Niemand nog vas ná mynwerker se dood

Die Marikana-myn. (Foto: Sibanye-Stillwater)

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die onlangse moord op ʼn lid van die National Union of Mineworkers (NUM) in Marikana in Noordwes nie.

Kaizer Lungisa Madiba is Vrydagoggend naby die Rowland-skag op pad werk toe doodgeskiet.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, sê Madiba se liggaam is omstreeks 06:00 gevind. Hy is verskeie kere geskiet en talle patroondoppies is naby sy liggaam aangetref.

Volgens Tselanyane is die motief vir die moord steeds onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie.

Die moord op Madiba het ʼn gevoel van onrus veroorsaak sowat twee weke voor die NUM se nasionale byeenkoms in Marikana.

Dié vergadering is juis daarop gemik om die NUM se teenwoordigheid op die platinumgordel ʼn hupstoot te gee, nadat hy die afgelope paar jaar talle lede, asook sy status as die meerderheidsvakbond, aan Amcu afgestaan het ná die onwettige staking by die Lonmin-platinummyn in 2012.

Altesaam 34 mynwerkers is op 16 Augustus 2012 deur polisiebeamptes by dié myn, nou bekend as Sibanye, doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

m ·

Was Malema nie betrokke by daai staking in 2012, toe die polisie op die myners geskiet het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.