Nou draai Tshwane se werkers boonop stokkies

(Foto: Pieter Cloete)

Die Tshwane-metro word nou genoop om ellelange bywoningsregisters te ontleed om dié munisipale werkers te identifiseer wat wel nie meer staak nie, maar ook nie werk wanneer hulle opdaag nie.

Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê daar is vinnig na die bywoningsregisters gekyk en dit dui op ʼn patroon waar honderde werknemers van die Stad Tshwane soggens vir diens aanmeld en smiddae uitteken – maar gedurende die dag verdwyn óf bloot versuim om hul pligte uit te voer.

Intussen sorg diensverskaffers grootliks daarvoor dat waterlekkasies, gebarste pype, vullisverwydering en elektrisiteitsonderbrekings hanteer word. Die diensverskaffers moet hiervoor betaal word terwyl honderde munisipale werkers lyf wegsteek.

Bokaba sê die patroon is aanvanklik in streke 1, 3, 4, 6 en 7 opgemerk. Die metroraad gaan egter nou die bywoningsregisters van al sewe sy streke nagaan om te bepaal watter werknemers fisiek by die werk is, maar nie dít doen waarvoor hulle betaal word nie.

Die betaling van die skuldiges se salarisse sal opgeskort óf op ʼn pro rata-grondslag bereken en teruggehou word, sê die stadsbestuurder, Johann Mettler.

“Ons sal die bywoningsregisters noukeurig ontleed en waar ons vind dat werkers stokkiesdraai of bedrog gepleeg het, sal ons hul salarisse sonder huiwering staak.”

Die munisipale vakbond Imatu sê die spanning tussen die metroraad en sy werkers het nou nuwe hoogtes bereik nadat die metro versuim het om verskeie nie-stakende werknemers se salarisse te betaal.

Melita Baloyi, voorsitter van Imatu se Tshwane-streek, sê die vakbond wil weet waarom die metro geen gebeurlikheidsplan het om nie-stakende vakbondlede by te staan wat weens fisieke beperkings en intimidasie deur kollegas nie kan werk nie.

Die vakbond bevraagteken ook die stad se besluit om die bywoningsrekords van nie-stakende werknemers na te gaan en gaan ʼn dringende vergadering met Mettler belê om “die onwettige weerhouding” van salarisse te bespreek.

Nie minder nie as 122 werknemers van die Stad Tshwane is al afgedank sedert Samwu ʼn maand gelede begin staak en dienslewering ontwrig het.

Bokaba sê die staking is amptelik verby, maar daar is nietemin werkers wat steeds “staak”, menende dat hulle nie werk nie.

Die stakers dring aan op salarisverhogings, maar Tshwane sê daar is eenvoudig nie geld daarvoor nie.

Imatu aanvaar egter nie dat die metroraad nie die geld vir salarisverhogings het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

marisa ·

Julle weet hulle GAAN staak maar rerig “fire” die lot van hulle en gee die werk vir die wat WIL werk!!!

Mnr De Beer ·

Wat n deurmekaar gedoente. Kan net nie byhou met klomp verkeerde doen en late nie.

Tsek! ·

Betaal word wanneer jy nie werk nie maar staak as jy nie betaal word nie – wow dis great!

Magda ·

Hulle moet staak by Di mense wat verantwoordeluk is dat geen munisipaliteit in SA geld het ni, ANC. Nie by Di gewone publiek NI. Staak by hulle plekke, ANC Hoofkantore,

Elizabeth ·

Imatu moet vir hulself dink. As die spul kan dink, natuurlik. Geld groei nie aan bome. Ons WERK daarvoor. Sal my baas my betaal as ek by die huis sit en niks doen? Sal hy my betaal wanneer ek infrastruktuur verwoes en brand stig? As hy iemand anders moet aanstel om MY werk te doen? Nee ek sal my werk verloor en skadevergoeding moet betaal. Kry vir julle bietjie werklikheid.

Bulkalf ·

Tracker op voertuie dalk, en ek weet nie of daar nog iets soos n “jobcard” bestaan nie. En dan ook sommer before and after pic’s almal het mos n cellphone.

Surfer ·

“Tshwane se werkers……….” verkeerde berig, daar is nie werkers nie, net saamryers wat betaal raak.

Kosie ·

Ag daai ding van inteken en dan verdwyn is al lankal aan die gang anc kader gedrag, Die bestuur doen dan dieselfde. Al wat hulle doen is om die vervoer te gaan haal waarmee die kinders skool toe gevat word, vrou werk toe en shopping, daarna is dit die oplaai en die kar gaan wegsit tot more, dienslewering is n ander ou se saak ons kry duisende vir niks doen.

Stephanus Hendrik ·

Die mense wat in beheer behoort te wees is net so onbevoegd. Almal maak
net wat hulle wil en dan soek hulle geld. Daar is regte prosedures wat gebruik kan word om mense wat nie wil werk nie af te betaal. Maar niks gebeur met hulle nie. Jaag hulle weg. Daar is baie ander wat wil werk en vir minder geld ook. Net om kos op die tafel te kan hê. Dit is die regering wat minimum salarisse voorstel en dit vermoorsaak dieprobleme. So gaan die land ook tot niet. As gevolg van xxx.

Francois ·

Fire die lot. As julle hulle weer aanstel is ek ook klaar om vir die DA te stem

Papsak ·

Fire hulle almal as hulle nie wil werk nie maar ons doen niks staak maar ontvang volle pay waar kan ek ook so werk kry sit by huis maar ontvang pay

SomeOne ·

gaan werk vir die goverment, hierbo is dit mooi uiteengesit, daag by die werk op, klok in en kom eers vir middag ete terug en dan waai ons weer, my chommy sal vir my uitklok

Kokerboom ·

<Mnr Brink hierdie is sabotasie op groot skaal en 'n klap in gesig van belastingbetalers. Wees hard op hulle en staan sterk. Ons ondersteun u!!

SomeOne ·

ek stem hiervoor 100% saam, moenie val vir samwu se eis dat die afbetaalde werkers weer net indiens geneem word nie, te hel met hulle, samwu is nie die regering nie

Hendrik ·

Dank die hele lot af en privatiseer. Hier by ons in St Louis VSA kan ons uit ‘n paar privaat vullisverwyderingsmaatskappy kies. Met elkeen van hulle is daar een werker wat die vragmotor bestuur en self die asblikke leegmaak, nie ‘n span van 4 of 5 by een vragmotor nie.

Ben ·

Moenie warry nie julle, Brink homself tel ons vullis op. Dit sal OK wees…..

SomeOne ·

hy kan nie heeldag en aldag agter die vuilgoed lorrie loop nie, hy HET ANDER werk ook om te doen

Ben ·

Ek stem, maar toe ek dit so genoem het was mense effe treurig daar oor.

Jackie ·

Hierdie Imatu-werkers -unie is behoorlik soos die kinders wat hul ouers vermoor het en nou daarop aanspraak maak dat hullenie verhoor kan word nie omdat hulle weeskinders is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.