Minister verwelkom vlugte wat na SA hervat

Argieffoto (Foto: bernswaelz, Pixabay)

Suid-Afrika verwelkom die geleidelike terugkeer van vlugte uit belangrike bronmarkte. Dit is ná ʼn reisverbod teen Suid-Afrika en ander Afrikalande ingestel is ná Suid-Afrikaanse wetenskaplikes die Omikron-variant geïdentifiseer het.

“Die Verenigde Koninkryk se haastige aankondiging om Suid-Afrika weer op sy rooilys te plaas; Frankryk wat Suid-Afrika ook op sy rooilys geplaas het; en gevolglike oorhaastige reaksie van ander regerings het verwoesting gesaai op bestaande en toekomstige besigheid net voor spitstyd vir internasionale toerisme,” sê Lindiwe Sisulu, die minister van toerisme.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ʼn beroep op lande gedoen om eenheid te wys in dié krisistyd en gewaarsku dat ʼn reisverbod verdelend kan wees. “ʼn Reisverbod wat Afrika teiken val wêreldwye solidariteit aan,” het dr. Matshidiso Moeti, streeksdirekteur vir die WGO in Afrika, gesê. “Ons sal die oorhand oor die virus kry as ons saam werk en oplossings soek.”

Die Duitse regering het vroeër vandeesweek aangekondig dat Lufthansa steeds na Suid-Afrika sal vlieg en Duitsers mag Suid-Afrika besoek. “Daar is talle ander lugdienste wat ook hul reisbeperkings versag het en Suid-Afrika verwelkom dié markte in ons somerseisoen,” voeg Sisulu by.

Qatar Airways en Air France het ook aangekondig dat hulle vlugte na en van Suid-Afrika hervat.

“Suid-Afrika is deurlopend in gesprekke met lande wat nog nie hul reisverbod opgehef het nie. Ons sal steeds lande versoek om ag te slaan op raad van die WGO en die reisverbod op te hef en grense oop te maak vir Suid-Afrikaners.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

richard ·

Snaaks n jaar terug toe dit hier plaaslik “lock down” gebeur het in Desember was daar nie n probleem
Hoe kom het ons nie die selfde reaksie toe gehoor nie
vra maar net

Alfred E Neuman ·

Want die anc het nou agtergekom die wêreld steur hulle eintlik glad nie aan die kaders nie.

Hendrik ·

Hulle gaan nou wag tot hier genoeg toeriste is van die buiteland en dan n plaaslike lockdown instel en verhoed dat mense tussen provinsies reis.

Antonk ·

Ja en volgende jaar na die fakansie siesoen dan stel hulle dit weer in,want nou kan hulle mos geld maak oor desember.

Henning ·

Jaco lees die berig weer. Dit gaan oor vlugte nie enigiets anders nie

Samuel ·

Daar gaan baie min toeriste hierheen kom. Volgens berigte in media is die Duitsers se vereistes vir mense wat hierheen wil kom en terugkeer, uiters streng.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.