Nios ontken SA man het ebola

Ebola-virus

Ebola-virus

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Donderdag bewerings ontken dat ʼn Suid-Afrikaanse man met die ebola-virus besmet is.

“Dit is nie korrek nie. ʼn Suid-Afrikaanse man wat as ʼn vlootbestuurder in Sierra Leone gewerk het, het angstig geraak met sy terugkeer en is verwys na die Addington-hospitaal [in Durban],” het Lucille Blumberg, adjunkdirekteur van Nios, gesê.

Volgens Blumberg het die man egter nie hospitaal toe gegaan nie, aangesien daar geen aanduiding was dat hy moontlik met die ebola-virus besmet is nie. Sy het gesê gesondheidswerkers wat met liggaamsvloeistowwe in aanraking kom, kan moontlik met ebola besmet word.

Die vakbond Hospersa het in ‘n verklaring gesê dat ‘n pasiënt wat ebola opgedoen het, uit die hospitaal “gedros” het. “Hospersa het van verskeie paniekbevange lede by Addington-hospitaal verneem dat toetse bevestig het dat die pasiënt ebola het en dat hy gister [Woensdag] uit die hospitaal verdwyn het,” het ʼn woordvoerder van die vakbond gesê.

The Star het Donderdag berig dat ʼn pasiënt wat vermoedelik ebola het, in die hospitaal opgeneem is. Die koerant het glo aan Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, gevra of ʼn bloedmonster geneem is, aangesien daar vermoed word die man het ebola, waarop hy geantwoord het, “Yebo” [ja].

Klik hier vir vorige berigte oor ebola.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois ·

Nou hoekom sal SA, van al die lande nou NIE Ebola gevalle hê nie? Dink die regering regtig ons glo hier is nie EEN enkele geval in SA nie, maar daar is in Spanje, VSA, UK….ons bly in Afrika mense!!

Deirdre ·

Ek is baie verbaas dat ons nog nie gevalle van Ebola in Suid Afrika het nie. My man werk in die Kongo en by al die lughawens waar hy kom word mense getoets vir Ebola. Land hy in Suid Afrika, word daar absoluut geen toetse gedoen nie. Ek neem aan Suid Afrika maak staat op ander Afrika lande om nie die siekte te versprei nie.

Pierre ·

Maar kyk. hulle reken seker die mense in SA is immuun teen ebola. Tot iemand regtig daarmee gediagnoseer word dan sal dit hulle byval om te kyk daarvoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.