Minister tik Mandela op vingers

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge. (Foto: @DIRCO_ZA/Twitter)

Die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, sê sy het Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke beveel om nié te vergeet dat sy ʼn verteenwoordiger van Suid-Afrika en pres. Cyril Ramaphosa is nie en dat sy haar te alle tye só moet gedra.

Ambassadeur Zindzi Mandela het haar die gramskap van talle mense op die hals gehaal ná ʼn reeks omstrede twiets verlede naweek.

Mandela het haar onder meer uitgelaat oor grondhervorming en na wit mense verwys as lafaards en “stelende verkragter-afstammelinge” van Jan van Riebeeck.

Die EFF het sy steun aan Mandela se uitlatings toegesê, terwyl die burgerregte-organisasie AfriForum Pandor gevra het om Mandela terug te roep en af te dank.

Pandor het aan Talk Radio 702 gesê sy het met Mandela gepraat en die ambassadeur het bevestig dat dit wél haar twiets was. Mandela het gesê sy is weke lank uitgelok, terwyl onsmaaklike opmerkings boonop oor haar ouers, Winnie Mandela-Madikizela en oudpres. Nelson Mandela, gemaak is.

“Ek het vir haar gesê sy is ʼn diplomaat en ek verwag diplomatiese optrede van haar,” het Pandor gesê. “Sy moet aan die sosialemediabeleid vir staatsamptenare voldoen.”

“Ons het ooreengekom dat sy haarself moet beteuel en fokus op regeringsbeleid omdat sy, as ons verteenwoordiger, Suid-Afrika se beleidsdoelwitte moet bevorder,” het Pandor gesê.

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

Die minister het oor Mandela se opmerkings oor grond gesê dit is inderdaad so dat die regering verbind is tot die regstel van ongelykhede wat toegang tot grond betref.

“As jy egter as ʼn ambassadeur persoonlik begin raak en na individue verwys op ʼn manier wat persoonlik opgeneem kan word, dan steek jy ʼn lyn oor.

“Ek het dus vir haar gesê sy moet verseker dat sy ʼn verteenwoordiger van die president en van Suid-Afrika in Denemarke is en dat sy só moet optree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

123 Kommentare

Kaaiman ·

Nee Christopher, dit is mos nie goed genoeg nie! Sy het haar sin gekry en baie skade is aangerig.

Andreas ·

minder as niks, dis soos in die skole om volpunte te kry as jy onderdeur die voet-hoog dwarslat spring, of ‘n meter voor die plaashek in die grond vasduik.

Cherokee ·

Beter as niks maar nie veel beter nie.
Feite is, haar ouers was terroriste. Haar pa het 27 jaar in ‘n tronk spandeer omdat hy geweier het om die anc se gewapende vleuel (umkhonto we sizwe) aan te sê om op te hou om onskuldige mense in winkels en spoorwegstasies te vermoor met bomme. OOr haar ma sal Stompie Seipei meer kan vertel.

Andreas ·

Meer geloofwaardig sou wees: “Mandela tik die minister op die vingers”.

Iens ·

Ag asseblief! Oor die vingers getik…wat n massiewe grap! Maaaaar… Steve moet nou aangekla word en vervolg word! Ek haat hierdie flippen korrupte land en al die haat vir ons as wit mense . Goeie genade, het ons nie ook die reg om te lewe nie???

Coenraad Pretorius ·

Ek kan julle verseker as dit n blanke diplomaat was of selfs n individue, sou hy/sy summer afgedank gewees het en n swaar boete en tronkstraf gekry het.
Julius Malema is besig om almal te teister,
Mag ons ook nou kwestende en dreigende boodskappe stuur?
Ek twyfel…..

ANC ·

Maroela Media, die dinge wat. Cherokee kwyt raak is vir my ook haatspraak. Verwyder dit asb. Wyle Mandela verdien dit nie. Val sy dogter aan maar los hom uit.

Andreas ·

ANC, waar val jy uit die bus uit? Uitlos? Cherokee het nie aan Wyle Mandela geraak nie.

Cherokee ·

Daar is steeds onkundiges wat nie die geskiedenis ken nie. Wat nie weet dat Mandela selfs uit die tronk die anc die gewapende vleuel beheer het. Dat hy vroeër vrygelaat sou wees as hy opdrag gegee het dat bomaanvalle gestaak word. Hy het verkies dat dit voortgaan.
As jy niks van die geskiedenis weet nie, moet nie so opsigtelik dit wys nie.

Koos ·

ANC: klink my die waarheid is effe ongemaklik vir jou? Cherokee is feitelik 100% korrek. Mandela is opgesluit weens terrorisme en NIE weens politiek nie. Die regter het selfs in sy uitspraak gesê dat, indien hy van hoogverraad aangekla was – wat moontlik was i.t.v. die dade en planne vir geweldpleging en pogings om ‘n regering met geweld omver te werp – kon hy die doodstraf opgelê geword het.
En verder: Mandela kon al in 1985 deur PW Botha vrygelaat wees, maar hy het geweier om geweld as middel om sy doel te bereik, te staak of te veroordeel.
Now put that in your pipe and smoke it. Jou held is toe nie so engelrein as wat jy gedink het nie, né?

Andreas ·

Hierdie saak en die hantering daavan gee mens net meer insig in die houdings, waardes en ingesteldheid van mense. Laat ons daaruit leer om ons eie kant skoon te hou, laat dit ons leer om ons goeie waardes nog meer uit te leef sodat dit op ons ander invloed kan hê.

Hans, ·

Laat die flippen ANC haar oor dieselfde kam skeer as Steve. Sy IS n rassis.

ANC ·

@Koos Hoekom het jou regering dan nie die doodstraf, soos die ou regtertjie genoem het, opgelê nie? Kom ek antwoord jou, OMDAT HY EN DIE REGERING BANG WAS! Bang vir 40 Miljoen se wrath! Apartheid is nie weg omdat die regering so besluit het nie, dis weg omdat ons dit weg gevat het. Dit sal nooit weer bestaan. Ons sal regeer tot die Almighty kom!

Thinus ·

Ag regtig, net oor die vingers tik, maar die verkramptes wil Steve strafregtelik aankla. Weereens dubbele standaarde omdat sy swart en ‘n ANC lid is.

Lee ·

Sorry maar Steve se woordkeuses was stupid! Hy kon sekerlik sy boodskap beter probeer oordra het? Hy verlaag sy standaade tot haar vlak. Pleks hy maar eerder hou by liedtjies skryf. Dit klink beter

kandas ·

Hoe menslik. Daarmee is die storm nou stilgemaak, en almal moet maar vergeet van die
aaklige aantuigings wat gemaak is! Uggghhhh!!!

karen ·

Die vrou is ‘n erge minderwaardige rassis. Sy het in haar eie swaard geval Met haar aanvalle. lastige tong dai …

Braam Maree ·

Ek neem aan sy is op so n manier op die vingers getik dat haar naellak nie eers gekrap is nie.

Jaap ·

Ag shame,moet nie weer nie hoor.

Pasop,shame.

Geweet niks sal gebeur nie.

Sterkte SA.

JohanL ·

Vra ek ook. Ten minste WEET ons Steve is deur Mandela uitgelok. Dit is die feite. Maar natuurlik mag hy nie reageer nie, want hy is wit.

Peer ·

Ag asseblief asof enige iets met n Mandela kan gebeur. Hoekom is die rassis nog op haar pos oorsee? Stuur haar Cape Flats toe dat sy daar werk.

Sarie ·

Ek kom nou net van Dischem af waar die kassier gevra of ek bereid is om ‘n bydrae sal maak vir dametjies wat “doekies” nodig het. Ek het aan haar verduidelik dat my geld koloniale geld is en daarom sal ek geen bydrae maak nie. Ek het haar aangeraai om Zindzi Mandela te nader. Ek stel glad nie belang in zindzi, haar mammie en allermins haar pappie.

Iens ·

Mooi so Sarie. My wit geld is in die vervolg my geld. Hoe kan hulle geld uit n wit hand wil ontvang…. ons is dan so sleg. Maar interessant, ek het al by winkels gesien, mense vra geld. Maar die zindzi’s sê blatant en ongeskik nee, en dan…. wie haal n geldjie uit of gee n brood, die wit mense!!!

Martiens ·

Wel, wel… en toe doen die minister heelwat meer as wat ek gedink het! Ek het regtig gedink sy gaan niks doen nie en daar gaan doen sy net bietjie meer as niks!

Daan ·

So daar word strafregtilike klagtes teen Steve ingesit deer die ANC maar zindzi word net herhinner dat sy haarself moet gedra? Die waarheid is dat ons land se konstetusie net opsekere ras groepe van toepassing is

Bart ·

En dis al. Stoute stouter.
Luister na groot mamma. Mamma se nie jy is verkeerd nie, Mamma se net, moenie moeilikheid maak oorsee nie hoor.
Ons sal hulle hier uitsorteer.
Wees jy net soet daar anderkant.

Hansie Slim ·

Ag siestog…oor die vingers getik!! En daarmee is alles weer reg!!?? Kon sy nie minder gedoen het nie!!! Natuurlik sal Malema dit goed praat… voëls van die selfde vere!!

Ryno ·

So dan is steve ook uitgelok en moet ook net mee gepraat word ne…

Johan ·

Hierdie teregwysing sê nie veel nie…..
Sy bly ‘n blatante rassistiese trawant!!

Swartwolf ·

Vingers tik werk nie bakhand teen die oor gee gewoonlik die gewensde uitwerking.

JohanL ·

Dankie vir die “tugtiging” Min Pandor, maar ek sou dink sy moet teruggeroep word (nie dat ek verwag het die ANC sal dit doen nie). So die “ligte raps” op die vingers is darem iets. Maar vergelyk in elk geval die ANC se reaksie op Steve se “twiet” teenoor Min Pandor se reaksie op Mandela se “twiet” – maar dan is ook dit nie ‘n verrassing nie.

Haar verskoning dat sy uitgelok is, is “waarskynlik snert” maar al is dit so, as ambassadeur hoort sy of verantwoordelik soos een op te tree of sy moet die pad vat.

Linda ·

Ek voel dat Zindze Mandela onmiddelik terug geroep word na Suid-Afrika toe en van haar pos onthef word. n Waarskuwing van Minister Pandor is nie goed genoeg nie ! Dit sal weer gebeur net groter implikasies.

Rina ·

Steve word aangekla en die persoon wat die woorde gestook het word gepaai. Onaanvaarbaar

Hettie ·

So die regering stem saam met wat sy gesê het ?
Maar ons as wit mense sal nie waag om dit te sê nie ,jy sal onmiddelik hof toe gesleep word !

Hans ·

Berispe!! ‘N klug. Me Pandor ek is terleurgestel in u,meer van u verwag.

Joe Olivier ·

Pandor, ek is nie teleurgestel. Dit is presies wat ek gedink het jy gaan doen. Ek is egter nie tevrede nie want ek hou nie daarvan as iemand my valslik van diefstal en verkragting beskuldig nie. Gelukkig sal ek oor dit kom want ek het nie n minderwaardigheidskompleks nie. Maar aan die anderkant moet jy my ook nie te hard druk nie.

ANC ·

Los ons idol terroris se dog ter uit, julle weet nie wat sy deurmaak nie, waars julle maniere?

Wa ·

Dis hoogtyd dat die gewone man of vrou wat so beledig word ‘n saak teen haar persoonlik aanhangig maak!!! Op hierdie stadium word daar gekyk na “ander mense” om mense soos Zindzi, Van Damme, Malema, Andile en Maasdorp vas te vat.

Pikkewyne ·

Sy is uitgelok deur haar eie schizophrenia en minderwaarsigheids kompleks…

Gesiggie ·

Well done Mev Naledi… vertel en leer haar van hoe dit werk as sy n verteenwoordiger van hierdie land wil wees? het sy dan nie Pa Mandela geleer…. uitlatings mag gemaak word teenoor ons as wit mense, maar laat ons dit waag.”’ Gelukkig het ons iemand soos Steve Hofmeyer wat n ware Suid-Afrikaner is… en sal staan agter sy mense, Go Steve”

Willehond ·

Wat n grap!!!! Ek lag my lam vir die klomp! Hoop nie iemand het gedink daar sal iets van kom nie. Daar het nie en daar gaan ook nooit nie.

Sharon Bronkhorst ·

Kom ons kyk nou of Steve ook net ‘oor die vingers getik’ gaan word. Hy en al die ander ‘wittes’ word ook ‘uitgelok’. Nou wat nou!?

Andreas ·

Net om so perspektief aan die kommentare hier te gee, sou ek graag Steve se reaksie wou sien.

Wie weet ·

Dis taboo Sy kry n tik op haar vingers en Steve word Krimeneel aangekla Hoe de hel werk dit

Hennie ·

Hoekom gebruik mense of ministers veral in elk geval sosiale media? Dit is ‘n klomp snert. Daarby is dit goed om aan te leer hoe om ‘n dik vel te hé.

Arie ·

En dis nou al!! Het geweet daar sal niks van kom nie want sy is nie blank nie

SA bywoner. ·

Zindzi se kleur is reg, haar van is reg, haar moedertaal is reg, sy kan dus nie verkeerd wees nie.
Steve se kleur is verkeerd, sy van is verkeerd, sy moedertaal is verkeerd, hy kan dus nie reg wees nie.

Clipper ·

En so kan enigeen van hulle se wat hulle wil en die rasverhoudings skaad net soos hulle wil en hulle kom totaal skotvry weg daarmee. Nie eens n verskoning aan die mense wat sy beledig het nie. En laat n blanke net skeef kyk dan is dit boetes en tronkstraf. Wat sy gese het was kwetsend en behoort behoorlik gestraf te word

Janine ·

Nou wil ek sien hoe word Steve se twiet hanteer…..

Sy was g’n uitgelok nie…snert! Sy het vrylik gesê wat sy wou en as gevolg daarvan het die dinge begin.

Ons moet haar bejammer oor ouers wat in die tronk was…wel, tenminste kon sy hul weer sien. Die mense wat gesterf het deur bomme wat haar ouers geplant het, sal nooit hul families kan sien nie.

Ons het aanbeweeg…miskien moet sy ook maar.

Grap ·

Hulle is almal klomp clowns,hulle maak hulle die naam ummmm julle weet wat.

fred ·

“uitgelok”?????ons wittes word elke dag uitgelok deur rassistiese dreigemente (EFF/BLF), BEE en grondvat.
So as kan ook maar begin twiet????

Martin ·

Afriforum en VF+ gaan le n klag van haatspraak teen haar en almal wat op sosiale media hulle ondersteuning aan haar toe gese het en sien toe dat hulle tronk toe gaan. Genoeg is genoeg.

chrisjan ·

AfriForum,as lid van jul organisasie dring ek en my vrou daarop aan dat julle die saak met Denemarke se regering op neem om haar uit die land te laat sit.

fred ·

het n week terug as n EU burger n brief na die deense ambassade gestuur……nog niks van hulle gehoor…..

Elize ·

Fred en jy gaan ook nie iets van hulle hoor nie. Denemarke is nie baie lief vir die wittes van SA nie. Hul simpatie en empatie lê by n ander bevolkings groep.

Sons ·

Wat n groot grap!!! Sy word oor die vingers getik soos n klein dogtertjie. Die regering is 1 helse groot sirkus!!!!

Gert van Wierdapark ·

Mini-ster Pandor moes vuurhoutjies onder die poppies se vinger-naeltjies ingewig het, en dit dan met ‘n stompie aan die brand gesteek het. Dan sou die dip-lo-maat ‘ n ander deuntjie gesing het! My voorstel is in elk geval om haar ma Nkandla te herontplooi as brand-weer-hoof!!! He-he-he!

Cora Simpson ·

Liewe genade!! Slaan my oupa met ‘n pan oor die kop en se: Ag ek is jammer. As sy getik kan word kan Steve ook net getik word!

Risa ·

More doen ‘n ander minster dit, want die voorbeeld is gestel. Daar kom dadels van….maar nou ja!!! KLeur speel ‘n moeviese rol in die kamstig demokratiese SA

Cherokee ·

Steve, sorry daarvoor maar jy gaan ook oor die vingers getik word deur pandor. (askies vir die klein letters maar dit is hoe pandor verdien om gespel te word.)

Johann Holtzausen ·

Ag foeitog! Stoute meisiekind! Moet dit nie weer doen nie, hoor! Wat ‘n gap! Wat’ n treffende voorbeeld van dubbel standaard!

Christo ·

Dis pateties, so dis oor en verby, en as sy wit was was sy op die plek gefire. En hul wil Steve aankla.
Om van naar te word. Dit raak al hoe meer duidelik dat wit mense nie ‘n bestaansreg in die land het nie. En wat doen die media, vir hul is dit nou oor en verby. Nee wat ek sê weer as ek dit enigsins kon bekostig het, het ek my familie gevat en padgegee uit hierdie land. Dit word net erger.

Michael P ·

Christo jy is reg al reg wat wit mense het is om belasting te betaal.Dit is al wat ons goed genoeg is voor.

Johann Holtzhausen ·

Ons is duidelik 2de rangse burgers wie sebelastinggeld goed genoeg is!

Philip ·

Het geweet daar sal niks van kom nie. Ons moet onthou sy is nie wit nie. Wat is die verskil wat die EFF, BLF en andere kwyt raak teenoor Steve se uilating? Ons wittes weet wst die verskil is. Vra maar net

Dis Nou ·

Nou is als oor en verby vir haar. ‘Storm bars los om Steve Hofmeyer. In hierdie geval beter die ANC maar alle klagtes teen Steve laat vaar, dan vergeet ons almal saam van die insident

Andreas ·

Man … dis lekker in die army …
van hier tot in die fontein …
ek hou van die reënboognasie …
holladrieoo … holladrieoo …
aanstap rooies, die pad is lank en swaar,
holladrieoo … holladrieoo ….

Mieliestronk ·

Dames ek here lyk my julle kyk nie baie mooi in die lewe nie Die min Pandor slaap haar lewe om. Eers kon sy haar nie aan die hande kry nie nou tik sy haar op die vingers sy moet haar vingers af sny nie tik nie dan kan sy nie weer met n foon werk nie. Maar ek dink Mnr Kriel hulle moet al twee aan kla miskien sal min Pandor in die hof waker skrik

Ek sê maar net ·

Sy is nie die naam Abassadeur werd nie.
Maar net nog ñ totaal Onbevoegde , Arrogante persoon wat deur ANC regering aangestel is.

Thinus ·

Gaan sy net oor die vingers getik word nadat sy nie opgespoor kon word nie en glo met vakansie was in Europa. Lekker man…in plaas om die land te bemark en ambassedeur te wees hou die een vakansie en raak snert kwyt. Watse kwalifikasies het sy…het definitief nie geskiedenis op skool gehad nie en weet maar bitter min van verskillende bevolkingsgroepe se sosiale geskiedenis.

Tino ·

So gaan die minister vir Steve H, Adam C en Vicky Momberg ook ‘n luitjie gee en vertel dat hulle, hulle moet gedra en nie nonsense aanjaag nie?

Se jammer en word vergewe maar Zindzi die ongelowige hoef nie eers jammer te se nie.

Ek hoop Den Haag tel dit op

Piet parys ·

Dis goed dat sy oor die vingers getik word maar my aanbeveling maak gebruik van n 12 pond hamer.

Onnodig ·

Die mans in SA moet Zindzi in haar persoonlike hoedanigheid dagvaar oor die verkragtingsuitlatings. Sy se mos dit was haar persoonlike opinie.

Alida ·

Haar hart en siel is nie in haar werk nie. Sy saai meer haat as iets anders. Roep haar terug en jaag haar weg.

Ekke ·

Wat ‘n siek grap! En dit terwyl sy tussen witmense bly en leef en veronderstel is om haar te gedra!!!! Wine en Dine lekker tussen die wittes ne!

Danie ·

Is dit maar al Min Pandor?Tik haar oor die vingers!!!!
Dis pateties Minister. Dink u werklik die “stout” kind gaan na u luister? Droom verder
Toon weereens die senior ANC kaders is hondbang om hul ondergeskiktes aan te tree.
Geen konsekwensie in hul optredes en beleid!!!

George ·

En hoeveel wat haar storie gelees het sal weet sy is oor die vingers getik?

jjobson ·

Wa? Jy maak jou laat- daai legends sal voort bestaan. Wat ook Steve betref sal hy maar net i vrot pampoen bly.

???? leser ·

pandor , jy moet net in ag neem , jys nie meer minister in onderwys nie, jy kan nie meer “kinders” op die vingers tik nie , jy kon gerus meer gedoen het , maar ………………………

adk ·

Wat ek bitter graag wil sien is dat Denemarkte haar in die bk ruk.

Johan ·

Dis alles n ook skerm…..ek wens ons kon in luister in daai gespeek met hulle.twee……dotvwas haalspraak….en as.sy net oorvinners getik gaan wors.moet sy in die publiek onverskoning vra……maar dit sal.ook nie gebeur nie wantbsy is mos n mandela

Alida ·

Sjoe mede lesers en kommentators. Ek besef julle is kwaad maar asseblief gee tog aandag aan julle spelling. Ons afrikaners word reeds so verneder deur al hierdie goed pas tog ons taal op en probeer reg spel. ‘n Klein skoolwoordeboekie is nie so duur nie.

Cathy Botha ·

Ek dink sy moet onmidellik afgedank word sy is ‘n verteenwoordige van SA en dit is onaanvaarbaar so ek dink sy meot afgedank word sy is nie net ‘n persoon van SA nie ek kry skaam as Suid Afrikaner dat hierdie tipe goed oor die wereld versprei word mense het nie meer respek vir mekaar nie

Manor Farm ·

Twee feite staan soos ‘n paal bo water:
1. Rassisme en haatspraak word nie konsekwent gestraf nie. Blankes word vervolg tot op die letter. Swartes word verskoon in die lig van die diskriminasie van Apartheid as deel van hul geskiedenis. 2. Wanneer blankes hulle uitspreek teen rassisme of diskriminasie word hulle uitgekryt as rassiste wat hunker na die tyd van Apartheid.
Hierdie is die realiteit vandag in SA.
Jy het twee keuses – jy bly hier as tweedeklas burger en maak die grensverskuiwing in jou kop nou, sodat jy daarmee kan saamleef dat jy geen regte of beskerming het nie, of soek jou heil elders.
Hierdie sal nooit verander nie, miskien oor 50 jaar wanneer almal ellendig verarm en alles verval het sal ‘n wit gesig wat kan ophou weer welkom wees, nou helaas, is alles wat wit is sleg en alles wat swart is reg.
Ons leef Animal Farm…two legs bad, four legs good….en niks gaan dit verander nie.

Andreas ·

Nie probleem nie, ek stap nou net nog meer regop van trots oor my eie mense. Ek verstaan nou nog meer waar ons waardes vandaan kom, ons ingesteldheid.

Anoniem ·

Nee nie goed genoeg nie tik haar op die vingers laat sy dieselfde strawwe kry wat blankes kry. Shame en more doen sy dit net weer want sy kom lig daarvan af. Skokkend, swak.

Dirk ·

Dink net hoe gaan Zindzi haarself verlekker as die hof vir Steve tronkstraf ople. Sy en die ANC/eff womens league sal nog vir hom gaan kuier ook om hom verder te verneder! Ai tog ou Steve, wat het jou besiel om met die regses deurmekaar te raak! Eers was jy ja en nou is jy so ver verby nee, dat daar geen meer salf te smeer is nie! Jy gaan soos daardie AWB leier wat van die perd af geval het opeindig!

humor ·

Die bietjie persoonlike aandag wat die minister aan haar gegee het laat haar net goed voel. Eintlik is sy dan nie op die vingers getik nie maar op die skouer.

Joe Olivier ·

Netso Humor. Die ANC stem saam met wat sy gesê het. Sy moet dit net meer diplomaties sê.

Siener van Melbourne ·

Tannie Naledi moes haar eintlik so hard oor die vingers getik het dat sy nie weer iets op haar Twitter rekening kan tik nie. Pandora box…

Gert ·

Kla by mense regte kommiesie aan. Oor vingers tik wat n grap

ne ·

Ek dink Stompie moet ‘n slaggie by haar gaan spook. Dan sal sy goed vir Winnie kan onthou.

Penellope Jones ·

Maar nie ‘n woord gerep oor WAT gese was nie, net dat sy nie ‘reg’ opgetree het nie.

Ja nee ·

Sy is n rasis, Maar trek heerlik belastingbetaler Se geld. Bly heerlik in een Van die wit ste veilig ste lande om ring deur wit tegnologie. Die selfde met Malema grootste rasis Maar wit Mense Se tegnologie is reg Vir hom en Sy vrou wat net wit ter word. Hulle Sal aanhou en aanhou sluit die Mense toe soos sparrow. Maak ni Saak wit of swartrasisme skeer Almal met selfde kam.

Dirk ·

At my ou mater jy is so reg. Die lam gewriggies sal jy met jou eie oe aanskou wanneer die SAPD die boeie om ou ja en nee broer se gewriggies sit en dan gaan hy homself ook redelik passief agter tralies moet gedra wat maklik kan lei tot passiewe fatalisme sindroom. Indien hy verstandig opgetree het sou hy net n klag gaan le het, maar nee, hy laat homself lei deur n klomp onverstandige slimjanne!

My mening ·

Sjoe, dis darem lekker om swart te wees! Jy kan doen en sê net wat jy wil en word hoogstens “oor die vingers getik”- selfs al maak jy rassistiese en haatdraende aanmerkings of pleeg moord. Maar as jy wit is en jy doen so iets, word jy aangekla en gaan tronk toe. As dit nou nie rassisme, haat en wraak is nie, weet ek nie wat is nie.

jaco ·

julle wat so kla oor die straf te lig is: kan julle dink wat sou gebeur as sy nou afgedank is? GROOTSKAALSE aanvalle op wit mense in SA bloot omdat ons wit is. word wakker mense. wees bly ons kan darem nog so min of meer oorleef. dis darem nog nie soos angola en mosambiek in 1975 nie. Ons is ook darem nog nie so sleg af soos Europa se Jode tydens die tweede wereldoorlog nie.
Ek keur nie die vrou se uitsprake goed nie. ek keur ook nie haar ligte straf goed nie. MAAR ons is 8% van die bevolking, so dis BAIE maklik vir ons regering om BAIE ERGER goed teen ons te doen.
Vreet die nonsens op, hou jou mond, pas jouself op en oorleef so.

Hein ·

Haatspraak is haatspraak… blykbaar slegs as jy nie aan die regerende party of sy trawante behoort nie!

Thinus Erasmus ·

Die verskuilde voordeel in hierdie laakbare voorval is dat die internationale gemeenskap kan kennis neem hoe swart afrikane (nie almal net die meerderheid) voel oor wit mense. Natuurlik sal daar baie idiote wees wat hul gaan verlekker daarin, soos die Dene wat seker nogsteeds dolverlief is op die die ANC terroristiese en vandaliestiese “bevrydings” stryd. Maar daar sal wel ń paar eerbare leiers wees wat hul wenkbroue sal lig en ń tweede keer na SA se “status” in die wêreldorde kyk. In elk geval kan hul solank begin dink aan wat gaan hulle doen as die Afrika emigrante begin om hulle “demands” te stel en dit op die Afrika manier te verkry – hul verdiende loon!

Sarie ·

Ek kom nou net van Dischem af waar die kassier gevra of ek bereid is om ‘n bydrae sal maak vir dametjies wat “doekies” nodig het. Ek het aan haar verduidelik dat my geld koloniale geld is en daarom sal ek geen bydrae maak nie. Ek het haar aangeraai om Zindzi Mandela te nader. Ek stel glad nie belang in zindzi, haar mammie en allermins haar pappie.

Jacques die Goodwoodianer ·

Kan ons net gou vir ñ oomblik rustig raak? Asseblief? Ek haal slegs ñ kort gedeelte van Psalm 34 aan.

“Die kwaad wat die goddelose doen,
bewerk sy eie ondergang:
vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.
Die Here maak sy dienaars vry.
Wie by Hom skuil, sal nie as skuldige behandel word nie.”

Christa ·

Dis hoekom hulle sê wat hulle Wil want hulle word net oor vingers getik. Dis die Witman wat tronk toe Gaan

Anita ·

Dit is nie goed nie, as dit ‘n blanke ambassadeur was die net die woord K… gebruik het was hy terug in die land in boeie. Omdat sy die dogter van wyle Pres. Mandela is kan sy wegkom daar mee….waar is ons protes aksie voerders? sy moet terug keer na huis en voetstoot ontslaan word, iemand moet asb. protesaksie begin dat almal teken en dit moet oorhandig word aan die President. JVR. was hollander en die VOC het hier ‘n pos begin waarom word Holland nie beskuldig vir die stuur van JVR. Genoeg is genoeg

A Mac ·

Klink of die minister ook maar skrikkerig is om daadwerklik iets te doen, dalk omdat die skuldige ‘n “Mandela” is? Die wereld moet nou net kennis neem dat daar twee stel reëls geld vir Suid-Afrikaners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.