Só lyk vooruitsig vir beurtkrag nou

(Argieffoto: Eskom/Twitter)

Eskom het die jongste beurtkragskedules vir Woensdag en Donderdag bevestig en daar is darem effens lig in die tonnel.

Die kragvoorsiener waarsku egter dat die beurtkragfase vir die aangeduide tydperk afhang van opwekkingseenhede wat weer aanlyn gebring kan word. Eskom sal later bevestiging daaroor gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Swerwer ·

Nie dat dit enigsins iets beteken nie, want of dit nou fase 1,2,3,4,5 of 6 is ons krag bly 2.5 ure op ‘n slag af op ‘n slag behalwe waar die ANC Kader woon, daar gaan die krag nooit af nie. Die wonderlike Munisipaliteit van ons wat onder Administrasie is dateer absoluut niks op nie so dus is dit maar raai raai wanneer en hoe. Telefone word natuurlik ook glad nie geantwoord nie.

Christina ·

Dit beteken regtig niks. Ons het skedules gekry, maar ons het steeds 3x ‘n dag beurtkrag so niks het verander nie.

Christine ·

Ons het gister en vanoggend beurtkrag gekry waar ons nie veronderstel was nie. Die mense daar kan nie lees nie!

Vonkprop ·

Watter verligting? Al wat verligting gaan bring is as die ANC verdwyn.

Misky ·

Lyk my ons braai die volgende 4 dae en tye val sleg in ons area. Take aways het so duur geword, ek braai maklik ‘n vark tjoppie en braai broodjie en spandeer kwaliteit tyd saam my man.

Marthina79 ·

Die skedule verander ook so vinnig. Jy gaan kyk na die skedule voor jy gaan slaap, dan verander hulle dit deur die nag en wanneer jy wakker word dan sit jy in die donker.

Koos 100 ·

Lig in die tonnel, maar net wanneer Eskom die krag verskaf om daai lig te laat brand!

DieKriek ·

Fase 3 in plaas van 4 maar hulle is presies dieselfde. Sies!!!

Nico ·

En die president en sy ministers het nie beurtkrag nie, die hospitale het wel, wie is die president om bo die wat moet verpleging ontvang gestel word.

Schalk ·

Daar is letterlik geen verskil tussen Fase 3 en 4 nie. Die mense van Eskom probeer ons ‘n rat voor die oë draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.