Moord voor aftree-oord: Pensioenaris sou emigreer; verdagte vas

Felix Gay (Foto: Facebook)

ʼn Verdagte is die naweek in hegtenis geneem nadat ʼn 72-jarige pensioenaris net meer as ʼn week en ʼn half gelede voor die aftree-oord waar hy gewoon het gekaap en koelbloedig doodgeskiet is.

Felix Gay is die aand van 20 Januarie voor die hek van die Darrenwood-aftreeoord in Linden, Johannesburg, doodgeskiet. Die voorval is op kringtelevisiekamera vasgelê.

“Die beeldmateriaal wys hoe verdagtes met die slagoffer worstel, hom daarna verskeie kere skiet en hom uit die voertuig gooi voordat hulle met sy grys Ford Figo wegjaag,” het Xolani Fihla, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), gesê.

Volgens Fihla het beamptes van die JMPD se honde-eenheid van die verdagtes op die beeldmateriaal herken, en is ʼn operasie van stapel gestuur om die verdagtes vas te trek.

‘n Skermskoot van die beeldmateriaal wys hoe een van die verdagtes langs Gay se motor hardloop en hom skiet

Daar is Sondag op die verdagtes in Eldoradopark toegeslaan en een verdagte is in hegtenis geneem. “Die klere wat die verdagte op die kringtelevisiebeeldmateriaal gedra het, is in sy huis gevind. Tydens die inhegtenisneming is daar ook beslag gelê op ʼn Wit Nissan Almera wat in die kaping en moord gebruik is. Daar is vasgestel dat die Almera gesteel is en dat vals nommerplate daarop aangebring is.

“Beamptes het ook op ʼn silwerkleurige Toyota Corolla, waarvan die VIN-nommer mee gepeuter is, beslag gelê. Gebruikte vuurwapenpatrone is in die voertuig gevind.”

TimesLive berig Gay sou binnekort na Brittanje emigreer om by sy seun te gaan woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

casper ·

Nog ‘n dag – nog ‘n moord op ‘n blanke bejaarde — Dit is volksmoord die !!

Misky ·

Daar sal daadwerklik iets aan die sinnelose moorde in ons land gedoen moet word. So kan dit nie aangaan nie. Simpatie aan die familie en naasbestaandes.

Mudguard ·

Innige simpatie met die familie. Wat is gebruikte vuurwapenpatrone ? Dieselfde as n gebruikte handgranaat?

Sarel ·

Was hulle dalk uit op Borg of Parool toe die Misdaad gepleeg is

Swerwer ·

Tragies, daar is absoluut net nie meer woorde wat hierdie wrede aanvalle op onskuldige mense kan beskryf nie!

ES ·

Wat vir my uitstaan in die berig is dat die JMPD van die mans herken het – was hulle dalk voorheen (of nogsteeds) lede van die JMPD of was hulle voorheen al gevang en uit op parool?

Skappie ·

Nogal voor die aftree oord. Enige meegevoel aan die familie, mag onse Heer julle deur hierdie moeilike tyd dra.

Blomme ·

En steeds swyg die ANC regering… Dit lyk asof die geweld nie hulle juis pla nie. Wonder net wat sal die reaksie wees as van hulle of hul geliefdes so aangeval en vermoor sou word?

SlinkseKoljander ·

Ons mense maak nou wit mense lings en reg dood elke dag en dit word aanvaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.