Regsaksie kom as regering wéér ramptoestand instel

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Presidensie/Twitter)

Die burgerregteorganisasie AfriForum dreig om die hof op ʼn dringende basis te nader sou die regering besluit om weer ʼn ramptoestand in te stel – dié keer vir die voortslepende kragkrisis wat die land in die gesig staar.

Dit kom ná mediaberigte dat pres. Cyril Ramaphosa oorweeg om nóg ʼn ramptoestand af te kondig.

News24 het vroeër vandeesmaand berig dat hierdie moontlikheid tydens die ANC se nasionale uitvoerende komitee se vergadering geopper is. Volgens sy bronne is daar egter nog geen konkrete besluit hieroor geneem nie.

Volgens ʼn berig in Business Day kan die president egter so gou as volgende week ʼn familievergadering hou om “dringende stappe” aan te kondig om die energiekrisis op te los.

Ramaphosa het in sy jongste weeklikse nuusbrief gesê dat hy steeds met die betrokke ministers en senior amptenare vergader oor verskeie bykomende maatreëls om pogings om kragtoevoer te verhoog, te versnel. Besonderhede oor die maatreëls wat beplan word, is nog nie bekend nie.

Desnieteenstaande staan AfriForum gereed om regsaksie te neem indien nog ʼn ramptoestand wel afgekondig word.

Volgens die organisasie het die regering die afgelope paar jaar bewys dat hy nie vertrou kan word met die uitgebreide magte wat ʼn ramptoestand aan hom verleen nie. Hy meen dat nog ʼn ramptoestand net misbruik sal word – soos met die Covid-19-ramptoestand – om “politici te verryk, onreëlmatige tenders uit te deel en parlementêre oorsig vry te spring”.

Ernst van Zyl. (Foto: Verskaf)

“Dit wil voorkom of die rampbestuurswet nou die regering se nuwe gunsteling‑voertuig geword het om korrupte aktiwiteite te vergemaklik en uit te voer,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“Die wet word duidelik misbruik en ʼn sogenaamde ramp wat deur wanbestuur veroorsaak is, val beslis nie binne die bestek van die wet nie.

“Die feit dat kragonderbrekings Suid-Afrika nou al vir 14 jaar teister weens wanadministrasie, rasbeheptheid, korrupsie en vasklou aan Eskom as kragmonopolie, is ʼn katastrofe. Juis daarom kan ons nie die regering vertrou met bykomende magte nie, tensy ons ʼn tweede ramp wil bylas by die kragkrisis.”

Suid-Afrika gaan die afgelope tyd gebuk onder die voortslepende beurtkragkrisis wat nou al weke lank voortduur. Die kragvoorsiener het Suid-Afrikaners by verskeie geleenthede daaraan herinner dat beurtkrag slegs as ʼn laaste uitweg ingestel word om die nasionale kragnetwerk teen ʼn totale ineenstorting te beskerm.

Die land is onlangs in fase 6-beurtkrag gedompel nadat sommige Eskom‑werkers weens ʼn loongeskil met die kragvoorsiener gestaak het. Die situasie is vererger deur kragstasies wat glo onder sabotasievoorvalle deurgeloop het.

Eskom het egter Woensdag aangekondig dat daar ʼn skrale verligting in die beurtkragfases vir die res van die week is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

JohanR ·

Nou wat behels ‘n ramptoestand? Ons is tussen 6nm en 6vm toegesluit? My gooiste hierdie ANC regering moet loop!

Porseleintjie ·

Kom sê weer? En wat sal die ramptoestand vir die man op voetsoolvlak beteken? Die parlement is die enigste ramp. Julle spring beurtkrag vry, so wat is jou eintlike rede vir die gek idee?

Robert ·

Hulle doen dit oral in die wereld tans… hopelik is daar genoeg mense wat deur die leuns sien en NEE se.

Elize ·

Voor hy kan dink aan so iets wil ons eers weet hoeveel Eskom werkers is in hegtenis geneem vir die ONWETTIGE staking wat eintlik neerkom op sabotasie van die land se kragnetwerk.

Cecilia ·

Die werkers is nou al lank trug maar ons kry nog loadshedding, dink jy rerag dis die staking se skuld dat daar al 14 jaar lank load shedding is.

krodedil ·

Stem Cecilia. Kragstasies moet 3 to 4 weke se steenkool en water On-Site beskikbaar hê indien daar probleme ontstaan. Dis ‘n groot lieg wolkskerm.

Wondermaarnet ·

Hulle moes nie teruggaan werk toe nie, maar onmiddellik ontslaan word en kan vervang word met bevoegde mense.

Robert ·

Ramparra, nie nodig om ons te betrek nie… ons kan al lankal sien daar is ‘n ramp… sorteer die ESKOM vakbonde uit war terrorisme beoefen deur sabotasie te pleeg.

Manie ·

Sal ons tydens die krag ramptoestand mag rook, oop skoene dra, sonder maskers rondbeweeg, saans vrye teuels hê om by vriende en familie te kuier en ‘n drankie mag geniet? (LOL)

Atta ·

Ja, maar jy sal nie jou flits tussen sononder en sonop tydens beurtkrag mag gebruik nie.

Vettiemaragartos ·

As die hele land saamstaan en hulle nie aan die ramptoestand steur nie? Wie gaan almal arresteer? Hoedman en sy tuindwergies?

Skadu ·

Hierdie ramptoestant gaan nie lockdown of die man op straat beperk nie. Hierdie kom dan neer op hulle kan geld gee aan wie hulle wil sonder om aan enige iemand te antwoord.

M.a.w net nog miljarde tax rande wat gemors word en ons bly steeds in die donker.

Maar die skuld bly Jan van Riebeek sin.

Prikkie ·

Ek is mal oor die term Hoedman en tuindwergies. Hoe heerlik lag ek nou hier in die donker!

Toy ·

Dit is elke dag ‘n ramp met loadshedding , water probleme, misdaad ens ens.

Witbaard ·

Permanente beurtkrag, hier kom ons. Dan is dit weer 2 jaar se hofsake en dreig voordat die ramptoestand opgehef word. Hier moet nou pro aktief opgetree word. Solidariteit en AfriForum moet dringend help.

Albertus ·

Dis tyd dat SA opstaan teen regering, anders gaan daar niks oorbly nie

Di ·

Ons grootste RAMP is DIE REGERING en MISDAAD! Kriminele het land oorgeneem onder hierdie spul se neuse en hulle kom met hierdie SNERT!

Anel ·

Die grootste ramp in die regering. Verder hou die Eskomwerkers die belastingbetaler gyselaar deur te staak en hoër lone te eis. Dis sabotasie. En hulle weet daar sal aan julle eise voldoen word, dis hoekom hulle doen wat hulle doen. En dit moet end kry. Raak van vakbonde ontslae en dan van die onbevoegde regering. Geen ramptoestand hoef afgekomdig te word nie want die regering is klaar ‘n ramp!!!

Wielspore ·

Die berig is nie objektief en verduidelik niks wat die betekenis van Krag krisis ramptoestand is. Volgens my kennis gee ‘n ramptoestand die land se president die reg om tydelike wette te maak en te implementeer ten einde die krisis af te weer. Dit kan baie beteken, soos die verwydering van onwettige krag installasies, afsny van krag na nie betalende huishoudings (Dorpe/Woongebiede ens), aanstelling van oud ESKOM werknemers wat oor die nodige kennis beskik om ESKOM te red.

KatjieDeKat ·

Maar hoe gaan Ramaphosa die onwettige verbindings laat afbreek en nie-betalende gebruikers kan laat betaal? Want dan brand hierdie land af tot op die grond. Die ANC het miljoene der miljoene mense te lank bederf. Ek weet nie hoe hulle nou dit sal kan omkeer nie, al wil hulle ook hoe graag.

Martin ·

Ons regering tans aan bewind is tans die grootste ramptoestand. Die volgende Suid-Afrikaanse algemene verkiesing sal in 2024 gehou word om ‘n nuwe nasionale vergadering sowel as die provinsiale wetgewer in elke provinsie te verkies. Ons huidige regering aan bewind het sedert 1994 bewys dat hulle totaal onbevoeg is om ‘n land te regeer. Stem volgende keer vir ‘n beter party.

Sonblom ·

Ongelukkig die meerderheid mense wat vir ‘n beter party moet stem, lees nie MM nie.

voor ek vergeet ... ·

Ons gaan binnekort hoor van nog ʼn nuwe vorm van bystandstoelaag wat aan ‘our people’ maandeliks betaal gaan word om op te maak vir die ekstra uitgawes wat hulle moet aangaan vir krag. Nes die spesiale COVID-19-toelae vir maatskaplike verligting van nood, gaan bykomende toelaes, seker maak die ANC verloor nie ondersteuners by die stembus nie …

chris ·

Die WEF ( Hierdie keer nie WHO nie) sal deur die Wereldbank /Navo weer ‘n bydrae maak wat terugbetaalbaar is.Seker hoekom die VSA en die RSA gesamentlike weermagoefeninge in KZN doen.

KatjieDeKat ·

As die WEF hul geld wil weggooi staan dit hulle vry. Hulle kan dit immers veel beter bekostig as die vuisvoos belastingbetalers!

Henry ·

Die probleem is as daar nie n ramp toestand is nie is die anc hulle nie in beheer. Hulle voel so belangrik dat hulle vir almal kan sè wat om wanneer te doen. Die anc weet hulle is geweeg en te lig bevind. Hulle dae is getel.

Miskruier ·

WHO praat ook al weer van maskers, gaan ons weer ore aangesit word?

Papsak ·

Ag asb die regering wil nou alles gemaklik he hulle ry nou weer op die rug van ramptoestand dit is nie n oplossing vir krag probleem nie hulle wil vir Mnr De Rhyther uit he en asb moenie hulle sin vir hulle gee nie want hierdie krag is sabotasie en niks meer nie Ramaphosa hou net jou bek toe asb jy en regering us die grootste ramptoestand vir hierdie laand

Jack ·

Wil ramkat niu al die krag vir homself vat en uitdeel aan kaders. Is dit die ramptoestand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.