‘Niks vreemd’ aan oefening saam met Russe, Chinese

Thandi Modise, minister van verdediging. (Foto: Jairus Mmutle / GCIS )

Die Suid-Afrikaanse regering sê daar is niks vreemd aan sy beplande militêre oefening saam met die Russiese en Chinese weermag nie, en dat dit geensins sy “neutrale standpunt” oor Rusland se inval in Oekraïne beïnvloed nie.

Die regering het onder hewige kritiek deurgeloop nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) aangekondig het dat hy volgende maand ʼn gesamentlike militêre oefening van tien dae saam met Rusland en China gaan uitvoer. Die martieme operasie, genaam Mosi II, sal van 17 tot 27 Februarie langs die KwaZulu-Natalse kus tussen Durban en Richardsbaai plaasvind.

Dié stap het hewige kritiek uitgelok.

Cornelius Monama, woordvoerder van die departement van verdediging en militêre veterane, sê dit is die tweede keer dat só ʼn operasie tussen dié drie lande in Suid-Afrika plaasvind. Die vorige een is in November 2019 in Kaapstad uitgevoer.

Meer as 350 SANW-personeel van verskillende afdelings sal aan Mosi II deelneem.

“Die beoogde oefening sal alle lande wat betrokke is bevoordeel deur samewerking tussen die vlootstelsels te bevorder, ook in die bekamping van seerowery en gesamentlike verbetering van rampstelselbestuur verseker,” het Thandi Modise, minister van verdediging, gesê.

“Daarbenewens sal operasie Mosi II as ʼn platform vir dié drie nasies dien om operasionele vaardighede, kundigheid en ervaring te deel. Die Republiek van Suid-Afrika het diplomatieke betrekkinge met alle lidlande van Brics (Brasilië, Rusland, Indië en China) op  ʼn bilaterale vlak, bykomend tot die multilaterale vlakke.

Die regering sê daar is boonop nie só ʼn bohaai opgeskop toe die weermag soortgelyke militêre oefeninge saam met ander lande, insluitend die VSA, Ghana en die Verenigde Koninkryk, uitgevoer het nie.

“Daar is geen ophef oor hierdie lande gemaak nie, veral met betrekking tot die VSA, waar ons verlede jaar selfs ’n langer oefening, bekend as Exercise Shared Accord, in KwaZulu-Natal uitgevoer het,” het Monama gesê.

Die regering het verlede jaar ook ʼn maritieme oefening, Exercise Oxide, saam met Frankryk uitgevoer. Dit het in November by die Simonstad-vlootbasis in die Wes-Kaap plaasgevind.

“Ons wil dit omonwonde stel dat Suid-Afrika, soos enige onafhanklike en soewereine staat, die reg het om sy buitelandse betrekkinge in lyn met sy eie diplomatieke betrekkinge en nasionale belange uit te voer. Suid-Afrika sien Mosi II as ʼn geleentheid om tot die verdere versterking van die hegte bande tussen Suid-Afrika, Rusland en China by te dra.”

“In teenstelling met bewerings deur ons kritici laat Suid-Afrika nie sy neutrale standpunt oor die Russies-Oekraïense konflik vaar nie. Ons volstaan by ons siening dat multilateralisme en dialoog die sleutels is om volhoubare internasionale vrede te ontsluit. Ons moedig hierdie partye steeds aan om in gesprek met mekaar te tree en ʼn oplossing vir die huidige konflik te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

TruthDealer ·

As jy dink Amerika is n groter en beter vriend van SA as Rusland, wag daar nog n nare ontnugtering op jou.

Karlahari ·

Die ANC skop na jare nog steeds ‘n bohaai op oor Colonialism en hulle het vinnig sanksies teen SA aangevra oor aparte ontwikkeling.
Nou ondersteun hulle kolonisering van Ukraine en verwerp internasionale sanksies teen Putin?
Hierdie is ook die ideale geleentheid om USSR se wapen nood aan te vul. Veral 155mm ammunisie.
Tyd vir betoging by Richardsbaai.

Vriendelike Frikkie ·

Ek weet nie waar kry jy jou inligting nie, maar die hoeveelheid 155mm ammunisie (Lees G5 & G6) beskikbaar in SA kan nie eers in ons eie basiese behoeftes voorsien nie. Wat nog genoeg om mee te gaan oorlog voer.

Joseph ·

Dit is ‘n duidelikke teken dat julle komunisme ondersteun. Dink julle regtig die publiek is so dom om dit nie raak te sien nie en julle lieg stories glo.

Vriendelike Frikkie ·

Dis lankal bekend dat hulle kommunisme ondersteun. Niks nuuts nie.

Andries ·

Vraag Minister. Waarmee (toerusting gewys) gaan daar geoefen word en wie betaal di rekening? Dit kon vir Eskom diesel aankope gebruik word om ons gewone ouens minder beurtkrag te laat ervaar.
Maar met ons belasting vir diesel en krag opwekkers weet “top bestuur” mos ni wat is beurtkrag ni

Suzette ·

Sou ook graag wou weet – het hulle ooit toerusting wat werk? Weet hulle hoe werk dit?

Kokerboom ·

Ons is so moeg vir nuttelose kaders soos die se leë uitsprake, totale gebrek aan besef van wêreldrealiteite en hol kommentare. Ons is skape maar “ou” skape!

Anel ·

Die verskil is, die ander lande was nie komuniste nie!!!! En wie gaan betaal vir die sirkus? Wat gaan daar by ons geleer word? Ons het dan nie eens ‘n vloot nie!!!! En die sogenaamde minister, wat se militêre opleiding het sy of kwalifikasies! Wat ‘n sirkus! Haal solank die popcorn uit, want hier gaan dit lekker word!!! O, genade!!!!

Mariana ·

Jy vat die woorde uit my mond. Hulle dink regtig ons is idiote. Klomp ministers met geen kwalifikasies wil die land beheer. Regtig ‘n sirkus. Watter afdeling van hulle weermag, vloot of lugmag funksioneer nog, want dit is nie meer die wat voor ’94 bestaan het nie. Daardie was ons trots.

Staal ·

Ons is dan ‘n lid van die BRICS nasies. Hoekom mag ons dan nie oefen met die ander lede nie?

Vriendelike Frikkie ·

Charity begins at home. Ons gaan nou miljoene spandeer om saam met die groot manne te gaan speel, maar ons kan nie die ligte aanhou nie. Dis miskien ‘n druppel in die emmer, maar daardie miljoene kan baie beter aangewend word om die pyn van loadshedding te verlig vir mense wat bloei onder die beurtkrag.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Blah blah blah, yada yada yada……deur hierdie oefening, demonstreer die regering maar net weereens waar sy lojaliteite lê. Comrades!

Vincent ·

Ek dink nie enige ander lande wil in elk geval met die klomp patete oefen nie!!

Genis ·

Waarmee oefen hulle, alles is reeds ten gronde… speel ons wegkruipertjie?

Raadsman ·

Alles deel van Staatskaping – die geld is reeds betaal aan die regering en hul kan nou nie die rug draai nie.

Marcello ·

Wow !!! ‘n Mens kan mos nou nie die VSA met Rusland vergelyk nie. Rusland is kommunisties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.