Nóg ʼn ANC-kader aan die hoof van die SVA

Thembisile Majola (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa se aanstelling van Thembisile Majola, voormalige adjunkminister van energie, as die eerste permanente direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), word beskryf as ʼn politieke slenter, gebaseer op die Jacob Zuma-era van ANC-politiek.

Dianne Kohler Barnard, die DA se skaduminister van staatsveiligheid, sê die president het met dié aanstelling heeltemal die bevindings van die hoëvlak-hersieningspaneel van die SVA geïgnoreer. Dié paneel het bepaal daar is al minstens die afgelope dekade ʼn “ernstige verpolitisering en faksionalisering van die intelligensiegemeenskap”, gebaseer op faksies in die regerende party.

Dit het gelei tot ʼn algehele minagting van die Grondwet, beleide, wetgewing en ander voorskrifte. Volgens die paneel is die siviele intelligensiegemeenskap verander in ʼn privaat hulpbron om die politieke en persoonlike belange van spesifieke individue te dien.

“Trouens, dit lyk of Majola se geskiedenis in die ANC, terwyl sy in ballingskap was, ʼn beduidende rol gespeel het in haar aanstelling. Dit is nie goeie nuus vir die agentskap nie. Met Majola aan bewind, sal dit die SVA skynbaar vry staan om voort te gaan met sy spioenasiespeletjies wat slegs ten doel het om tot voordeel te strek vir die president se herverkiesingsveldtog later vanjaar.

“Suid-Afrika het ʼn desperate behoefte aan intelligensie om ons leiers te help om wyse besluite te neem – plaaslik en internasionaal. Besadigde, feite-gebaseerde besluitneming is iets wat al dekades lank tekort skiet. Die verslag oor die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng ná oudpres. Jacob Zuma se inhegtenisneming verlede jaar, het bevind daar was verskeie leemtes in intelligensie. Dit kan nie só voortgaan nie.”

Kohler Barnard sê dit is onverklaarbaar hoe die president net nóg ʼn kader aangestel het in die amp.

“Ons glo die direkteur-generaal van die SVA moet nie ʼn kader wees wat net sekere faksies in die ANC dien nie. Die amp moet gevul word deur ʼn persoon wat ʼn loopbaan gevolg het in die intelligensiegemeenskap. Iemand sonder politieke verbintenisse, wat die belange van die land en sy burgers bó die belange van ʼn selfsugtige ANC sal plaas. Ons land moet eerste kom, nie die ANC nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Elizabeth ·

Ek is nie altyd seker Cyril het al sy varkies op hok nie. Wie en wat dryf hom? Hy verloor net respek.

SlinkseKoljander ·

Ek hoor sy het gunsies vir hom gedoen onder die tafel, dit is hoekom sy die pos gekry het.

Nie Verbaas ·

Nog n eerste prys vir Ramaphosa in die nar van die Jaar kompetisie.

Hennie ·

Kan sommer sien sy kan nie wag om ‘n boggerop te maak van haar joppie nie! Diefstal in aanvang!

Ettienne ·

Wanneer ‘n president veg om politieke oorlewing gaan hy nie die land eerste stel nie.

Nie Verbaas ·

ANC get nog nooit die land eerste gestel nie. Alles gaan oor eie gewin en die nar party.

Yvonne ·

Ek is oor niks meer verbaas nie…..maar daar kom n dag????

Kobus ·

Verskeie toekennings word jaarliks gemaak vir uitsonderlike prestasie. My toekenning aan die Grootste teleurstelling gaan aan Ramaposa. Dit wil voorkom of hy in sy eie wentelbaan beweeg en onbewus is van die implikasies van sy optrede………..of hy word deur sy eie NUK gekaap en moet doen soos hulle beveel. Sies Ramaposa, ek het heeltyd geglo dat jy karakter het. Ek is erg teleurgesteld

Elméne ·

Kobus ek beaam alles wat jy sê – BEHALWE die deel waar jy kon GLO dat ramapabroek” karakter” het!!

Jannie van Niekerk ·

Dit gaan nie oor staatsveiligheid nie, dit gaan oor beheer om rampokkers te beskerm.

SlinkseKoljander ·

Adjunkminister van energie, so Eskom reg?? So sy het geen idee wat sy doen nie en is nie gekwalifiseer vir die pos nie. Kyk net daai BEE smile op haar gesig, dit se alles!

Mooi Cybil plaas nog van jou kaders in poste waar hulle nie hoort nie!

Frederik C ·

Suid Afrika het inderdaad ‘n spesiale behoefte aan intelligensie, hoofsaaklik weens die ANC se tekort daaraan.

Nie Verbaas ·

Ramaslap wil seker maak hy land nie agter tralies nie.

Di ·

Lyk my die ANC leer net nooit ‘n les nie, als stort in duie weens die ANC kader aanstellings maar nog steeds doen hulle presies dieselfde! Ek beskou dit as pleinweg onnosel, arrogant en selfsugtig. Vir hulle het dit nog nooit oor die land gegaan nie, als oor mag en selfverrryking. Tipiese kommuniste!!

minnie muis ·

slogan …..” i still know what you did last summer “

Kokerboom ·

Die man het lankal reeds ALLE positiewe verwagtinge gekoester met sy aanstelling totaal vernietig. Net weersin in hom bestaan. Hul denke is absoluut verrot! Die ANC sal naas Putin in geskiedenis afgaan as die grootste vernietiger van denke, vryheid en ontwikkeling

Swerwer ·

Ongelukkig stel Kommunisme hulself eerste en enigste en gee nie ‘n duit om wat en hoeveel vernetig word nie.

Jaco ·

Dit het maar in die ou SA ook gebeur. Broederbonders het top poste in die staatsdiens gekry. Bekwaamheid het wel ‘n groter rol as by vandag se kaderontplooiing gespeel, maar daar was tog ook gevalle waar Broederbonders in die top poste minder bekwaam was as andere wat ook vir daardie poste aansoek gedoen het. Dié wat my nie glo nie, gaan lees net die Afrikaanse Wikipedia artikel oor Gideon Roos, voormalige hoof van die SAUK. Hy was nie ‘n Broeder nie en hy wou die SAUK ‘n neutrale openbare uitsaaier maak. Die regerende Nasionale Party en die Broederbond het allerhande skuiwe gemaak om vir Roos uit die SAUK uit te werk. En so was daar baie ander gevalle…

Swerwer ·

Dit sal altyd ‘n Politieke Magspel bly. Gaan kyk maar na die Vryemesselaars en Broederbonders . As jou ouers aan een van die 2 Organisasies behoort het, was jou pad vorentoe vir jou oop, ongeag of jy bekwaam was of nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.