Noordwes-boer vas oor poging tot moord

Martha Ndlovu, die ma van Tebogo Ndlovu, by die Mooinooi-polisiestasie op 23 Augustus 2017 tydens ‘n betoging deur die gemeenskap. Foto: ANA/Molaole Montsho

ʼn Boer is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van ʼn man in Majakaneng naby Brits, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.

Die man sal na verwagting Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, het brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagte is Saterdag in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek oor die poging tot moord op die 24-jarige Tebogo Ndlovu van Majakaneng.

“Die verdagte het Ndlovu na bewering op 2 Augustus op een van die plase in die Mooinooi-distrik geskiet. Tebogo en twee ander mans het glo lemoene gesteel toe daar skote op hulle gevuur is,” het Mokgwabone verduidelik.

Ndlovu is getref en die twee persone wat saam met hom was, het weggehardloop. Ndlovu is sedertdien nog nie weer gesien nie.

“Die voorval is twee dae later by die polisie aangemeld. Ndlovu se verdwyning het egter tot gewelddadige betogings gelei en vyf voertuie is aan die brand gesteek en die N4, R104 en R566 is versper,” het Mokgwabone bygevoeg.

Hy het gesê die polisie het hard gewerk en die gebied deursoek sedert die voorval aangemeld is. “Die soektog na Ndlovu duur voort. Die polisie versoek enigiemand met inligting om die ondersoekspan te kontak by 082 416 0767.”

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die span ondersoekbeamptes geloof vir hul werk. Sy maan lede van die gemeenskap om met die polisie saam te werk en hulself te weerhou om eiendom te beskadig en paaie te versper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Besorgd ·

Geen lyk geen saak. Net jaamer die blankes word so geteiken.

LMF ·

Shame arme sapd en hulle gaan vir julle luister ek lees nerens dat daar bloed op die toneel gevind is nie of is daar en die een wat weg is het seker terug onderdeur die draad gehardloop genugtig weer swart op wit hul sê dit en sapd doen dit

anton ·

As daar nie n lyk/liggaam is nie, het die polisie nie n saak nie!!!
Wanneer gaan hulle die plaasmoordenaars begin vang met dieselfde ywer wat hulle jag maak op ons blankes.

Kiepie ·

Anton, daar is nooit ‘n lyk/liggaam in ‘n poging tot moord saak nie.

Toppie ·

Poging tot moord en waar is die Ndlovo . Hulle het gesteel en was 3 teen 1, wat moes die boer doen, hulle mooi vra om sy lemoene nie te steel nie. Daar word daagliks op die plase gesteel en die goed word sommer in plastiek sakkies langs die pad verkoop, waar is die polisie, hulle weet dit is gesteelde goed maar hulle kry hulle deel van die gesteelde vrugte en groente .

Ashlee ·

Om n lemoen te steel is een ding. Om n ou te skiet omdat hy jou lemoen steel, n ander.

Morra ·

Waar’s die bewyse? En waar trek mens die steep met misdaad? Dit is omdat daar geen wet en orde in hierdie land is nie..hoe gaan die sê-ding oor die klein jakkalsies? Moeg vir die gepeupel en dubbel-standaarde…#diskriminasieteenwittesmoetookval.

Chrisjan ·

Ashlee, jy verstaan nie. Dit is nie een lemoen nie dit is duisende. As die boer probeer om sy produkte te beskerm word sy lewe bedreig. As hy niks daaraan doen nie word hy bankrot gesteel en word sy familie en werkers se heenkome bedreig. Die saps kan nie meer keer nie. Wat moet die boere doen?

Vermeende ·

Aangsien die boer in hegtenis geneem is vir poging tot moord sonder bewyse en nou in die hof moet verskyn so kan die SAPD mos ook optree en die ander twee arresteer vir diefstal sonder bewyse om hulle dag in die hof te kry.
Sal die menister die ondersoek span dan nog so loof?

Morra ·

Ek vermoed in elk geval sy makkers het self iets met sy verdwyning te doen…en wat is nou makliker as om ń boer te laat vergeld deurdat dit weereens in ń rasse-sirkus ontaard?

Toppie ·

Polisie doen wat die betogers wil he hulle moet doen, hier gaan dit weer oor ‘n wit boer wat hulle vir weke en selfs maande kan aanhou sonder borg omdat hy ‘n moontlike gevaar vir die gemeenskap kan inhou soos die KFC ouens. Aanhouding en tronkstraf is die blanke mans se voorland vor enige moontlike oortreding of daar bewyse is of nie.

snoefie ·

het die Brits polisie die brandstigters en padversperrers ook in hegtenis geneem? wat van die ander twee lemoen diewe?

KOOS HARMSE ·

ek dink ons sal moet begin mobiliseer en die ou dorpskommandos terugbring anders gaan die mense begin om reg in eiehande teneem wat chaos kan veroorsaak of is dit wat die land wil he

andrea van vuren ·

Koos jy is reg. Toe die kommando’s nog aktief was, was misdaad skaars. Is daar die ‘n MANIER om hulle terug te bring nie?

Pensioenaris ·

Daagliks word die boere geteiken -besteel en vermoor en geen vetdagte gearresteer nue. Maar beskerm net jou eie goed waarvoor jy betaal en hard voor werk en jy word summier gearresteer en sit vur hoelank in die tronk sonder dat jy borg kry. Verkragters is uit op borg en gaan maar net voort met hulle onheilige dade – maar dis niks. Dinge word al leliker vir ons mense en moedeloosheid is besig om toe te neem.

Fritz Deelman ·

Nie summier nie. Dié boer is eers gedreig en geviktimiseer totdat hy op die ou end sy huis moes ontruim en dorp toe moes trek. Eers DAARNA is hy gearresteer

Toppie ·

Nee wat Rooivankwaad ons Suid Afrikaners is maar baie swak ,aanvaar alles maar stilswyend. Solank dit nog nie met my en my familie gebeur het nie , raak ons nie betrokke nie en is dit maar OK.

Heleen ·

Hoe op aarde word iemand gearresteer as daar geen bewyse is nie??????

Ouvrou ·

Klomp liegstories en die verkeerde mense word geglo. Daar word nie behoorlik ondersoek ingestel nie en kom ons sê dit maar reguit vir mekaar : die boere word geteiken….

Elize ·

Ek verstaan nie hoekom brand hulle ander voertuie en versper die paaie nie. Die man word mos nou aan gekla. Wat van ons boere wat so wreed vermoor word. Wat van die ander wat die lemoene gesteel het. Hoe moet ons ons self beskerm en ons eiendom.

Aandag ·

Ag hoe wonderlike gebeurtenis vir aandag. Hulle maak hulle eie bewerings, roep hulle geeste op van voorvaders, en raak mal en simple in hulle eie tragiese verlede. Dan begin die “reverse gear”, nl “Die Verlede”. Man , die sirkus met net narre

MP ·

Moet ons nie ook begin om vragmotors en motors op die N12 aan die brand steek as boere in ons omgewing VERMOOR word nie??? geen haan kraai na n plaasmoord nie….. en dit word nerens in die MEDIA bekendgemaak nie!!!!

Niccy ·

hoekom ons eie goed aan die brand steek??? miskien tyd dat ons oorkant die spoor gaan kyk wat kan brand?

ina Smith ·

Ai ,, dis opvallend dat as ons boere vermoor word word ‘ Verdagtes ‘ gesoek of inhegtenis geneem ?? en menig van die verdagtes word op ‘ tegniese punte of onvoldoende bewyse vrygespreek of die dossiere raak weg . Hoekom moet daar pertinent verwys word na die persoon as ‘ ‘n Boer’ ?? Ja moord is moord en straf moet uitgedien word as die persoon skuldig bevind word maar dan wonder ons hoekom ‘ Boere’ so uitgewis word ..

christa ·

wat van die skelm??? gaan hy vervolg word. Nee die man wat wettig geregtig is op sy eiendom het nie regte nie. Moord, diefstal plunder is wettig as dit net nie die wettige eienaar is nie.

Peet J ·

Die Boer word inhegtenis geneem vir die verdwyning van ‘n man , moes hy die man opgepas het?
Nou word hy aangekla vir poging tot moord asgevolg van ‘n ondersoek wat gedoen is en hy sal seker nie borgtog kry nie ek wonder wie gaan in die saak getuig teen die Boer seker die twee skelms wat die lemoene gesteel het.

Glory ·

Janee kom ons laat al die plaasmoordenaars vry en ons gaan op die woord van DIEWE wat lemoene en koperkabels steel en ons straf die boere wat DURF WAAG om hulle eiendom te beskerm. Die land is in sy glory, met sy regstelsel en al.

Theresa ·

Pleks focus en konsentreer die geregsdienaars op die plaasmoordenaar wat ontsnap het.
Hy loop gemaklik los terwyl iemand wat sy produk beskerm teen mense wat OORTREE, nou weer aan die pen moet ry. Hemel, wanneer daar ‘n vuis van geregtigheid gevee gaan word, gaan miljoene mense pa staan.

Lemoendief ·

Hoe kan jy aangekla word van poging tot moord op iemand wat weg is? Sy liggaam is nie gevind nie, hy is nie gevind met bruises en wonde nie, inteendeel hy is glad nie gevind nie, hoe bewys jy POGING tot MOORD? Dis darem nou belaglik hoor!

arizona ·

Ok wag, verstaan ek reg. Daar is geen bewyse dat hierdie Boer iemand vermoor het of laat verdwyn het behalwe die 2 skelms sin. Daar is nie n lyk wat iewers begrawe is nie. Die Polisie arresteer iemand op hoor sê van 2 skelms. Oh my word. Ek hoop hierdie boer het een ma se goeie Prokureur, trek die staat kaal uit. Het die SAP al ooit gedink dat die 2 skelms lieg.

Brett ·

Betreding is die aanvanklike misdaad in omtrent elke plaasmoord.

Tande muis ·

aangesien my komentaar verwyder is…..stel ek dit anders die komplot is om die boer van die plaas af te kry sodat”hulle”dit beset en n plaas wat produktief was dan heeltemal vernietig….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.