Motshekga bekommerd oor toekoms van onderwys

(Argieffoto: pixabay)

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het Woensdagmiddag haar diepe kommer oor die stand van onderwys in Suid-Afrika uitgespreek.

Sy het aan die Nasionale Raad van Provinsies se staande komitee oor onderwys gesê die uitwerking van die afsonderingstydperk is veel erger as wat gevrees is.

“Ek is moedeloos. Dit gaan ons land lank neem om te herstel. Ek is hartseer oor wat ek in die toekoms sien. As niks verander nie, sien ek swarigheid vir die onderwys en vir baie van ons leerders. Baie van hulle is erg benadeel, maar ek sal nie moed opgee nie,” het Motshekga gesê.

Tydens die voorlegging aan die komitee deur departementele amptenare is gesê die onderwyssituasie wêreldwyd lyk nie goed nie. Vir die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys, wat voor die afsonderingstydperk baie goeie vorderingsverslae van Unesco gekry het, is dit ʼn gevoelige terugslag.

Daar gaan in die toekoms baie op tegnologie gesteun moet word en hierdie infrastruktuur is nie oral in die land ewe goed of geredelik beskikbaar nie. Video’s, apps, e-posse en programme soos Teams en Zoom word wel al hoe meer gebruik. Die Woza Matric-televisie-uitsendings is ook baie gewild.

Die grootste uitdagings vir die onderwysdepartement is onvoldoende water en sanitasie by skole, onderwysers in hoërisikogroepe, voedingskemas en die aanstel van bykomende skoonmakers.

Volgens die departement val sowat 20 600 onderwysers in die hoërisikogroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Angie? Waaroor worry jy? Dis tog presies waar jy en jou ANC kaders SA wil hê? Masas ongeskoolde agtervolgers van julle Tshirt-kospakkie-grant “people” pleasing strategie? Hoe minder “the people” verstaan en vra, hoe makliker jaag jy hulle in en uit die kraal.

Adam Adriaan ·

“The Government don’t want an intelligent population because people who can think critically can’t be ruled. They want a public just smart enough to pay taxes and dumb enough to keep voting.”
Dit is die hoof doelwit van die ANC/EFF en alle kommuniste. Dit is hoekom die skole in so ‘n chaos is

Mariana ·

Eintlik moet sy net vervang word met mense wat gekwalifiseerd is. Sy hap gedurig “bubbles”, kan geen besluit neem nie. Sit al jare in die pos, maar rig niks uit doen net meer skade.

Eiervrug ·

Tannie, die water en toilette is nie COVID se skuld nie. Julle het dit nog NOOIT onder beheer gehad nie… Gelukkig vir julle het die virus uitgebreek. Nou kan dit COVID se skuld wees, anders moes julle maar weer apartheid geblameer het…. Tipies….

Johanncb ·

Besef die arme Minister nóú eers dat daar rede tot kommer is?!

Oomniklaassevriend ·

Die reaksie op Covid -19 is die grootste oorskatting ooit – aldus PANDA se ontleders. Dit maak die graad van inperkingsmaatreels van leerders onnodig om dit sag te stel. Dit is wat gebeur wanneer regeerders hulle ore uitleen aan vakbonde en nie aan kundiges nie. Waarom nou huil?

Cornelius ·

En nou blameer sy die virus vir haar patetiese bestuur van die onderwys stelsel.

Termiet ·

LOL, LOL, LOL, LOL, LOL. Kon dit van dag 1 af vir jou gese het.

Dana ·

Dit is nie net sy wat bekommerd is nie. Leerders is ook bekommerd veral omdat sommige onderwysers nie klas wil gee as daar net ‘n handjievol kinders in die klas is nie.

Dries ·

En wie moet ons hiervoor bedank? Beslis nie Bolank Bank nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.