Nog duisende staatsamptenare staak Dinsdag

Lede van die Vereniging van Staatsamptenare het verlede week ook teen die verhoging betoog. (Foto: VSA, Facebook)

Sewe vakbonde wat nagenoeg 800 000 staatsdienswerkers verteenwoordig sal Dinsdag staak nadat ʼn dooiepunt in loononderhandelings bereik is.

Die vakbonde, onderskeidelik by Cosatu, Fedusa en Saftu geaffilieer, sê hulle kan nie langer toekyk hoe die regering die kollektiewe bedingingsproses en die regte van werkers wegkalwe nie.

Die vakbonde sê die land se meer as ʼn miljoen staatsamptenare se harde werk verseker dat landsburgers staatsdienste ontvang, terwyl hulle self moeilike lewensomstandighede moet verduur. Boonop word ekstra werk van hulle verwag omdat die staat versuim om vakante poste te vul.

Wanneer hulle vra vir ʼn billike verhoging, is die regering egter ongenaakbaar, het die vakbonde in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

Hulle beoog dus om dienste by verskeie staatsinstellings, soos hospitale en howe, Dinsdag te ontwrig uit protes teen die 3%-verhoging – veel laer as inflasie – wat die regering aangebied het. Werkers eis ʼn 10%-salarisverhoging, asook ʼn aanpassing aan die behuisingstoelaag, beursskemas vir kinders van staatsamptenare, toegang tot die pensioenfonds voor aftrede en die uitbetaling van verlof.

Vakbonde bestempel die regering se weiering om aan die eise toe te gee as ʼn “goed gekoördineerde aanval op die staatsdiens en sy werkers”.

Die staatsamptenare sê hulle het onderhandelings nou ʼn kans gegee en dat die onlangse eensydige inwerkingstelling van die 3%-verhoging hulle nie gaan afskrik in die stryd om beter vergoeding nie.

“Ons het gevra vir die vergroting van die staatsdiens se salarisrekening sodat meer onderwysers, polisiebeamptes, verpleegsters, korrektiewe dienste-beamptes, verkeersbeamptes, gemeenskapsgesondheidsorgwerkers, maatskaplike werkers en ander staatsamptenare aangestel kan word om te voldoen aan die internasionale standaarde oor die lewering van gehalte dienste aan Suid-Afrikaners.”

Dinsdag se protesoptrede sluit in ʼn optog na die nasionale tesourie se kantoor in Pretoria en betogings by plekke soos hospitale en hawens.

“Ons werkplekke sal struggle-plekke word totdat die regering tot sy sinne kom.”

Vakbonde wat aan die protesoptrede gaan deelneem, sluit in Nehawu, Popcru, Sapu, Denosa, Nupsaw en Hospersa. Hulle sê betogings sal ná Dinsdag voortgesit word tot ʼn volskaalse staking verklaar word.

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) het verlede Donderdag ook ʼn dag lank gestaak uit protes teen die loonaanbod.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

My siening ·

Doen julle werk en lewer diens, mens kry nie verhogings as jy arugant en lui is nie maar op meriete!

Friedrich ·

So min as moontlik doen vir soveel as moontlik salaris.

JohanR ·

Hie sal ons weet hulle staak? Is hulle nie elke dag maat by die huis nie op volle salaris?

Johan ·

Goeie een, ekt nog nie agtergekom dat hul staak nie….wat doen hulle OOIT.

Friedrich ·

Maar kom verkiesings tyd stem hulle weer vir dieselfde party. Dit gaan my verstand te bowe!

M ·

Ek gun die enkele honderde mense wat regtig hard werk ( en sommer óók die van die “rond-hangers” ) ‘n goeie verhoging, maar gun die honderdduisende wat lêers weggooi en nie hulle telefone beantwoord nie … nét mooi niks.

Johnny ·

Ek stem heelhartig saam. Daar is wel grootskaalse wanadministrasie en sommer net slegtigheid onder baie staatsamptenare. Ek verstaan ook die frustrasie van die algemene publiek rondom swak dienslewering maar dit is ook so dat daar honderde en duisende staatsamptenare is wat regtig hul kant bring en uit hul pad gaan om wel dienste te lewer ten spyte van swak administrative, korrupsie en swak top en middelbestuur.

Henry ·

Ek is bly hulle sè ons. Anders sal ons nooit weet hulle staak nie indien hulle nie vir ons sè nie

Jaco ·

Ek sien die Vereniging van Staatsamptenare staak ook – meestal “ons eie mense”. Selfde met die Eskom staking vroeër vanjaar – ook “ons eie mense”.
Wit mense in dié simpel anti-wit SA moet eerder elke dag ‘n uur lank op hulle knieë vir die Vader in die hemel dankie sê dat hulle wel nog werk het en nie meedoen aan nonsens soos stakings nie.
Ek is al by my werk gevra om mee te doen aan allerhande protesaksies teen die bestuur. Ek het met die redes vir die protes 100% saamgestem, maar my daar uitgehou. Die gesukkel om as wit Afrikaanse man ouer as 50 weer werk te kry, is eenvoudig te moeilik.

Pannies ·

Ontslaan die hele lot en stel mense aan wat wil werk en nie net op n payroll wees nie.
Hulle kan vir hoër salarisse op ander plekke gaan soek.

Anel ·

As julle nie wil werk vir die geld wat julle kry nie, gaan kry ander werk. Ek is seker daar is duisende wat daardie werk sal doen vir daardie astronomiese salaris wat van julle kry vir niks doen in elke geval. Julle het deur die hele pandemie vol salaris gekry om by die huis te sit. Daar is duisende mense wat hulle werk verloor het en smag om iets te doen. Julle kla met die wit broid onder die arm. En niemand hou ‘n geweer teen jou kop en sê dat jy moet werk waar jy werk nie. So loop en gaan kry ander werk. Moennie die belastingbetaler gyselaar hou vir jou sleggheid nie. So oor al hierdie lui spul en hulle stakings!!!

Ettienne ·

Ek het enkele jare gewerk vir ‘n staatsdepartement in die arme Vrystaat. Dit het my altyd opgeval hoeveel weelderige motors en SUV’s van hierdie amptenare kon bekostig op hulle sogenaamde “hongerlone”. Ek glo ook dat die PSA waarvan ek nie meer lid is nie onverantwoordelik is om staking aan te moedig. Hierdie land se ekonomie kan dit nie bekostig nie. Maar nou ja, wanneer jou ledetal grootliks uit ‘n sekere meerderheidspopulasie bestaan, dan is populistese eerder as verantwoordelike besluitneming aan die orde van die dag?

Nico ·

Die vakbonde weet daar is nie geld vir verhogings nie dan kom hulle, hul betogings, almal onopgevoede vakbonde, asook ongeletterd.

Veronika ·

Watter dienste?? Ja gee vir die wat het nog meer en vat my ons pensioenarisse extra want ons kry mos rente……..

Mickey ·

Moenie almal wat in die staatsdiens werk kam onder die selfde kam. :(

Nommer 7 ·

Ja, ek lees die kommentare en dink, as almal so ontevrede voel oor staats-onderwysers, hoekom dan nie hul kinders in privaatskole sit nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.