verantwoordelik vir die gemors waarin die land is, stel mense aan wat weet wat aangaan. Dit is nie net die blankes wat die kan doen daar is ander ook, stel mense aan wat bevoeg is. Die regering moenie nou staan en huil omdat bevoegde mense die land verlaat, die ANC regering is nie bevoeg om die land te regeer nie, daar is ook te veel korrupsie in die land alles het goed verloop.

Jimmy ·

Teemakers by Eskom verdien R30 000 per maand, wat byvoordele uitsluit.

Pieta ·

En die wit persone wat voorheen vir Eskom gewerk het en wou help met die herstel van Eskom is te wit en is voor gesê dankie maar nee dankie ons het julle wittes nie nodig nie. So dankie dan het hulle my belasting ook nie nodig nie dankie!!!

toy ·

Wonder maar net wie se skuld is dit dat die land in ‘n slegte finansiele posisie is.

Willie ·

Toy jy het nie nodig om te wonder nie ons weet mos! Voor 1994 was al die semi-staatsinstellings finansiël baie gesond en effektief totdat BEE en kaderontplooiing plaasgevind het en natuurlik staatskaping!

marous ·

Plak Jan Rabie se “Drie Kaalkoppe Eet Tesame ” op elke staats instelling se deure en ets dit in die parlement se buite mure .

Wrongturn ·

Terwyl oorsee se lande besig is om steenkool te uit fasseer. Is suid afrika se indoenas besig om nuwe steenkool Krag stasies te beplan, bou, en lug meer te besoedel maak dit sin of is iemand besig met sy kloutjies in die koekie blik. Daar n son wat meer Krag Kan gee verniet binne n uur as wat ons nodig het in n jaar. As ons die son Kan ontgin Sal dit soveel beter wees vir die wereld as steenkool. Net n koste effektiewe manier ontdek om son energie te Kan onttrek. Die begin is reeds gemaak net die Wil om dit op grootskaal tedoen en te verbeter moet nog gebeur.

Theresa ·

Wonder hoeveel van daardie miljarde gaan weer net “verdwyn” of soos hulle dit altyd stel “te min” gaan wees………………………..

Andre Coetzee ·

Kan die mense net vir ‘n slag stilstaan en bietjie dink wat hulle doen ? Eskom moes lankal al geprivatiseer gewees het.Enige sent wat hulle nou ontvang gaan net verdwyn in iemand se gatsak in.Daar is nie meer te redde nie.Red ons van so ‘n nasie van onkundiges en onwilliges.

Jimmy ·

Eskom kan nie meer gered word nie. Punt. Ons is lankal by daardie punt verby. Eskom kan nie geprivatiseer word nie, want niemand sal belê in die ou donkie wat uitmekaar val nie. Om ons telkens te herhinner aan die ekonomie wat inmekaar gaan stort as Eskom faal is waar, maar grens aan hoogverraad. Die sektor moet geprivatiseer word. Laat IPPs toe om vry mee te ding, sonder Eskom en die staat se alewige inmenging. Laat die privaatsektor toe om alternatiewe kragverspreidingsnetwerke te bou. Met al die geld wat bestee is aan Medupi en Kusile was ons nou al stewig op pad na op pad 100% hernubare krag. Maar nee, ons karring aan met vuil steenkool. Sink gaan Eskom sink.

Jerry ·

Die grootste risiko vir SA is nie die SOE’s self nie, dit is en bly die groot getalle onregmatige en botallige ANC kaderaanstellings by die SOE’s. Dit is hulle salarisse wat die geld aanhou opslurp sonder dat hulle enigsins n noemenswaardige bydrae maak tot die dienslewering van lewensvatbare energie! SA is gedoem omrede opposisiepartye toelaat dat ANC kaders wat onregmatig aangestel is, aangestel bly. Hierdie ANC kaders en die werkersunies is besig om SA gyselaar te hou en gaan SA kort voor lank heeltemal leeg melk. SA betaal nou vir salarisse waarvoor daar later doodeenvoudig geen dienslewering sal wees nie. Staatskaping het nog nooit gestop nie, nie vir solank as wat hierdie kaders onregmatig salarisse ontvang nie. SA is dus reeds omskep in n sosialistiese welsynstaat!

bekommerd ·

Ag nee asb dit kan nie so aangaan nie……..êrens val die gelde in n put wat ons geen beheer oor het nie. Ek dink dit val in n oorsee’se put!!! So sal dit aangaan totdat daar niks oor is nie…….ek weet regtig nie.

Hettie ·

Die land se finansies is benard maar daar word duur motors gekoop , skaats skouspel gehou wat miljoene kos en elke munisipaliteit soveel.moontlik mors op kos en verversings vir lui amptenare ! Dit is die hele regering wat in benard is !

fred ·

in Midrand tussen 9:00 en 9:30 h tientalle groot Mercedes,BMW,Audi,Porsche,Jaguars,ens…almal karre van 1 miljoen of meer…..waar werk hulle en wanneer begin hulle te werk?

Elna ·

Dis kommerwekkend om te sien teen watter spoed hierdie land sink. Dis lankal te laat vir omdraai. Dit word net erger. Stop om jou krag te betaal dan word dit net dood eenvoudig af gesny en dan moet mens ten DUURSTE betaal om dit aan te sit en die agterstallige rekening te vereffen. Sou jy dit reg kry om nie belasting te betaal nie dan word jy op geskroef deur SARS met n boete? Hoe gaan ons wen?

Arak ·

Verset het gewerk vir etol. As genoeg net weier om belasting te betaal is die regering bitter gou in sy kannon.

Kolle ·

Ons gaan gelooi word met elektrisiteit verhogings soos nog nooit tevore nie.

Jaco ·

maar Eskom behoort dan aan die staat. so waarom gee die staat dan geld vir die staat? iets maak nie sin nie
wat ook nie sin maak nie, is dat die ANC beheerde Eskom soms dorpe wat ook onder ANC beheer is, se krag afsny. dis mos onnodig. skryf eenvoudig die skuld af. dis een dag se adminstrasie. dis dan “inhuis” – ANC en ANC.

Wessel ·

ESKOM het te veel werlnemers, daarom wou hulle 20 000 poste minder maak, net na die verkiesing. Die regering het blykbaar, by monde van Ace, ‘n stokkie daarvoor gesteek. So veroorsaak die ANC regering, dat dit onmoontlik is om ESKOM te red.

thinus erasmus ·

Maak Eskom se boeke openbaar – nie gekookte en valse finansiële state nie, hul ware onkomste/uitgawes in detail. Iemand is besig om te skep en een blikbrein is besig om “uitgawe” syfers soos quick pick loto nommers uit te gooi.
Die miljarde word eersdaags nog triljoene – en eleventy hundred and 9 thousand.

GM ·

Snaaks hoe bonusse ‘n ‘given’ geraak het by sekere plekke. Jy word betaal om jou werk te doen, ‘n bonus word ‘n bonus genoem vir ‘n rede. Mense sal eerder sien dat ‘n maatskappy sluit as om nie hul bonusse te kry nie.
By kleiner maatskappye/privaatmaatskappye moet mens maar tevrede wees met geen verhogings en geen bonusse vir jare nie, of jy moet maar ander werk soek – wat skaars is vir veral sekere groepe. Daar is nie belastinggeldjies wat van iewers gou uitgedok kan word om die werkers tevrede te stel nie.
En ek verstaan dat dit nie regverdig is dat die werkers benadeel word vir topbestuur se dom besluite nie, maar kyk hoe het unies al verskeie besighede ten gronde laat gaan oor presies dieselfde ‘demands’.

Harde werk word nie meer beloon nie, dis wie en wat jy ken wat tel.

Karlahari ·

Ek hou van die idee.
Ons belasting geld betaal vir Eksdom.
Opposisie partye moet volle toegang tot hul state eis.

Saint ·

Het iemand al n detail verduideliking gegee waarheen/waarvoor al die biljoene Rande uitbetaal word.
Of is iemand dalk doelbewus stiksienig

Gert van Wierdapark ·

Die manne met die planne vir Eskom – hoekom nie ook sommer die Tandmuis nadertrek vir die laaste bietjie geld in SA om in die donker bodemlose put af te gooi nie!!!

George in Bloem. ·

Hierdie land is reeds in sy dinges in. Dis nou net ‘n kwessie van tyd voor alles inmekaar tuimel. Dinge gaan al hoe vinniger agteruit. Dis tog duidelik ook dat hierdie tipe groot geld nie aanhoudend na hierdie staatsinstellings gekanaliseer kan word om die onbevoegdheid “weg te dokter” nie? Die ANC weet goed wat gedoen moet word maar sal dit nooit doen nie so dinge sal maar net doodeenvoudig verder agteruit ploeter.

George in Bloem ·

Nog ‘n kleinhuisie vol van die vuisvoos belastingbetaler se swaarverdiende geld word gestort in die bodemlose put van hierdie bankrot,onbevoegde,rassistiese en korrupte ANC beheerde instansie. Patetiese belaglike spul narre. Wonder of hulle ooit besef dit waarmee hulle besig is is nie onbeperk volhoubaar nie?

Daan ·

Natuurlik sal die ANC apartheid blameer. Dit is soos n “get out of jail free” kaart. Hulle trek miljoene deur hul agter ente op funksies en drank wat die belasting betaler voor moet opdok. Kyk bietjie mooi, daar is nie genoeg geld nie maar daar is genoeg geld vir partytjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.