Moeilikheid broei reeds in DA se KZN-raad

Chris Pappas (30), wat vlot Zulu praat, moes Vrydag by die landdroshof in Howick as burgemeester ingehuldig word. Sandile Mnikathi (26) is reeds as onderburgemeester aangewys (Foto: DA, Twitter)

DA-raadslede van die uMngeni-munisipaliteit in KwaZulu-Natal het Vrydag tydens die inlywing van die munisipaliteit se nuwe burgemeester uitgestap. Dit is omdat die geskorste munisipale bestuurder, Thembeka Cibane, by die verrigtinge teenwoordig was en probeer het om dit te lei. Die ontevrede raadslede meen dít sou die prosedure ongeldig maak.

Volgens die DA was Cibane se bywoning ʼn manier van die ANC om die verrigtinge te saboteer.

UMngeni-munisipaliteit is die eerste munisipaliteit in KwaZulu-Natal wat die DA nog ooit gewen het.

Chris Pappas (30), wat vlot Zulu praat, moes Vrydag by die landdroshof in Howick as burgemeester ingehuldig word. Sandile Mnikathi (26) is reeds as onderburgemeester aangewys.

Francois Rodgers, die DA-leier in KwaZulu-Natal, sê die raadslede wat uitgestap het, het gesê hul deelname aan ’n byeenkoms waar ’n geskorste munisipale bestuurder in haar amp teenwoordig is, maak die sitting ongeldig. Die raadslede se besluit om die verrigtinge te verlaat is deur die EFF ondersteun.

“Cibane se bygewoning van die verrigtinge is ʼn duidelik georkestreerde taktiek deur die ANC. Dit bewys die arrogansie van ’n ANC wat nie ’n nederlaag in uMngeni kan aanvaar nie,” het Rodgers gesê.

“Dit is jammer dat die ANC in uMngeni nie die raad van sy provinsiale leier geneem het om berading te kry en die nederlaag te aanvaar nie.”

Volgens Rodgers is met regstappe begin om te verseker dat ’n nuwe raadsvergadering belê word en Pappas en sy span ingehuldig kan word.

Volgens die DA sal Pappas en Mnikathi die munisipaliteit lei ten einde uMngeni weer op te bou tot die lewendige, groeiende en inklusiewe plek wat dit veronderstel is om te wees.

Kyk hoe Pappas inwoners van uMngeni in Zoeloe toespreek:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Aai ·

Mooi net wat ons nodig het een wat die taal kan praat en weet wat om te doen en jonk is.

Shakespeare ·

ANC/EFF leierskap en stemvee Afrikane was al drek 100 jaar gelede en sal DREK bly.

Elize ·

Swak verloorders en dis wat ek nie kan hanteer nie. Die mense het mos nou gestem. Laat ons voortgaan om diens te kan lewer. Diegene wat moeilikheid veroorsaak moet vervolg word. Kant en klaar

Tanniepetoors ·

Hierdie jong man man is SA se toekoms! Ek wens Chris Pappas alle moontlike sukses toe.

Di ·

Hierdie korrupte ANC spul kan nie aanvaar dat hulle verloor nie! Patetiese klomp. Hierdie is maar die begin, hulle moet solank gewoond raak daaraan. Huil, skop en tantrums gooi gaan NIKS help nie. Vat die nederlaag soos ‘n man!

Misky ·

Hulle moes aangedring het dat Cibane van die perseel verwyder word en hy het mos niks daar verloor nie. Moenie meer terugstaan vir die spul nie. Trek moue op en raak daadwerklik besig.

Karinb ·

Christopher Pappas sal hopelik eendag die DA se leier word. Ons het jongmense soos hy in leierskapsposisies nodig. Sterkte vir hom as burgemeester van Howick.

N ·

Kry sommer hoendervleis. Die man praat met passie, al verstaan ek hom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.