N3 gesluit ná oliestorting

Die ongelukstoneel op die N3. (Foto: Twitter)

’n Vragmotorongeluk op die N3 in KwaZulu-Natal het Sondagoggend ’n oliestorting en die sluiting van dié snelweg tot gevolg gehad.

Die ongeluk het in die omgewing van die Peter Brown-wisselaar in Pietermaritzburg plaasgevind toe ’n vragmotor, wat vermoedelik olie vervoer het, omgeslaan het. Die presiese besonderhede omtrent die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie.

Anita Heyl, woordvoerder van die N3-tolkonsessie, het wel vanmiddag gesê die N3 is in dié stadium nog gesluit terwyl die ongelukstoneel opgeruim word.

Die sluiting het intussen groot verkeersopeenhopings en vertragings veroorsaak.

“Motoriste word versoek om stadiger te ry en die gebied asseblief versigtig te benader.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nie Verbaas ·

Kom ons raai, spoed te hoog, BEE kader met gekoopte lisensie, swak onderhoud, onvermoë om situasie te hanteer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.