Motoris borgtog geweier ná Pta-man se dood

John Young is op 30 Januarie vir dood agtergelaat. (Foto: Facebook)

Die motoris wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn Pretoriase man in Januarie doodgery het, is Donderdag borgtog geweier.

Die 24-jarige man is verlede week deur die polisie in hegtenis geneem nadat die ondersoekbeampte per toeval ʼn wenk ontvang het oor waar hy skuil.

Die polisie soek al maande lank na die bestuurder van die motor wat John Young (48) op 30 Januarie in die Wonderboom-omgewing naby sy huis van sy fiets afgery het.

Ao. Lourens Lemmer, die ondersoekbeampte in die saak, het aan Maroela Media bevestig dat die motoris Donderdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn het waar hy aansoek om borgtog gedoen het.

Die landdros het egter die aansoek van die hand gewys.

“Hy gaan nog lank in polisieaanhouding bly en ons hoop dat hy eindelik verhoor sal word,” het Lemmer gesê.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

“Wat nog ontbreek is onder meer die nadoodse en forensiese verslag,” sê hy.

Die saak sal op 30 Mei in die hof voortgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.