Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het sy misnoeë uitgespreek dat die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, nog nie reageer het op Nazi-uitlatings deur Wits se SR-voorsitter nie.
“Verlede jaar groet die dames van die NWU-Puk kampus hulle koshuis met dans-choreografie. ʼn Deel van die dans-choreografie is dat hulle hulle arms na die koshuis uitsteek. Dit ontplof as Nazisme in Beeld,” verduidelik Mulder. “In gesprekke met die verskrikte dames blyk dit dat hulle nie vir ʼn oomblik Hitler of Nazisme probeer naboots het nie en naïwelik verbaas is oor die reaksie.”
Mulder het gesê die Puk-koshuisgroet het ʼn voorbladberig in Beeld tot gevolg gehad, ʼn binnebladsy vol foto’s en berigte, ʼn hoofartikel, diepte artikels en geëindig met die minister wat intree en die Wessels-kommissie van Ondersoek wat die Universiteit instel.
“Die Studenteraadsvoorsitter van Wits sê hy is lief vir Hitler en bewonder hom. Dit is nie onbewustelike naïwiteit soos by die Puk-dames nie. Hy argumenteer sy standpunt deur na Duitse motors te verwys en hoe Hitler Duitsland gered het (Beeld 29/4/2015),” het Mulder bygevoeg. “Beeld het ʼn enkele berig daaroor op bladsy 16 net voor die Sakedeel. Is daar fout met my as ek ʼn soortgelyke reaksie as met die NWU-Puk dames verwag het? Gaan die minister nog reageer? Waarom word die twee gevalle verskillend hanteer? Waarom geld een stel reëls vir die Wits studente en ʼn ander stel vir die NWU-Puk studente? Ek dink ek weet waarom en is moeg vir dubbele standaarde.”
Intussen is Mcebo Dlamini, die omstrede SR-voorsitter, uit sy amp verwyder nadat hy skuldig bevind is aan wangedrag. Prof. Adam Habib, visekanselier van Wits, het egter gesê die skorsing hou nie verband met Dlamini se uitlatings oor Hitler nie. Hy het nie gesê watter aanklagte teen Dlamini gebring is nie. Klik hier om meer te lees.
Dr Mulder is volkome korrek. Die dubbele standaarde skree ten hemele. Vir my is die teleurstelling met die pers (lees BEELD) groter as met die kommunistiese minister. Van laasgenoemde verwag mens nie veel nie. Die uitdruklike verklaring deur Habib dat die SR voorsitter nie weens sy Hitler uitlatings geskors is nie laat mens ook oor WITS se standpunt in die duister.
Einlik moet ons ñ verduideliking eis van BEELD , wat nogal ñ prys ontvang het vir laasjaar se artikel en vra waarom dit nou nie voorblad nuus is nie
Ek het intussen Habib se volledige verklaring ter hand gehad, waarin hy WITS se posisie o.m. so stel:”these comments violate the fundamental values of Wits University and that Mr Dlamini has brought our institution into disrepute.” Dit weerle my kritiek op hom hierbo.
Dis maklik. Mnre. Basson en Wessels het geen agenda teen Wits nie. Hulle ondergrawe net Afrikanerinstellings.
Dr. Mulder is volkome korrek. Die dubbele standaard skrei ten hemele. Vir my is die groter teleurstelling die reaksie van die media (lees BEELD). Van die kommunistiese minister verwag mens nie anders nie.
Beeld is Afrikaans maar nie vir Afrikaners nie hier is die bewys. Wonder net wie in die regering wil hulle beïndruk?
dankie aan die VF+ wat vir geregtigheid veg. Ek het nie ’n woord van die DA hieroor gehoor nie. Hulle is seker te besig om te kyk hoeveel geld Moesie gemors het tydens die verkiesing toe hy volgens die DA die premier van Gauteng sou word.
Piet, jy’s heeltemaal reg. Beeld behoort aan Nas Pers en is swart bemagtigt en so te sê ten volle in swart besit. Afrikaneropinie word in hul eie taal gevorm deur eensydige media. Ek glo met agterdog wat in die koerante verskyn en op radio of tv nuus uitgesaai word nie.
Hoekom ons as Afrikaners volhard om ń koerant te ondersteun wat besig is om ons te ondergrawe sal ek nie weet nie.
Ek het Beeld lankal op sy agterent geskop en lees die gemors glad nie meer nie – en dis goed vir my siel.
Ditto!
Dr Mulder is korrek. Die verskil tussen die twee gevalle is wit en swart. Wittes mag niks se en doen sonder reaksie nie, maar swartes mag. Die beeld mag nie meer noem dat n wit vrou deur n swart man verkrag is nie. n Testament mag nie die woord wit bevat nie. Wit en blanked is vloekwoorde
Maroela …. jy laat my hart warm klop! Ek was ‘n getroue leser van Beeld, maar na dié insident (wat eintlik so belaglik was) het ek net ‘n besluit ek lees NOOIT weer Beeld nie …. hierdie was ‘n duidelike aanslag op die PUK … kom Minister Blade Nzimande … ons wag vir joú reaksie!
……julle verstaan nou nog nie SA nie……..dis net verkeerd as witmense so iets doen…….daar is niks mee verkeerd as swartmense so iets doen nie……………en dit wys nou maar net hoe kortsugtig ons mede landsburgers is – hulle kan nie hulle eie rasisme raaksien nie……..dit het seker iets met verstand en denk vermoe te doen? dalk gee hulle net nie om nie (om so rasisties te wees nie….)…..?