Motoris ongeskonde ná hy in reusegat ry

’n Motor het Vrydagoggend in ’n reusegat in Durban beland. (Foto: ALS Paramedics)

’n Motoris het Vrydagoggend wonderbaarlik geen beserings opgedoen nie toe sy voertuig in ’n reusegat vol water in Durban beland het.

Die voorval het omstreeks 05:30 in Umbiloweg reg voor die BP-vulstasie plaasgevind.

Die voertuig was byna heeltemal onder water, met net sy dak en linkerdeure wat uitgesteek het.

Garrith Jamieson, woordvoerder vir ALS Paramedics wat na die toneel ontbied is, sê die gat is afgesper en bouwerk word al die afgelope paar weke daar gedoen.

“Paramedici het die bestuurder van die voertuig ondersoek en gevind dat hy gelukkig geen beserings opgedoen het nie.

“Die Durbanse polisie en metropolisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Amelia ·

Is dit n sinkgat of gat wat gegrou is net vir die interessantheid

Janice ·

Die motor bestuurder het gedog die gat was gegrou vir die geleentheid.

melaney ·

@Janice…..my ‘laggesiggie’ het nie vertoon soos ek verwag het nie.

domheks ·

Nou was die man blind? of dronk? Hulle se dan die plek was afgesper?

melaney ·

Baie bly hy het niks oorgekom nie. Hoop hy het sy baai broek aangehad voordat hy vir ‘n vinnige “dip” gegaan het. Wonder of hy nie maar ‘n ent verder moes ry nie. Daar waar daar ‘n bietjie meer water is.

Janice ·

Hoe vinnig het hy gery? Umbiloweg is dan ‘n reguit pad en daar was versperrings?

Cherokee ·

Soos jy sê, Janice. ‘n Reguit pad en daar was versperrings. Miskien was hy versper vir die oomblik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.