Nelspruit-boer erg met graaf aangerand

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer en sy vrou is ernstig beseer nadat hulle Donderdagaand op hul plaas, Soetmelkvlei, naby Nelspruit oorval en erg met ʼn graaf aangerand is.

Kol. Leonard Hlati, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Gerhard Kunneke (69) het omstreeks 21:00 na buite gestap toe hy deur vyf verdagtes oorval is. Die verdagtes het Kunneke en sy vrou, Lynette (67), binne die huis vasgebind en met ʼn graaf aangerand. Hulle is albei ernstig beseer.

Volgens Hlati het die rowers met vier vuurwapens, twee televisies en selfone met ʼn gesamentlike waarde van R50 000 gevlug.

Hlati het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om lt.kol. Erold Ströh by 079 497 6817 te kontak. ʼn Saak van huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

boer ·

verbeel ek my,of is aanvalle op ons boere nou weer besig om erg op te vlam?

boer ·

Ek weet dit het nog nooit regtig opgehou nie,maar ek dink ekt reed 3 berigte die week gesien in die koerant?

KOWIE ·

IS DIT NOU WEER DIE NUWE INDING OM ONS BOERE MET GRAWE AAN TE RAND
EN TE VERMOOR. WAT WORD DAAR AAN GEDOEN !! NIKS NIE , MAAR TOE HULLE MEKAAR DOOD GEMAAK HET WAS DIE PRESEDENT EERSTE OM DIT HOK TE SLAAN
ONS BOERE BETEKEN MOS NIKS NIE.

wynand ·

Huisbraak?? Wat van poging tot moord? Klag van ernstige aanranding moet liewers verander word na poging tot moord.

eugene ·

stem saam, die nonsens moet nou stopgesit word, Zuma, hou op in buiteland rondrits en kom kyk hoe bloei en brand jou land, of is jy soos jou boetie Mugabe, : whites not allo
wed here: en dit in ons land, nie eers sy eie nie. Dink maar net

SNEL ·

Dit is erg om te lees dat iemand hulle pa op so wrede manier verloor het. Baie sterkte!

SNEL ·

My kommentaar hier was vir Johan Coetzee se familie bedoel, maar die plaasaanvalle en moorde vat aan n mens, enige een vat deur so iets gegaan het het ons gebede. Baie sterkte aan die Kunneke gesin ook.

RIAAN ·

Kan ek tog eendag n opskrif lees wat se boer skiet rowers dood.

CHRISTA ·

Ongelukkig sal die opdkrif lees: Boer gearresteer vir die skiet van rowers!!

Gideon ·

Die berig moet dalk lees ” totale waarde in geld is sowat R50 000.00 maar wat aan respek, vertroue en lus vir lewe ontneem is kan nie in geld terme uitgedruk word nie!!
Baie jammer, ons familie is ook deur so-iets en die letsels en vrees en wonder hoe was laaste oomblike bly vir ewig in mens se gedagtes gebrand!!

Rieks ·

So teen einde verlede jaar is daar op Maroela Media berig van Charles Henderson wat vermoor is. Ek het geen berigte daarna gesien dat enige van die mense wat hom vermoor het gevang is nie. Dit is die probleem met baie dinge in ons land … as dit lank genoeg gelos word gaan dit weg!
Ons is nerens meer veilig nie… Nie by jou werk, huis, vakansie, plaas of selfs deesdae op die paaie nie. Mag daar iewers deure begin oopgaan sodat daar ‘n einde kan kom aan die sinnelose dood van baie onskuldige mense wat maar net hard werk om dag na dag te leef en rekeninge te betaal. Sulke beriggewing maak my baie morbied… Het ook familie wat op plase woon en bid daagliks dat daar niks met hulle sal gebeur nie. Kom MNR Suma of gee die werk vir iemand wat belangstel om ‘n verskil te maak en nie net sy eie sakke te vul nie!

Rieks ·

Miskien as ek die bogger se van reg spel … ZUMA
O ja hy lees ook nie in Afrikaans nie :-D

Petronella ·

Rekeninge BETAAL en BELASTING BETAAL EN MET ONS LEWENS BETAAL!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.