Nuwe dinosouruspark open binnekort

Die Golden Gate Highlands-park. (Foto: SANParke)

ʼn Nuwe dinosouruspark open binnekort sy deure in die Golden Gate Highlands-park.

Werk aan die Godumodumo-dinosourussentrum is bykans afgehandel, sê Fish Mahlalela, adjunkminister van toerisme. Mahlalela het die park onlangs besoek terwyl Toerismemaand gevier word.

Die sentrum is ʼn sogenaamde nalatenskapprojek wat deur die departement se toerismeinfrastruktuurontwikkelingsfonds gefinansier word. Dit het danksy ʼn strategiese ooreenkoms tussen SANParke en die departement tot stand gekom. Verskeie ander projekte het ingevolge soortgelyke ooreenkomste die lig gesien en ʼn algehele R435 miljoen is reeds gesamentlik daaraan bestee.

“Die vennootskap bestaan al dekades lank en is suksesvol, veral omdat ons mandate ooreenstem wat betref die bewaring en behoud van ons nasionale erfenis, maar ook die bevordering van aktiewe toerisme onder Suid-Afrikaners en internasionale reisigers.

“As ʼn vertolkende sentrum van wêreldgehalte en met die voorste tegnologie gaan die projek dien as ʼn ikoniese toerisme-aantreklikheid wat gegrond is op die paleontologiese, argeologiese en geologiese bewyse wat in die Golden Gate Highlands-park gevind is,” sê Mahlalela.

Dumisani Dlamini, finansiële hoof van SANParke, sê die ontdekking van dinosouruseiers is ʼn wonder vir Suid-Afrika. Hy sê SANParke is vol vertroue dat die sentrum eindelik ʼn platform sal wees vir veral jong besoekers om hulle oor dinosourusse – en die talle ander aantreklikhede in die park – in te lig.

Werk aan die enorme navorsingsfasiliteit staan nou einde se kant toe.

“Die bouwerk is op koers en ons hoop om die sentrum teen die einde van hierdie finansiële jaar oop te stel.”

SANParke sê hy sien daarna uit om in die toekoms selfs meer projekte saam met die departement van toerisme aan te pak en glo dat die sentrum die besoekerservaring in Golden Gate selfs verder gaan verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JoHines ·

“toerismeinfrastruktuurontwikkelingsfonds” WOW, te lank om met een asem uit te spreek.

Marisa W ·

Ek verstaan die waarde van behoud van ons nasionale erfenis, maar kan die geld nie maar eers gespandeer word ter ondersteuning van die toerismebedryf wat die laaste 20 maande geen inkomste kon genereer nie?

Pietertjie ·

Ek hoop die ANC vorm binnekort ook deel van die uitstalling.

piper ·

u nuwe park word begin om maar net agteruit te gaan. kry eers bestaande parke op aanvaarbare standaard voor nuwes begin.

Surfer ·

Baie goeie punt, maar hulle sal nie verstaan nie………………………………..moet dit nie maar so lyk nie.

Surfer ·

435 miljoen bestee, maar uitgawes seker net 135 miljoen?? Die res?

Misky ·

Ja George en dis nog nie klaar nie. Dink net hoe gaan daai bedrag aansienlik hoër raak as dit einde se kant to staan en die ouens besef hulle sakke nog nie vol genoeg nie.

Hardekwas ·

Die kaders is honger en wil eet. Elke dag n nuwe kasregister wat ontdek word met belastingbetalers se geld.

Louise ·

Die huidige STAATS toerisme aatreklikhede kan nie eers in STAND gehou word nie… Daar WORD BLOOT net gese geen kamstige FONDSE nie… Nou hoe vra ek met trane in my oe gaan hulle die park in stand hou. Die 1ste jaar dan trek die beursie toe en die gemeenskap moet fondsinsamelings hou om die park te red!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.