Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het by die kruising van Onderste- en Derdeweg plaasgevind.
Hy sê volgens ooggetuies is die man weens die impak van die botsing van sy motorfiets af geslinger waarna hy glo ʼn betonpilaar getref het.
Volgens Botha is die man na die kant van die pad gesleep en beroof. Hy sê paramedici het met hul aankoms op die toneel onmiddellik die man begin behandel voor hy na ʼn hospitaal in Johannesburg vervoer is vir dringende mediese sorg.
Ja nee, die mentaliteit van sommiges.
Dat beseerdes beroof word is byna algemeen, selfs die dooies word beroof en dit terwyl medici + SAPS op ‘n toeneel is.
Dit is regtig onaanvaarbaardat daar niks gedoen word nie waar gaan ons heen as beseerde mense erger as diere behandel word