Nege ontsnap uit hof: Drie weer vas

Die vier verdagtes is steeds soek. (Foto: Verskaf)

Die polisie het drie van die nege verdagtes wat Woensdag by die landdroshof in Springs aan die Oos-Rand ontsnap het, weer vasgetrek.

Vier van die verdagtes, Phumlani Tshabalala, Mzandile Mbatha, Mduduzi Sithole en Mongisene Langa is op aanklagte van moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens in hegtenis geneem. Die vier verdagtes is steeds soek.

Die polisie sê die verdagtes is hoogs gevaarlik en moontlik gewapen. “Ons vra lede van die publiek om ons te help om die verdagtes op te spoor, maar dat hulle nie self die verdagtes moet nader nie.

“Skakel asseblief die naaste polisiestasie indien hulle gewaar word,” het brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, gesê.

Drie van die verdagtes is intussen weer vasgetrek. Sibande Xulu, wat teregstaan op huisbraak en diefstal, Clayton Booysen, wat in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms, en Anock Nyirenda, ʼn onwettige immigrant, staan nou op bykomende klagte van ontsnapping ook tereg.

William Reddinghuiz, wat vir die besit van dwelms vasgetrek is, en Augustine Mahlalela, wat in hegtenis geneem is vir betreding, is nog saam met die ander verdagtes soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mm ja nee ·

Hoe kry hulle dit reg, en word die een wat dit veroorsaak/toegelaat het OOIT voor stok gehou?

Belinda ·

Inside job die hoor. Hoe ontsnap so baie op een slag met skare mense om hulle.
Pateties!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

lk ·

Ek neem aan die media vermoed hulle is dalk gewapen?????? Eienaardig hoe vining vuurwapens bekom word?? Hoekom is daar nie ‘n “hoek-stalletjie” dan koop ons almal vir ons ‘n wapen, want ons moet dit mos “inhandig”

Joubert ·

Ek het nog nie daai spesifieke 4 opgemerk nie, maar ek dink ek sien gereeld verdagtes wat baie soos hulle lyk.

Niklaas ·

Ek het ook sopas ‘n paar ouens gesien wat baie soos hulle lyk . Maar ek gaan nie betrokke raak nie.

jakes ·

Hahahaha Joubert, jy is reg. Ek sien ook hordes wat soos hulle lyk maar hulle is moeilik om uit te ken want almal se hare is dieselfde kleur.

JohanR ·

33.333333333% is seker ‘n wen? Die wat die nege hulp ontsnap het sal weer vir hulle hulle geld moet teruggee, want hulle us weer agter tralies?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.