Motorfietsryer onder vragmotor gesleep

Argieffoto

’n Man, vermoedelik in sy dertigs, is kritiek beseer toe hy Maandagoggend deur ’n bakkie raakgery en onder ’n vragmotor gesleep is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Albertina Sisulu-rylaan in Witpoortjie in Roodepoort plaasgevind. Dit is onbekend hoe ver die man gesleep is.

Paramedici is omstreeks 10:30 na die toneel ontbied en het die man langs die vragmotor aangetref. “Paramedici het die man ondersoek en gevind hy het erge wonde aan sy bene en rug opgedoen. Hy was in ’n kritieke toestand,” het Meiring gesê.

Die man is na die Laratong- provinsiale hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die bestuurders van die bakkie en die vragmotor is nie tydens die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vra maar net . . . ·

Was die spasie tussen die bakkie en vragmotor dalk net bietjies té klein om deur te glip? Vra maar net . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.