Nóg 92 poskantore se deure sluit

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: SA Post Office/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) het stilletjies nóg 92 takke gesluit. Daar is nou maar 1 122 funksionerende poskantore reg oor die land oor. Die getal het enkele maande gelede nog op 1 200 gestaan.

Dit het Woensdag tydens ʼn vergadering van die portefeuljekomitee vir kommunikasie bekend geword dat 50 van die takke waarvan die deure onlangs gesluit is, deur die eienaar van die gebou self gesluit is weens agterstallige huur.

Die nasionale posdiens se huur is tans sowat R338 miljoen agterstallig, wat beteken dat nog 571 takke se deure moontlik binnekort kan sluit. Dít nadat 146 takke van die poskantoor reeds in ʼn jaar se tyd toegemaak is.

Rekeninge hoop op

Dianne Kohler Barnard, die DA se skaduminister van kommunikasie, sê luidens sy antwoorde in die parlement is Sapo tans uit 105 van sy persele gesluit omdat sy rekeninge nie betaal is nie. Altesaam 22 takke se krag is weens wanbetaling afgesny.

Daar word ook gedreig om die personeel van 103 ander takke uit die gebou te sluit óf hul krag af te sny.

Intussen word Sapo voor die hof gedaag in 341 sake weens wanbetaling.

Barnard sê die sluiting van nóg poskantore is ’n groot teleurstelling vir die duisende inwoners wie se enigste toegangspunt vir hul toelae hul plaaslike poskantoor is.

“Die sluiting van poskantore het die uitkringeffek dat toegang tot kritieke dienste geweier word, veral vir kwesbare landelike gemeenskappe wat op poskantore staatmaak as hul primêre manier om hul toelaes te bekom.”

Die agteruitgang van Sapo is al geruime tyd rugbaar.

Maroela Media het vroeër berig Sapo sou in Februarie begin om personeel se salarisse met tot 40% te besnoei, terwyl duisende afleggings dreig.

Mediesefondsvoordele word intussen teruggetrek vir personeel en pensionarisse weens niebetaling – ondanks die feit dat die geld maandeliks van personeellede verhaal word.

Barnard sê die regering moet met belanghebbendes in gesprek tree om lewensvatbare oplossings te vind vir die finansiële volhoubaarheid van die Poskantoor, sonder om die lewering van kritieke dienste in die gedrang te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Perdeby ·

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) het stilletjies nóg 92 takke gesluit. Daar is nou maar 1 122 funksionerende poskantore reg oor die land oor.

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie jare gelede is die SAW se oproepinstruksies per telegram uitgestuur. En die poskantoor het jou gekry, waar jy ook al was. Vergeet van wegkruip. Maar vandag se Sapo sou my nooit gevind het nie.

Nici ·

Dit klink soos ‘n nare droom. Kan dit regtig waar wees dat die regering slegs suksesvol is as dit kom by die vernietiging van dienste, institusies en surplusse? Dit moes ‘n spesiale talent neem om sulke laagtes te bereik.

Gert ·

Wanneer jy ‘n boef die reg gee om te maak wat hy wil, moet jy stilbly. Ons het die land se regeringsmag vir hulle gegee, omdat ons hul jammer gekry oor ons sonde en toe begin alles en nou kla ons. Nee, ons moet voor die spieel staan en wonder. Die ergste is oppad.

Elma ·

Stem. En so is die meeste Afrikaanse burgers maar steeds apologeties oor daardie sogenaamde sonde. Dis n “mindset”

Chris ·

Dit sal goed wees indien die media eerder met ‘n tipe negatiewiteit na die tipe van dinge verwys. Die media moet op die man af te wees. Hierdie is “ANC mislukkte posdiens gevolge” , en die onderbreking in kragvoorsiening se onvanpaste naam van “beurtkrag” of “load-shedding” behoort glad nie te bestaan nie – dit is prontuit “ANC veroorsaakte krag-krisis” of “ANC Ekonomiese Krag Sabotasie van 10:00 – 12:30”. Indien die media dinge begin uitwys vir dit wat dit is, dan het ek hoop dat die kriminele elemente of deur die ANC, of deur die kiesers aangespreek sal word.

Kokerboom ·

Dinge frustreer die ANC. Dinge nl die opvoeter van Poskantoor gaan net te stadig na hul sin!!!

Strandloper ·

Wens die anc se deure wil sluit. Die padda piet doen sy bes met sy onosselheid net jammer hy verwoes alles in die proses

Matmiet ·

Baie geluk ANC, nog ‘n suksesvolle dekoloniseringspoging.

Andrew ·

wat jy saai, sal jy maai. So staak die werker klas sektor homself in sy “bout” in, transnet is volgende dan eskom.

Roebs ·

Ja nog ‘n ANC mislukking. Dit was in die vroeeer jare ‘n hub dinge het gebeur nou is die ook verby baie hartseer om te hoor dat iets wat so goed gewerk het tot niet gaan.

Wondermaarnet ·

Dit is ‘n ramp, want hoeveel van die werkers wat afgelê word is die enigste broodwinner. Die ANC sorg net vir meer chaos.

Piet ·

Die aflegging van “werkers” moet maar voor hulle deure ook geplaas word. Onvriendelik, onbehulpsaam, werk nie, hang net rond. Daarom gebruik mense nie meer die poskantoor nie.
Banke is volgende. Probeer geld trek by die toonbank – standaard opdrag – gaan trek by die otm. Binnekort vat die otm jou werk en jy sit op straat.

Republikein in die Wes Kaap ·

Binnekort gaan ‘n robot baie werkers vervang.

koos ·

ANC = Another National Crises
Ek kry die SAPO werkers jammer, ai man.

Nico ·

Weelde pas nie vir dwaas nie, hoeveel minder vir ‘n kneg om oor vorste heers, Sreuke 19:10. “Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop” Prediker 10:7. Dit is hoe dit in SA gaan.

Pippie ·

SAA, SA Express Airways, SA Nuclear Corporation, Denel, Transnet, SABC en nou SA Poskantoor en hulle dink hulle kan Eskom met ‘n nuwe minister red ?????

annie ·

… wel ek was gister by een was-gewees en op ‘n skokkende toneel afgekom van ‘n stoor met wye oop deure vol pakkies groot en klein gestapel vir enigeen om te vat want g’n veiligheidsdeur hetsy persoon was daar nie. Versekeringsmaatskappy betaal seker dat dit klap!

Koen ·

Aan hoeveel pakkies het jy jouself gehelp. Moes wees, want hoe weet jy mense kon dit doen en daarmee wgekom?

Barney ·

En steeds dink die poskantoor werker hy doen jou ‘n guns om jou te help. Is dit heeltemal onmoontlik vir hulle om die verband tussen goeie dienslewering en kliënte wat terugkeer en ‘n werk hê te verstaan?

Elma ·

Arme werknemers. Maar, jammer om te sê, die meeste van julle het nie veel gedoen nie.

Amelia ·

In Bybel praat van land wat so wit soos sneeu was maar nou soos swart soos stoofroet (alles in land het gewerk en was skoon maar nou werk niks en land is n rommelhoop met vullis oral )

Daisy ·

Waarvoor het mense mog poskantoor nodig. Ek self kan nie onthou hoeveel jare laas ek in een was nie en toe was dit al patetiese diens

Kobie ·

Alles waaraan die A.N.C vat is ‘n “Disaster” … Poskantoor, Telkom, SAA/SAL, Inkomstediens, Polisie (wag al 10 mande vir my vuurwapenlisensie hernuwing), Spoorweë (Transnet / PRASA), Eskom, Korrektiewe Dienste, Onderwys, Hospitalisasie, Weermag, Lugmag, Vloot … Noem maar op!

Nie Verbaas ·

Moenie te gerus wees nie, Eskom is kort op poskantore se hakke. Viva SEB, viva ANC. Daagliks bewys die ANC aan die wêreld hoe bekwaam hulle is.

Ruby ·

Jare terug het die dames ook uniform gedra en jy kon hulle deur ‘n ring trek.

Vandag se uhm..mense skreeu en lag eers dat die sop spat en kyk jou aan dat jy hulle nou eintlik pla. Ongeskiktheid is aan die orde van die dag.

Kry vir julle!

Oosie ·

As ek dit so kyk gaan die werksloosheid % weer styg.. wonder baie hoe hul aan daai getalle kom.. dink ook meeste van die tyd is dit ñ liegery net om die land te sus en om oogklappe sover as moontlik vir die mens daar buite voor te hou..

Gerrie ·

Welgedaan ANC! Julle het Suid-Afrika tot in die grond in afgebrand sodat julle oor die as en houtskool kan regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.