‘Noodtoestand oor krag nie die antwoord’

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. (Foto: VF Plus)

Die Vryheidsfront Plus het Donderdag gesê dat ʼn noodtoestand oor krag nie nodig is om die elektrisiteitskrisis in die land op te los nie.

Die party meen die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, word deur die Wet op Elektrisiteitsregulering in staat gestel “om die huidige administratiewe rompslomp deur byvoorbeeld private elektrisiteitsopwekking uit te skakel”.

Maroela Media het vroeër berig dat daar in die media sprake is dat pres. Cyril Ramaphosa oorweeg om nog ʼn ramptoestand in die land af te kondig om die voortslepende kragkrisis te hanteer. Die burgerregteorganisasie AfriForum het reeds gedreig om die hof op ʼn dringende basis te nader sou die regering wel met so ’n besluit voortgaan.

News24 het vroeër vandeesmaand berig dat hierdie moontlikheid tydens die ANC se nasionale uitvoerende komitee se vergadering geopper is. Volgens sy bronne is daar egter nog geen konkrete besluit hieroor geneem nie. Business Day berig dat die president egter so gou as volgende week ʼn familievergadering sal hou om “dringende stappe” aan te kondig om die energiekrisis op te los.

“Die VF Plus het al by herhaling sy standpunt gestel dat oplossings vir die land se kragprobleme buite die staat se direkte invloedsfeer in private opwekking lê,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus, gesê.

“Om dit te vermag, is dit nodig om administratiewe rompslomp uit te skakel en beleid te verander waarvoor geen noodtoestand nodig is nie. Eerder as ’n noodtoestand moet die parlement se kiesafdelingsperiode opgeskort word en moet die parlement ’n noodbegroting oorweeg, nodige wetwysigings maak en die nodige oorsig doen om die krisis te hanteer.”

Groenewald sê ’n noodtoestand se moontlike regulasies om verkrygingsprosesse uit te skakel, sal die deur ooplaat vir korrupsie soos wat met die Covid-19-ramptoestand gesien is.

“Daarbenewens is enige reddingsaksie se kans op sukses gering met die ANC aan stuur van sake. Jarelange en peperduur reddingsaksies by die Suid-Afrikaanse Lugdiens en ander staatsentiteite en munisipaliteite getuig daarvan.

“Die VF Plus vrees ook dat die regering ’n noodtoestand kan misbruik om ontoepaslike, omgewingsonvriendelike oplossings deur te dwing wat nooit gewone regulering en marktoestande sou oorleef nie.”

Groenewald sê die kern van Eskom se ineenstorting lê eindelik in die totale onvermoë van die regering en die direkte gevolge van regstellende aksie (RA) en korrupsie. “Dit het onlosmaaklik deel van die ANC geword.

“Suid-Afrika se ligte sal eers weer aangaan wanneer daar van die ANC ontslae geraak word.” 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Waarnemer ·

Hou hierdie spasie dop….die noodtoestand gaan die weg baan vir cyril en jeff en brian om hulle kragreus op ons af te dwing….Eskom gaan geheel en al vou en die nuwe kragreus gaan bekend staan as AREP electricity commission met vyril;heff en brian aan die stuur van sake….

Christine ·

Patrice Motsepe is besig om daai kragreus te bou. Is hy nie Cyril se swaer nie? Nuwe monopolie om die burgers te loot.

KatjieDeKat ·

Wel as Patrice se kragreus WERK is dit goed. Ek gee regtig nie om Waar my elektrisiteit vandaan kom nie, solank ek ek dit net kan kry.

miche ·

My gevoel is dat die voorgenome Noodtoestand nie gaan oor krag/ energie nie. Iets Anders aan die broei…

agnes ·

SA gaan gebuk vanaf 1994 onder korupsie en onvermoe. Dis tyd dat die ANC totaal weg raak.

Anel ·

Solank as wat die komuniste aan die stuur van die land is, sal niks weer werk nie!!!

Kokerboom ·

Noodtoestand nodig om van ANC gemors ontslae te raak. Sluit hele gespuis op op Robben Eiland

AJ ·

Die ANC probeer voorgee dat die NOODTOESTAND genoodsaak word deur BEURTKRAG … maar dis onwaar!

Die ANC vrees ‘n STAATSGREEP deur die RET faksie?

AJ ·

Die ANC het 30 jaar tyd gehad om ESKOM
te bestuur maar het skouspelagtig misluk.

So wat nou?

Groot organisasies soos SOLIDARITEIT kan:

1. massa aankope van sonpanele in China doen om dit teen billike pryse in SA aan lede te verkoop ten einde bottelnekke met voorsiening van panele en prys manipulasie te voorkom.

2. Internasionale befondsing (gunstige lenings) te bekom vir lede wat solar instaleer.

Dit sal die SOLAR REVOLUSIE bespoedig!

annie ·

Mens kan jou kop op ‘n blok sit dat ons teen Desember wel ‘n noodtoestand sal benodig met die baie adelikes wat glo die troon kom hul toe. Die kanse is goed dat daar dalk vertrappings by die paleishek kan wees soos die druk toeneem. ‘Covid’ kan skielik weer opvlam op verdere vlamme te keer. Maskers is nou goedkoop. Dink daaraan.

Jack ·

Ons is al 25 jaar in die noodtoestand. Die sitbank geld gaan nou handig te pas kom om die nuwe privaat kragreus te befonds. Nog n koei om te melk

Esme ·

Ondersteun net die Bestuur van Eskom en hou op om hulle werk te saborteer. ‘n Noodtoestand gaan iemand weer verryk en dit gaan beslis nie ek en jy wees nie. Die land is alreeds in chaos gedompel en as die President sulke aankondigings maak, is dit net om die aandag van Phaala af te lei, sodat gemeenskappe moet ly. Skandalig om die minste te se.
VF Plus, ons probeer selfvoorsienend word en het werklik nie nog ‘n Noodtoestand en Korrupsie nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.