Nóg ʼn universiteit gesluit weens betogings

Rhodes-Universiteit

Rhodes-Universiteit

Alle akademiese aktiwiteite by die Rhodes Universiteit is Maandag opgeskort nadat meer as 100 betogende studente die kampus tot stilstand gedwing het.

Die studente, sommige met stokke bewapen, het sedert sonsopkoms ingangspaaie na die universiteit afgesper. Die betogers het selfs mense wat by die Rhodes-gimnasium wou oefen, voorgekeer en verjaag. Die studente betoog teen ʼn voorlopige minimumfooi-betaling, verhogings in studiefooie en algemene universiteitskoste.

Dr. Sizwe Mabizela, visekanselier van die universiteit, het in ʼn omsendbrief aan universiteitspersoneel gesê die bestuur is bewus van die betogingsaksie by ingange na die kampus en koshuise en daarom is alle bedrywighede vir die dag opgeskort. Die Rhodes-studenteraad het op sy Facebook-bladsy ʼn beroep op studente gedoen om aan die betoging deel te neem aangesien die hoë fooie almal raak.

Die sluiting van die Rhodes-kampus volg kort ná betogings by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) verlede week, waartydens dié Johannesburgse universiteit ook tot stilstand gebring is. Die Wits-raad het Sondag vir etlike ure vergader om die ooreenkoms wat Saterdag tussen die uitvoerende raad en die studenteraad bereik is, te bespreek. Die raad het gesê dat hy Maandag teen 12:00 aan studente en hul verteenwoordigers terugvoer sal gee.

Wits sal Maandag steeds gesluit wees, maar akademiese bedrywighede sal na verwagting Dinsdag hervat. Die studente het betoog teen ʼn 10,5%-verhoging in die studiefooie vir 2016. Die universiteit het Saterdagoggend ingestem om die verhoging in fooie terug te trek totdat ʼn ooreenkoms met studente bereik kan word.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bets Bothma ·

My kinders het geswot, al 3 en ons het dit uit ons sal betaal. Ons het geen studielenings of studiebeurse gekry nie, inteendeel, my dogter het R5000 gekry vir 1e span netbal speel, en toe sy beseer is en nie verder kon speel nie, toe vat hul die R5000 terug in die helfte vd jaar. Ek en my man het n klein besigheid en werk 7dae per week. My jongste werk oorsee om haar 2e graad se skuld te betaal, sy kon nie werk kry met n ordentlike salaris in SA om van te leef en haar studies te betaal nie. Ons het nie gestaak nie, ons het nie afgebrand nie, ons het gek.k en betaal!

celeste ·

Dit was eers die taal kwessie, nou is dit nie klas gelde. Volgende gaan hulle betoog want hulle slaag nie want moenie vir my vertel hulle leer terwyl hulle betoog nie. Hulle leer nie eers al betoog hulle nie. Dis belaglik, alles is nie verniet in die lewe nie. Skors hulle en kry klaar. Daar is reels by Universiteite. Val in of kry jou ry. Dit kan nie so aangaan nie

Winston ·

Johann ek kan net saamstem met wat jy gesê het. Niks sal verander nie. Wat hy wil hê word nooit versoek nie maar ge-eis. Ironies dat dieselfde eisers maande later op straat bakhand staan en bedel sonder skaamte of geheue wat hy aan homself gedoen het. Geen ambisie behalwe in n trop waar hy maak soos die leier en breek,skree, eis, mors, moor en verwoes nie.

Carel ·

Kom ek waag ‘n kans. Ek sou se 95% van al hierdie studente wat nou begsig is met hierdie betogings, kom nie deur nie. Hule is tien teen een al so drie jaar op kampus, en het nog nie eers hulle eerste jaar klaar nie. Of is ek biejie rof met die 95%.

Bruno Stef ·

Dit is nou tipiese “Mob Rule”en as hulle nie hul sin kry nie word die Universiteits Personeel gevange gehou en ge-intimideer verwag maar dieselfde by ander Universiteite die doelpale word elke keer net verder verskuif.

irene ·

Klomp marone geen IK nou moet ons n D nasie bou en saam hande hou nooit

Basta-met-dit ·

Ek praat glad nie die geweld en ander nonsens goed nie, maar as ouer ondersteun ek verantwoordelike en rustige staking…want TUKS gaan blykbaar met 50% op. Hulle staak Woensdag. My kind LEER haar alie af, haar punte is 75% vir al haar vakke, sy werk elke vakansie, ons gee elke sent wat ons kan, en nog is dit het einde niet. Nee man. Staak gaan ek nou staak – lyk my dis al wat help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.