NatJoints gereed, indien nasionale betoging plaasvind

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SA Polisie)

Die nasionale gesamentlike en operasionele intelligensiestruktuur (NatJoints) het die land se wetstoepassers op hoë gereedheidsgrondslag geplaas, sou daar enige waarheid steek in die sosialemediagerugte van ʼn nasionale betoging (#nationalshutdown) eerskomende Vrydag.

NatJoints sê die intelligensie-koördineringskomitee het die geldigheid van ʼn oproep om ʼn nasionale stilstand Woensdag tydens ʼn vergadering bespreek, nadat NatJoints van die boodskappe op sosiale media bewus geword het.

NatJoints weet egter self nie hoe waarskynlik dit is dat betogings wel voortgaan nie, aangesien niemand nog aanspreeklikheid daarvoor aanvaar het nie.

Luidens boodskappe wat die ronde doen, word landwye betogings deur die Suid-Afrikaanse Taxivereniging (Santaco) beplan, en sal die EFF ook deel vorm van die betogings, hoofsaaklik oor verhoogde brandstofpryse.

Albei partye het egter die afgelope dae ontken dat hulle só ʼn optog beplan.

“Die intelligensiegemeenskap hou die situasie en die gepaardgaande risiko’s noukeurig dop,” sê Natjoints nou.

“NatJoints verseker lede van die publiek dat die toepassing van die wet binne toepaslike voorskrifte uitgevoer sal word om stabiliteit in die land te verseker.”

NatJoints waarsku wel diegene wat agter die boodskappe op sosiale media sit dat die skending van mense se vryheid van beweging ʼn strafregtelike oortreding is. “Lede van die publiek word ook gewaarsku teen die verspreiding van boodskappe wat poog om gemeenskappe te mobiliseer om op die oproep te reageer.

“NatJoints doen ʼn beroep op alle mense in Suid-Afrika om saam met wetstoepassingsowerhede te werk om die wet te handhaaf en toe te pas. Enige optrede wat daarop gemik is om die wet te oortree, sal dienooreenkomstig binne die bestek van die wet hanteer word.”

AfriForum het egter Woensdag aan Maroela Media gesê dat ʼn landwye ontwrigting in dié stadium “onwaarskynlik” is.

“Volgens die jongste inligting is daar geen sentrale organisasie met ʼn nasionale voetspoor wat ʼn sogenaamde shutdown dryf of organiseer nie. Daar is wel organisasies wat beweer dat hulle so ʼn betoging sal ondersteun, indien dit plaasvind.

“As gevolg hiervan raak die waarskynlikheid vir landwye georkestreerde protesoptrede al hoe kleiner, aangesien niemand leiding neem of verantwoordelikheid aanvaar nie,” het Guido Urlings, bestuurder van ondersteuningsdienste vir AfriForum se gemeenskapsveiligheidsafdeling, gesê.

Klik hier vir wenke deur AfriForum indien daar wel enige onrus Vrydag sou plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Misky ·

Na laasjaar het ek maar baie min vertroue in hul gereedheid om te reageer op terrorisme of anargie op enige vlak.

JohanR ·

Hoe sal mens weet die ‘n nasionale betoging (#nationalshutdown). Is elke dag nie betoging (#nationalshutdown) dag nie?

Deon ·

Dankie dat julle probeer voorbery, ek hoop ook dat julle intelligensie stelsel in plek is. Miskien kan julle ons sommer ook probeer vertel wat julle gaan doen as ons weer n Natal tipe insident het.

casper ·

Hulle sal alles monitor — op hulle tv in die Kentucky !!!

Jaco ·

Wanneer volg betogings teen aanhoudende dra van maskers en beperkings op hoeveel mense ‘n binnenshuise byeenkoms mag bywoon? Van die DA, Solidariteit en Afriforum se wonderlike “regsaksie” teen dié goed het ook niks gekom nie.

LANA is ELANè ·

Praat praat praat, dit is mos wat al hierdie sg organisasies doen, baie praat.

Harley Davidson ·

Ek sit lings voor as daar n staking is hierdie staking sal die beste ding wees wat kan gebeur vir oorlewing in hierdie moeilike tye.

Di ·

Hierdie “toepassing van die wet binne toepaslike voorskrifte uitgevoer sal word” BESTAAN nie in hierdie spul wat altyd amok maak se aksies nie! ANARGIE is al wat hulle ken, VERAL Rooikappie se mense

Renier johannes ·

Wonder hoeveel van die polisie sal n fiksheids toets slaag bewys my verkeerd

Martin ·

More gaan die KFC’s oortyd werk met Natjoints wat die situasie gaan “monitor”. Ten minste sal al die Natjoints se klere netjies gestryk wees vir more. Die SAP is gereed en sal weer die Makro beskerm soos voorheen. Mens hoef deesdae nie meer sirkus toe te gaan nie die sirkus kom deesdae na jou toe.

Renier johannes ·

Fiksheid toets vir alle polisie asseblief bewys my verkeerd nie een sal slaag nie dankie

Keelvol ·

Nog minder sal jy slaag….. o, ja jy is te bang on by die polisie aan te sluit. Jy sal seker eerste weghardloop.

Helizna ·

Die hele bleddie land moet môre stop. Laat die regering parasiete ophou ons leegsuig. Ja stemmers moet sommer voor in die betoging rye gaan staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.