Ministershuis bly ook in slag in Kaapse brande

‘n Lugfoto van die brand wat sedert Sondag in Kaapstad woed. (Foto verskaf deur JP Smith)

Terwyl talle eiendomme, verskeie van hulle van geskiedkundige waarde, verwoes is in die brand wat in Kaapstad woed, het ʼn ministershuis ook tot op die grond afgebrand.

Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, sê die huis in Nuweland is Sondagmiddag heeltemal verwoes. Dit behoort aan die departement.

Niemand was tydens die brand tuis nie, het De Lille gesê.

Maandag is die gesinne van drie lede van die uitvoerende gesag – nes talle ander inwoners van die stad – gevra om hul huise op die Walmer-landgoed te verlaat weens die bedreiging wat die brand in die omgewing van Philip Kgosana-rylaan ingehou het.

Die huise word bewoon deur onderskeidelik ʼn minister en twee adjunkministers.

Almal het reeds alternatiewe blyplek gevind.

Op die Groote Schuur-landgoed het die brand tot byna by die huis van nog ʼn lid van die uitvoerende gesag versprei. Die brand is egter in bedwang gebring voor enige skade aan die eiendom aangerig is, het De Lille gesê.

Volgens die minister is sommige van die gebiede wat geraak word weens die digte rook en brandbestrydingswerk nie maklik om te bereik nie, maar die departement hou die situasie met die hulp van die polisie dop om enige skade aan ministeriële huise te bepaal.

Die minister sê mense het sedert Sondagoggend in afgryse na die uitwerking van die verwoestende brande op Tafelberg gekyk en sy het die nooddiensspanne wat sedertdien onophoudelik gewerk het om dit in bedwang te bring, vir hul diens bedank.

De Lille het ook die enorme skade aan verskeie ander geboue, waaronder die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad met sy historiese inhoud, betreur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Magda G ·

Die belastingbetaler gaan verseker gemelk word om weer by te dra vir die ministershuis en inhoud

Frikkels ·

Die ANC moet maar net soos in die goeie verre verlede, net verantwoordelikheid aanvaar vir die brand stigring. Hierdie is niks anders as nog ñ terreur aanval op die Afrikanervolk nie!

Johan ·

Is daar nog Afrikaans by die UK, ek glo nie. Dan is daar waarskynlik ook nie eintlik n standaard nie. Geskiedkundig is dit sleg om geboue te verloor, maar die UK het ons lankal verloor.

Grassie ·

Frederick – ek glo nie dit is ‘n aanval op die Afrikanervolk nie. Ek glo nie daar is baie Afrikaner-studente nie en hulle is al vir baie lank nie die vriende van die Afrikaner nie. As die brandstigters die Afrikaners wou benadeel sou hulle ‘n ander plek gekies het. Dit is maar net deel van ‘n vernietigingsdrang wat by sekere volke in ons land aanwesig is.

Hennie ·

So daai klomp swartgallige politikuste het “alternatiewe behuising” gevind…. Seker die 5-ster hotel by die Waterfront! Siestog, dat hulle nou soveel ongerief moet verduur!

Jaco ·

Die verwoesde biblioteek is seker nie ‘n verlies nie. Dis mos vol rassistiese koloniale goed.

JM ·

Hierdie brandstigters (van hulle is al in hegtenis geneem) behoort lewenslank gevangenisstraf te kry. Die vernietigingsdrang by sommige mense in hierdie land is siek en walglik.

Hennie ·

Cape Grace Hotel, hier kom ons….. Die belastingbetalers dok weer op…

Pampoen ·

So n ruk terug het hulle n standbeeld van Rhodes afgebreek op hulle kampus. Nou het daat n brand by die Rhodes monument ontstaan en n deel van die universiteit in puin gelê. Lyk my oubaas Rhodes het wraak geneem.

Danie ·

Die Antichris het baie name hier volg so paar en dan sal julle sien wat en deur wie al hierdie dinge gebeur. Die Antichris 1Joh.2:18,22
Die klein horing Dan. 7:8
Die gruwel van die verwoesting Dan. 9:27;Matt.24:15
Die mens van sonde 2Thess 2:3
Die seun van die verderf 2 Thess 2:3
Die ongeregtige 2 Thess 2:8
Die ruiter op die wit perd Openb. 2:6
Die dier Openb. 13:2-7;14;19:20;21:10
Die koning van die Noorde Dan. 11:40
Die ander een wat in sy eie Naam kom Joh. 5:43
Lees dit mense en jy sal sien wie is die verwoester wat als breek, brand, moor verkrag. Dit is al sy name.

JohanR ·

Lyk my ‘n ou het deur al die kommentare gegan en net ‘n -1 gesit. Ek is bly ANC’s lees ook Maroela!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.