Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het op die hoek van 18de Laan en Meyerstraat plaasgevind. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die seun onder die vragmotor gelê met ernstige beserings.”
Volgens Mathe is die seun op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Sy het gesê die voorval het omstreeks 16:15 plaasgevind.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Ja want trokke dink die paaie is n race track hulle jaag daai goed soos taxis ook jaag en nie stop by robote nie
Die voertuig het buite beheer geraak voor die seun getref is.
Bestuurder het niks oorgekom nie nie en is nie na ‘n hospitaal af gevoer nie.
Jammer vir die seun en die familie.
Het vandag eerstens moes stop op hoofpad vir beeste, geen wagter in sig!
Tweedens n bejaarde vrou wat oor hoofpad met kierie loop!!!!!!! “can you believe this,” net so uit die bloute. Kon ook nie te vinnig briek nie want daar was n string karre agter my.Wat nou as ek haar raakgery het?
Laastens, so paar jare terug vrou wat offramp mis en n reverse kap op die highway mense!!
Jammer vir hierdie seun en sy ouers. Ons kan nie meer net vir onsself op die pad dink nie.Dink ook vir die ander!!!!!!!!!
Dis jammer wat gebeur het, ek hoop hy word gou gesond.
Ek sien elke dag hoe roekeloos die groot voertuie ry omdat ek heeltyd op die pad is. Hierdie drywers ry te vinnig, hou nie by die pad spoed nie en ken nie van veilige afstand hou nie. Hulle moet maar gemonitor en daarvolgens gestraf word.
Ek gee maar liewers pad wanneer ek sien ene jaag