Nóg 11 vas vir openbare geweld in Vrystaat

Foto ter illustrasie.

Elf mense is Maandagaand in Kroonstad in die Vrystaat in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld nadat hulle vroeër die dag alle ingange van dié dorp met brandende buitebande en klippe versper het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep inwoners het ook verbygaande motors met klippe bestook waarna hulle deur die polisie se eenheid vir openbare geweld in hegtenis geneem is.

Thakeng verduidelik dat dié inwoners ongelukkig is met die hofuitspraak van ʼn ander saak van openbare geweld wat gister uitgestel is waarna die betrokke verdagtes aangesê is om in aanhouding te bly.

Thakeng het nie dadelik op ʼn navraag gereageer of dié saak verwant is aan die voorvalle van openbare geweld wat net verlede week in die dorp plaasgevind het nie.

Maroela Media het vroeër berig meer as 60 mense is verlede Donderdag in Kroonstad in hegtenis geneem nadat die plaaslike poskantoor en munisipale motors gedurende ʼn betoging aan die brand gesteek is. Die poskantoor in die Phomolong-gebied van die dorp en motors van die Moqhaka-munisipaliteit het toe onder betogers deurgeloop.

Drie vragmotors is etlike ure daarna op die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad tydens ʼn onwettige betoging aan die brand gesteek.

Vyf mense is ook gister in Steynsrus, sowat 50 km van Kroonstad, in hegtenis geneem vir openbare geweld. ʼn Stuk of 300 inwoners van die Matloangtloang-nedersetting het Maandag buite dié dorp opgeruk en verbygaande voertuie met klippe bestook.

Die pad van Steynsrus na Senekal asook ʼn pad in die nedersetting is met klippe, brandende buitebande en padtekens versper. Vier Jojo-watertenks wat water aan die inwoners van Matloangtloang voorsien, het ook gister deurgeloop.

Die verdagtes sal Donderdag in die Kroonstad-landdroshof verskyn in verband met die jongste voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cyril ·

Vandag vas more LOS . niemand flous ons meer nie .. as die opstokers van die ANC of EFF is, kom hulle niks oor nie … NIEMAND dink regtig die mense gaan tronk toe nie, dis FOPNUUS om die wereld te laat glo dat hier LAW AND ORDER in SA is …

honourable member ·

Hierdie goed sal niks oorkom nie. 11 uit hoeveel honderde. Druppel in die emmer. Dis so belaglik dat hierdie mense maar net gelos word om af te breek.

Lance ·

Hoekom moet ek ten duurste betaal aan lisensie geld as ek ek nie vrye toegang het op sa paaie nie,die paaie word versper of voertuie word aan die brand gesteek.kan iemand vir my sê hoekom kan ek nie my eie brandstof invoer nie

Ronel ·

Dis totale chaos hier in Kroonstad. Klein kindertjies is bang om skool toe te gaan, mens kan nie in die aand gou bietjie gaan stap of draf nie, want jy mag dalk in ‘n spul betogers vasloop. Dis mos nie die land waarvoor ek so lief WAS nie? As my man net ja wil sê was ons gister al in Kanada.

George in Bloem ·

Vas? Hahahahahaha!! Seker al uit op R10 borgtog en dan gaan mens later niks van die saak hoor nie en die skade word nooit herhaal nie. Viva! Lekker man kekker hier in Azanie die land van breek en brand,moord en doodslag. Belaglik.

Attie. ·

Ek dink dat wanneer jy stem moet jy jou ID sowel as bewys van jou Sars no inhandig. Slegs SA burgers wat belasting betaal mag stem. Dit sal verseker dat die oproermakers en brandstigters nie stem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.