Nou soek Eskom geld as jy nié sy krag verbruik

Eskom vra nou vir ‘n tarief vir verbruikers wat minder krag as die gemiddeld gebruik. (Foto: Maroela Media)

Eskom se voorstel aan die Nasionale Energiereguleerder – dat verbruikers moet opdok as hulle minder krag verbruik – is Maandag uit talle oorde skerp gekritiseer.

Die sukkelende kragvoorsiener, wat die afgelope ruk die kwaaiste beurtkragskedule in die land se geskiedenis ingestel het, vra Nersa nou boonop ook vir ʼn verhoging van 32,7% in die prys van krag.

Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor minerale hulpbronne en energie, het die voorstel as “immoreel” en “beledigend” vir Suid-Afrikaners bestempel.

Die party sê Eskom verwag nou van Suid-Afrikaners, wat reeds sukkel om liggaam en siel aanmekaar te hou, om op te dok vir ʼn diens wat hy in die eerste plek nie ordentlik kan lewer nie.

“Daar kan nie van verbruikers verwag word om Eskom se onvolhoubare sakemodel en die ANC se dekades lange versuim om die energiemark vir onafhanklike kragprodusente (IPP’s) oop te stel, te subsidieer nie,” sê Mileham.

Mileham sê Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, bou pleks daarvan lugkastele oor ʼn “nuwe Eskom-entiteit wat met Eskom kan meeding”.

Een van die voorstelle wat Eskom in sy voorlegging aan Nersa maak, is ʼn buitensporige tarief wat sal beteken huishoudings wat minder krag gebruik – omdat hulle byvoorbeeld ʼn sonkragstelsel geïnstalleer het – sal nou meer moet betaal.

“Die DA neem kennis van en verwerp Eskom se nuwe kragtariefvoorstel wat beteken huishoudings sal honderde rande meer moet opdok omdat hulle minder krag verbruik. Huishoudings wie se kragverbruik minder as die gemiddelde verbruik in Suid-Afrika, asook diegene met sonkrag is, sal maandeliks honderde rande meer moet betaal,” sê Mileham.

Die Vryemarkstigting sê sprake van ʼn tweede kragvoorsiener wat deur die regering besit en bedryf word om met Eskom mee te ding, wek groot kommer en gaan net die land se kragkrisis vererger.

Monopolie veroorsaak kragkrisis

Volgens die stigting is die krisis weens Eskom se monopolie veroorsaak en dit moet so gou moontlik beëindig word. Huidige wetgewing bepaal dat “geen persoon sonder ʼn lisensie elektrisiteit mag opwek, versprei, deurstuur of verhandel” nie. Die stigting sê deur wetgewing te wysig en die woord “geen” met die woord “enige” te vervang, kan die situasie omgekeer word.

Elektrisiteitopwekking en -verspreiding word as tegnies ingewikkeld beskou en daarom sal dit glo nie veilig wees vir sommer enigiemand om aan die netwerk te koppel en krag te begin toevoer nie. Die stigting sê dit is Eskom en Nersa se probleem, en moontlik dié van munisipaliteite.

“Die instellings behoort gewone Suid-Afrikaners te smeek om krag op te wek en dit in die nasionale netwerk in te voer,” sê Martin van Staden, ʼn uitvoerende komiteelid van die Vryemarkstigting.

Hy sê as deel van die projek behoort hulle boonop aan te bied om, teen Eskom en Nersa se eie onkoste, Suid-Afrikaners te help om die stelsels op te rig en oortollige krag veilig en doeltreffend in die netwerk in te voer.

Dit sal dadelik druk van die bestaande netwerk afhaal.

Gewone SA’ners kan probleem help oplos

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het onlangs in ʼn verslag oor die land se kragkrisis verwys na Viëtnam, wat binne net ʼn paar jaar sy kragtekorte opgelos het. Die land het groot aansporing gegee aan gewone burgers wat tuis krag opgewek en dit in die netwerk ingevoer het.

Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, het vroeër ook gevra vir ”grootskaalse kleinskaalse opwekking” in ʼn poging om die kragkrisis te help oplos.

Morné Mostert, woordvoerder van AfriForum, sê die burgerregtegroep neem jaarliks deel aan die proses oor tariefverhogings en gaan dit vanjaar weer doen. “Ons moet onthou dat dít nog net ʼn aansoek is; dit is nog nie aanvaar nie,” sê hy.

Uiteindelik word mense, weens Eskom se swak prestasie, gedwing om hul eie opwekkingsvermoë uit hul sak op die been te bring, sê Mostert. “Hierdie tarief kom neer op ʼn dubbele koste vir verbruikers wat uit hul pad gegaan het om vir hulself energie te verseker,” sê hy.

“Ons glo dat daar ʼn gedesentraliseerde netwerk moet wees, waar mense vrylik met krag kan verhandel.”

Mostert sê Nersa kan as deel van sy reguleringsmagte verskeie opsies aanbied wat beteken krag kan meer vrylik opgewek en verkoop word. Die DA meen ook Nersa moet Eskom se voorstel verwerp omdat sy verantwoordelikheid in die eerste plek teenoor verbruikers is, en nie teenoor Eskom nie.

Meer as miljoen vir ministers se kragopwekkers

Die DA spoeg ook vuur omdat die staat sowat R2,6 miljoen bestee het om die ligte by verskillende ministers se huise aan te hou. Volgens Samantha Graham-Maré, die DA se woordvoerder oor openbare werke en infrastruktuur, is dit ʼn skande dat hospitale, sakeondernemings en gewone Suid-Afrikaners in die donker rondval, terwyl die ministers wat vir die katastrofe verantwoordelik is, nie met die probleem sukkel nie.

City Press het die naweek berig die departement het verlede jaar R1,3 miljoen opgedok om kragopwekkers by ministers se huise te laat installeer. Die bedryfskoste het sedertdien van R31 750 verlede jaar tot R621 000 vir die eerste helfte van vanjaar opgeskiet.

Graham-Maré sê as die ANC-regering ʼn duit omgegee het oor arm en kwesbare Suid-Afrikaners, sou hy verseker het dat hospitale en klinieke se krag tydens beurtkrag aanbly, asook dat misdaadbrandpunte nie in die donker sit nie en dat klein ondernemings hul deure in dié tyd kan oophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Kokerboom ·

Eskom uiter nou dieselfde idees as nuttelose ANC regering. Ontneem ministers van alle voorregte. Die goed beteken ABSOLUUT NIKS vir land en is NET ‘n onnodige las!!

Miena ·

Watse krag vanaf Eskom? Daar is nie krag nie, en as daar nie krag is nie dan werk die pompe nie dan het ons nie skoon water vir menslike gebruik nie… ag toemaar hulle sallie verstaanie!!

Surfer ·

Die probleem is dat daar nie eers potlode is nie, want ………………………………….n mens het breinkrag nodig om n potlood te kan gebruik. LoL.

otter ·

hulle gaan maar lank sukkel met daai 1 . Ek sal maar agter oor sit en kyk wat gaan gebeur , Biertjie reg, stoeltjie reg , braaivleis reg en dan laaste,popcorn reg :)

Alta Alleman ·

Wil net graag weet hoe gaan jy popcorn maak in die donker:-)))

Cate ·

Eskom moet net gebruik maak van die windkrag dan is die probleem opgelos

Johann101 ·

Wind krag is nie die antwoord nie… Texas, amerika het nou ‘n perking geplaas op krag verbruik (mense moet nie hul electric motors herlaai nie) want die wind is stil… krag word nie opgewek nie…

Vexed ·

Probleem is die spul het ‘n klap van die windmeul weg, en die windmeul hou net aan klap…

TRP ·

Nee dit is nie eens die andwoord, daarvoor gaan jy dan ook moet betaal. Die “wanting” hou net nie op.

Henry ·

As eskom nog die geld betaal om son panele op my huis se dak te instaleer sal ek bereid wees om so paar rand te betaal. Maar nie anders om nie. As ek dit self betaal met n lening hoekom moet eskom geld by my kry.

Pierre ·

dan sit ek net n extra battery in en is geheel ontslae van hulle

My siening ·

Opas Cyrel gaan die son afsit en Matache sê daars nie genoeg son vir al die panele nie!!

Nicolaas ·

Eskom en tshwane metro ewe sleg pretoriaweg in silverton en hele eqestria en murryfield se ligte brand dag en nag .ek al 4 keer gerapporteer en miks gebeur nie .daar word net gesê sal daarna kyk

Johann ·

Ok so ons kan ESKOM aankla van BEDROG? Ek bedoel hulle verkoop wetend “PREPAID” krag wat hulle nie het om te verkoop nie? Of wat van elke keer as ek PREPAID koop en ESKOM lieg oor die feit dat hulle wel krag het om aan my te verkoop, kry ek DUBBEL die waarde van die tansaksie? Maar nee…hulle misbruik hulle mags posisie om ons te dwing om hulle onbevoegdheid te finansier! ARROGANTE VERMETELDHEID.

Koen ·

Hulle is trots op hulle bedrog geskiedenis. Dit sal vir hulle ‘n eer wees.

SjN ·

Daar kan dus n klag teen Eskom aanhandig gemaak word, hul verkoop krag aan my, ek betaal vooruit en hul kan nie lewer nie, dis mos bedrog.

Blackies ·

Dan sal ons maar elke dag wat ons sonder krag sit moet eise instel teen Eskom vir die verlies van inkomste.

Buks ·

Ek is heeltemal van die grid af oor verhogings in tarriewe en onvoldoende en ongereelde krag voorsiening. Ek sal hulle betaal soos ek my etol betaal het. Deur die rekening in my koolstoof te gebruik vir hitte in die winter.

Manie ·

‘n Goeie vriend van my het sy totale huishouding onafhanklik van munisipale water en krag gemaak. Sonkrag stelsel vir krag en ‘n tru osmose stelsel vir sy boorgat water en hy sê dit is hemels net om te weet niemand foeter hom meer rond nie.

AmY ·

Maar as daar so baie beurtkrag is, gebruik ons mos outomaties minder krag? Soms tot ‘n dag elke elke twee weke.
Gaan ons nou daarvoor óók ‘gestraf word?’
Ek probeer krag spaar, want ek kan ESKOM nie meer bekostig nie.
Nou wil hulle my straf omdat ek krag spaar wat hulle in elk geval nie het nie?
Ek kan nie meer nie. Alles word net te veel vir my.

Republikein in die Wes Kaap ·

Eskom het nie ‘n antwoord vir daai een nie.

Papsak ·

Wat is hulle mal ons sit dan altyd in donkerte waar krag maar hulle wil meer he belaglik pluk by

Manie ·

Die een oomblik smeek Eskom ons om hulle onbetroubare kragnetwerk spaarsamig te gebruik, net om die volgende oomblik te sê dat ons sal moet betaal indien ons dit nie gebruik nie. Ek het nuus vir julle Eskom, wat gaan julle doen indien Jan Alleman hulself totaal en al onafhanklik maak van julle krag, die krag afsit?? Ek lag vir julle.

twaalfboor ·

Huidige wetgewing bepaal dat “geen persoon sonder ʼn lisensie elektrisiteit mag opwek, versprei, deurstuur of verhandel” nie.
So….. almal met kragopwekkers oortree die wet. Om wetsgehoorsaam te wees moet ons in die donker sit en die kriminele loop in die strate rond.

Kobus ·

Dit gaan nie oor kragopwekkers nie. Niemand mag krag opwek en dit dan instoot in die sisteem nie.
Behalwe windplase en sonplase, wat ‘n jarelange aansoekproses moet deurmaak om goedgekeur te word. (Maar die windplase mag nie meer krag lewer as 140 Mw nie. )

Herman L ·

Hulle wil nou mense straf wat hulle uit hulle gemors wil help!! Al gehoor van die spreekwoord wat lui dat jy nie die hand moet byt wat jou kos gee nie.

Vexed ·

Nee, dit is nie so moeilik om krag op te wek nie, julle is net dom. Jammer maar dit is die feite.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dankie De Ruyter, jy is van dieselfde stofasie as die kaders. Hierdie saak gaan nog in die Grondwethof draai.

Riaan ·

Te veel hoes stroop, jaggermeister en tik laat jou sulke goed kwyt raak!

yahneh ·

Dis baie lig gestel. Maar daar gelaat. Kan verban word as ek my gedagtes hardop uitspreek.

Paddaman ·

Ek dink om alles mooi in perspektief te stel moet hulle die woordeboek se beskrywing van n idioot uithaal en die woord eskom daar in sit. Dan kan n mens se daai ou is n eskom wat aan daai eskom idee gedink het…

Pieter ·

Kom neer op ‘n belasing wat hulle wil hef op sonkrag. Maar ek gebruik nie die Suid Afrika son wat hulle belas nie, maar ek gebruik dieselfde son wat deur Amerikaners, Duitsers of Australiers gebruik word. Aan watter regering moet ek dan die “gebruik” koste betaal?

yahneh ·

Oor die algemeen is ek ‘n Maandag mens, ek ervaar bitter min blou Maandae. My dag het heel goed begin maar vertrou ons regering om my dag in swart te probeer dompel. Nice try, but no cigar!

Hulle ken geen einde, gee nie ‘n bloue duit om vir hul “fellow South Africans” en nog minder wat die “fellow South Africans” van hulle dink nie. Geen integriteit. Twyfel of hul die woord kan spel, wat nog weet wat die betekenis is.

Maak my naar…

Swerwer ·

Aan wie behoort Eskom? ……………..Eskom is nie ‘n mens nie, net ‘n Naam draende Maatskappy ……………………………

BRBR ·

As ek darem maar in my besigheid kliënte kon smeek om minder te koop, en hulle dan beloon deur hul ekstra te vra, wat dinge darem maklik…Die skrikwekendste is dat met ons regering is dit dalk nog was deurgevoer sal word. Dit is malligheid!

Madeleine ·

Politici wat aangestel is om d land en Sy mense te Dien en wat nie n duim omgee vir n lewe nie.
Skande…

Morné ·

Volgende gaan ons moet betaal vir die suurstof wat ons inasem!
Eskom! En ANC! Julle het nie die son geskape nie! Julle het nie die son panele, batterye bedrading of enigiets wat duisende rande gekos het sodat ons onafhanklik van julle kan wees geskenk nie. So, Eskom klim maar op n vliegtuig en vlieg in jou moedertaal ek sal mos kwaad word en sê wat ek nie moet sê wat ek dink van julle klomp skelm patete nie. Klim af van julle troon af waar julle nie hoort nie! Dis maklik, jy verskaf nie, ek gebruik nie….EK BETAAL NIE!
Dit is presies hoekom julle is waar julle is, die verbruiker moet betaal vir iets wat hy nie by jou kry nie, so ook betaal julle mense wat nie werk nie…..ANC logika.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dan moet ons dalk ‘n liksens kry om asem te haal.

007 ·

Eskom vra dat ons asb minder krag moet gebruik, maar dan kla hulle ons betaal te min vir die bietjie wat ons gebruik. Dit is n komunistiese stelsel. Hulle verkoop elektrisiteit wat hulle nie het of kan lewer nie. Mantashe het nie n idee wat om hom aangaan nie. Cyril slaan die kitaar wat nie meer snare het nie.

TRP ·

Ek het lanklaas so kliphart geswets soos nou. Ek kan die arrogansie eenvoudig nie glo.

My siening ·

Nuwe probleem MATACHE sè die rede vir nie sonkrag maar nuwe Eskom is as daar te veel sonpanele is gaan die son dit nie kan dra nie!
Die ANC gaan as die wat solar het en nie R900 betaal n maand, net eenvoudig die son afsit tot jy betaal want Cyrel se swaer wil escom 2 eienaar wees. Hallo!

Surfer ·

Nee, hulle gaan net die son afsit, ANC kan enige iets reg kry. Dan moet jy weer betaal sodat hulle die son aansit.

Morné ·

Ek het nou nie DSTV nie en ek weet dit is nie goedkoop nie, maar dis tyd dat Eskom die publiek vergoed vir die tye wat hulle nie die dienste van DSTV kan gebruik waarvoor hulle betaal nie. En so ook baie ander, Netflix, Showmax watookal dit is. As Eskom die krag afsit moet hulle verantwoordelik gehou word.

Pierre ·

Wraggies, met daai denkwyse en idees kan ek net sê, “no brain, no pain….”

Cobus ·

Afrika doen maar net wat Afrika nog ALTYD gedoen het, ja selfs voor 92. Hoekom is mense verbaas? Keuses het gevolge, en ons betaal nou kwaai aan 92 se keuse.

Jsgroen ·

Daar was al voorheen ‘n berig dat ons op ‘n “Gangster state” regeer word. Dis nou ‘n bewys daarvan.

Frank ·

Gaan armes en plakkerskampe dus nou die duurste tarief betaal? Of word bedoel dat dit spesiale tarief is vir blankes want dit is letterlik waarop dit sal neerkom want hoe gaan hulle bepaal of iemand min gebruik omdat brand arm is en een liggie het en of dit massiewe huis is met sonpanele en een liggie is op eskom krag vir die joke?

piet ·

Daar is meer swartes wat in die gemiddelde en hoer inkomstegroep val as blankes. So nee, dit sal nie net blankes raak nie. Meer swartes sal geraak word. Blankes is lankal nie meer die grootste inkomste genereders in die land nie en betaal ook nie meer die meeste belasting in totaal nie.

domheks ·

ou cyrelll en mantasheeee – ek het nuus vir hulle – KYK OF EK GAAN BETAAL!
DIE WAT SO LEKKER DIE SOUSTREIN RY KAN NOU MAAR BEGIN BETAAL!
Ons is nie hier om mandela se beloftes van huise/spoel toilette/ krag ens ens te voorsien nie!

piet ·

Ek dink ouens wat dit kon bekostig om sonpanele op te sit, moet helfte daarvan aan minder bevoorregtes skenk. Sien dit as julle bydrae tot ekonomiese bemagtiging. LOL

Piet ·

Amper gedink dis 1 April, maar weereens besef toe ek by my sinne kom dat ons land word regeer deur absoluut onbekwaamde fools!

Ann ·

Oulik. Nou soek Eskom geld wat hulle nie eers toekom nie!
Wat ‘n grap!

Andre ·

So het ons ook ‘n premie betaal om sasol te bou. Selle ou storie.

Nie Verbaas ·

Tipiese ANC redenasie. Straf die wat nie op Eskom se onbeholpe en onbevoegde werknemers wil staatmaak nie. Verder wil die korrupte ANC gedrewe entiteit hê ons moet betaal vir n diens wat nie betroubaar is nie en om hulle oortollige nuttelose personeel te onderhou? Hulle wil liewer nie hoor hoe ons regtig voel nie. Dit is kort en kragtig.

Christine ·

Ek stik in my koffie! Die absolute vermeteheid om dit selfs net voor te stel!

Christine ·

Ek het nou aan ‘n beter plan gedink. Onthou julle dat ons gedurende die droogte meer vir water begin betaal het hoe meer jy gebruik het? Wel, Eskom moet ons minder laat betaal as jy die druk op die lading verminder deur minder krag te gebruik. Dis mos nou regverdig!

Marius ·

Kom ons kyk of dit dan vir elke persoon wat i inkomste verdien tel. Dan is dit mos gelyk en geen voordeel vir enige persoon nie.

Windhond ·

Sit af die onnodige goed soos verhitters swembad pompe en wat ookal ? danan moet jy ekstra betaal omdat jy dit doen – is dit 1 April?

Johan Botha ·

As dit só aangaan moet jy een van die dae beboet word omdat jy te min brandstof gebruik…!????

Martin ·

Die feit dat Eskom alle Suid Afrikaners onder dieselfde lae IK plaas as hul bestuur, is ‘n klap in die gesig van die volk. Hoe lank gaan ons land nog kan bestaan met sulke swak besluite?

FCR ·

Nie net dink ek dat Eskom my in die gesig vat nie, maar ook uiters gemeen is oor die opwekking van my eie krag want, HULLE KAN NIE!!! Dit moet die enigste land wees wat jou beboet omdat jy MINDER krag gebruik eerder om jou te beboet omdat jy MEER krag gebruik. Belaglik!!

Verder deurdat mense en groot instansies hulle eie krag opwerk, haal hoeveel mense in die land die druk van Eskom af. As die mense nou skielik weer op die Eskom netwerk gaan, vou hy definitief.

Ekskom en die ANC, sit dit in julle stink pyp en rook dit!

Surfer ·

Hulle het die pyp afgesit want hulle dink hy gebruik krag…………..daar trek dan rook uit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoeka tyd dat De Ruyter die pad vat. Hy het misluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.