N1-snelwegprojek in Kaapstad byna afgehandel

Die departement van vervoer en openbare werke se paaieprojek is byna klaar (Foto verskaf)

Die projek om ʼn derde laan by te voeg op die N1 in albei rigtings tussen Plattekloofweg en die Old Oakweg-afrit in Kaapstad, sal na verwagting vroeg volgende maand voltooi wees.

Die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke het gesê die projek sal help om verkeersvloei te verlig op dié besige snelweg. “Tot 120 000 voertuig maak daagliks van die pad gebruik,” het Byron la Hoe, woordvoerder van die departement, gesê. “ʼn Derde laan in albei rigtings sal verkeersopeenhopings drasties verlaag.”

Dreineringstelsels word ook langs die pad tussen Durbanweg en Old Oakweg (in ʼn noordelike rigting) en tussen Jip de Jager en Plattekloofweg (in ʼn suidelike rigting).

Die projek het ʼn geleentheid geskep vir werkskepping en vaardigheidsontwikkeling.

“Die departement wil motoriste bedank vir hul begrip en geduld terwyl die projek voortduur. Ons besef die vertragings is ʼn frustrasie, maar bietjie ongerief tydens die konstruksie is onvermydelik. Motoriste sal binnekort ʼn veiliger en geriefliker reiservaring kan geniet,” het La Hoe gesê.

Donald Grant, LUR van vervoer en openbare werke, sal na verwagting op 30 April 2019 die Old Oak West-brug oor die N1 inhuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stebastiaan ·

Dit gaan definitief ‘n verbetering teweeg bring wat verkeers vloei aanbetref en daaroor is ons dankbaar. Net jammer dat daar nie ook ‘n af- en oprit rigting Paarl by Old Oak ook gebou is nie. Dit sou groot verkeers druk by Capegate afrit en Durbanweg afrit laat afneem het en daar is oorgenoeg spasie daarvoor??

Hiep Hiep Hoera! ·

Met die oorskietteer sommer ekstra bane gooi op die Joostenbergvlakteafdraaie, dankie!

JPC ·

Baie dankbaar. Hierdie mense het dag en nag gewerk om die projek af te handel – dankie almal vir harde werk.

Cuda ·

Dankie vir die projek. Gaan beslis help. Maar…..! Dan stop die ontwikkeling net voor die R300 snelweg waar die N1 en R300 bymekaar kom rigting Paarl. Cape Gate afrit rigting Kaapstad reeds ‘n probleem. Ek dink nie die gereedskap moet te gou weg gepak word nie. Met die ekstra behuising ontwikkeling na die Noorde gaan die probleem vinniger opeenhoping van voertuie veroorsaak. Moet asb nie wag tot die probleem buite beheer is nie…

Johan ·

Hi. Die ontwikkeling stop waar die grens is waar SANRAL se verantwoordelikheid begin.

Jacques ·

Probleem is, by die R300 word die 3 bane skielik 2. Die vinnige baan verdwyn net, en motoriste in die regte baan, moet skielik links plek kry.
Dit gaan groot ongelukke veroorsaak.
Hulle sal moet die 3 lane tot na die Okavango afrit verleng, of verwag maar ‘n paar Ferraris en Lamborghinis gefrommel teen die pilare van die R300.

Ben ·

Wat van die bo grond se kragdrade tussen die huise wat ook deel is van die projek wat 20 jaar terug al moes gedoen gewees het en waarvoor ons elke maand belasting moet betaal vir erf ontwikkeling wat nooit plaasgevind het nie?

jaco ·

Word ‘n brug ingehuldig en ‘n staatspresident ingewy, of is dit nou andersom?

Naas ·

Stebastiaan, jy is heeltemal korrek oor die op-en afritte noord by die Old Oak oorbrug. Dit was oorspronklik daar, net soos by die Brackenfell brug. Die doppie wat egter die R300 brug en skakels ontwerp het, het dit laat wegneem. Dit was baie dom en strem verkeersvloei erg tot vandag toe.

Danie Malan ·

Dit gaan net tydelike verligting bring.
Elke dag is daar 20, 50, 100, hoeveel ookal voertuie meer op die paaie as die vorige dag.
Die enigste permanente oplossing is geboortebeperking.
Dankie tog daar is iets soos aborsie op aanvraag. Elke bietjie help.

Johan ·

Diegene van ons wat elke dag in en uit ry uit die Noordelike Voorstede na die Kaapse middestad kan reeds die verskil agterkom. Lank gewag vir projek om te begin en klaar te maak maar dink beslis dit was die pyn werd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.