Musk se ma kry eredoktorsgraad van SA universiteit  

Maye Musk saam met haar seun Elon (Foto: Mike Coppola/Getty Images)

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan ʼn eredoktorsgraad aan Maye Musk, ma van die Suid-Afrikaans gebore sakemagnaat Elon Musk, toeken.

Die eredoktorsgraad in dieetkunde sal op 12 April aan Musk toegeken word. Haar navorsingstudies in voedingswetenskappe het aan die UV begin voordat sy na Kanada, haar geboorteland, verhuis het.

Volgens die UV is hy bevoorreg om met Musk verbind te word en is sy die perfekte ontvanger van ʼn eredoktorsgraad, ʼn gesogte titel vir individue ter erkenning van hul uitstaande bydrae tot ʼn bepaalde veld of samelewing. Die toekenning van die eregraad val saam met die 40ste bestaansjaar van die departement dieetkunde.

Musk is ʼn internasionale topverkoperskrywer, dieetkundige, model en openbare spreker. Haar boek, A Woman Makes a Plan, is in 100 lande beskikbaar en in 30 tale gepubliseer. Sy het vir meer as 45 jaar haar eie voedingsonderneming in agt stede en drie lande bedryf. Haar maatskappy het professionele dienste aangebied in berading, die lewering van toesprake, konsultasie, skryf en mediawerk.

Volgens die UV was Musk die eerste dieetkundige wat ʼn webwerf bestuur het en die eerste dieetkundige wat die registrasie-eksamen in drie lande afgelê het.

“Haar passie vir dieetkunde en bemagtiging het toegesien dat sy al praatjies op plekke regoor die wêreld gehou het, insluitend Melbourne, Stockholm, Boedapest, die VSA, Kanada en Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Althes ·

Definitief ñ indrukwekkende vrou. Met so ñ ma, kan mens verstaan waarom Elon Musk uitstyg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.