Nasionale Vergadering wys lede van regterlike dienskommissie aan

Thandi Modise. (Foto: Phando/Jikelo/ANA)

Die Nasionale Vergadering het die Suid-Afrikaanse parlement se verteenwoordigers in ʼn verskeidenheid plaaslike en internasionale liggame aangewys.

Die belangrikste hiervan is die regterlike dienskommissie wat regters aanstel en dissiplineer. Die parlementslede wat daartoe verkies is, is Thandi Modise (ANC), Gratitude Magwanishe (ANC), Cyril Xaba (ANC), Narend Singh (IVP) en adv. Glynnis Breytenbach (DA).

In die landdrostekommissie wat landdroste dissiplineer, sal dien Dorries Dlakude (ANC), Richard Dyantyi (ANC), Werner Horn (DA) en Godrich Gardee (EFF).

Tot lede van die parlementêre forum van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgenootskap is verkies Thandi Modise (ANC), Amos Masondo (ANC), Desmond Moela (ANC), TB Mathibe (ANC), Darren Bergman (DA) en Hlengiwe Mkhaliphi (EFF).

Diegene wat Suid-Afrika in die Pan-Afrikaparlement gaan verteenwoordig, is Thandi Modise (ANC), Amos Masondo (ANC), Richard Majola (DA), Julius Malema (EFF) en Pemmy Majodina (ANC).

Die voorsitters van die Nasionale Vergadering is vir hierdie termyn weer almal van die ANC. Hulle is Cedric Frolick (wat ook die amp van voorsitter van komiteevoorsitters sal beklee), Madala Ntombela en Grace Boroto.

Die baie belangrike verkiesing van voorsitters van portefeuljekomitees vind volgende week plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die tannie van die “diere moord” naby Potch en nog haar dag in die hof moet kry, is nou een wat regters moet help aan stel. n April grap in Junie!!! Die groot Sirkus is lagwekkend, maar ek voel om te ween!!

Maljan ·

Watter regter gaan nou aan thandi modise raak? Sy kan nog plase koop.n

Gert van Wierdapark ·

Sy moet nou oor regters help besluit, maar daag nie eers op as sy gedagvaar word vir die diere mishandling op haar plasie naby Potch nie. Klink na die wolf en skaapwagter se storie!

Lord de Villiers ·

Klink sommer na ‘n klomp voorsoag-amptenare, hulle name boesom rotsvaste vertroue in!????

lewies ·

Ons het geleer dat selfdissipline die belangrikste eienskap is wat ‘n individu moet he as hy ander wil dissiplineer. Selfdissipline is iets wat deel is van jou persoonlikheid wat deur doelgerigte opvoeding deur ouers verwerf word. Dit is dus nie iets wat jy deur ‘n titel verwerf nie. Weet geleerde mense dit dan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.