Nuwe kiesdatum op 20 September bekend

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

ʼn Nuwe datum vir die plaaslike verkiesing sal op 20 September, ná afloop van ʼn kiesersregistrasienaweek op 18 en 19 September, bekend gemaak word.

Glen Mashinini, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het Maandag meer besonderhede bekend gemaak ná ʼn onsuksesvolle aansoek in die Konstitusionele Hof om die verkiesing tot volgende jaar uit te stel.

Die hof het gelas dat die verkiesing voor 1 November vanjaar moet plaasvind.

Mashinini sê die OVK het die afgelope naweek met die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, oor sy voorkeurdatum vir die verkiesing vergader. Die minister sal die kommissie se aanbeveling daaroor oorweeg en ná die kiesersregistrasienaweek ʼn aankondiging daaroor doen.

Hy het nie ʼn aanduiding gegee van wat die OVK se voorkeurdatum is nie.

Mashinini sê alle stemgeregtigdes sal tydens die kiesersregistrasienaweek kan registreer of hul besonderhede by die meer as 23 000 stempunte laat bywerk. Stemlokale sal van 08:00 tot 17:00 oop wees.

Die OVK het ook aangekondig dat hy die benoemingslys vir kandidate heropen.

Mashinini sê omdat die kiesersregistrasieproses weer heropen word, is dit nodig dat ander wysigings ook aangebring word. Die kiesersregistrasienaweek is boonop veronderstel om die spertyd vir die benoeming van kandidate vooraf te gaan.

“Dit is dus nodig om politieke partye en onafhanklike kandidate die geleentheid te gee om kandidate te benoem ná kiesersregistrasie en die sluiting van die kiesersrol,” sê hy.

Verskeie politieke partye het dié besluit intussen gekap.

Volgens Mashinini was dit in ʼn vergadering tussen die OVK en die skakelkomitee van politieke partye vroeër vandag duidelik dat nie almal met die besluit om kandidaat-benoemings te heropen, saamstem nie.

Die OVK tree egter op in ooreenstemming met die regsadvies wat hy gekry het met die interpretasie van die Konstitusionele Hof se uitspraak.

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, sê die OVK kan nie nou reageer oor moontlike hofstappe rakende die besluit om die benoemingsproses weer oop te stel nie, omdat die OVK nog geen kennisgewing daaroor ontvang het nie.

Die ANC het vroeër ʼn hofaansoek ingedien om die OVK te dwing om die kandidatelys weer oop te stel nadat die regerende partye geskarrel het om al sy kandidate betyds te registreer. Hy het die aansoek kort daarna laat vaar.

Die oopstel van die registrasieproses gee kandidate nou ʼn nuwe kans om die proses betyds af te handel.

Die OVK hou vol sy besluit is gegrond op beskikbare regsadvies en om almal wat ʼn kandidaat in die verkiesing wil wees, die kans te gee om te registreer. Mashinini ontken dat dit ʼn tweede kans vir die ANC is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

In die sak van die ANC!!!!!

FC

In the money bag of the ANC. a Second chance for ANC and no other will benefit like the ANC.
The taxpayer at the end of the day will pay for all of this.
If it was the opposition party,,,,there would not be a second chance.

Willem Wikkelspies

Nou wie wil nou nog stry dat die hele verkiesing proses in ons mooi landjie net daar is om die skyn voor te hou terwyl die wat kan, skep soveel hul kan, in die trogge.

Verset teen ‘n stelsel wat inelkgeval niks werd is meer nie. Moenie deelneem nie. Dit gaan elkgeval geen verskil maak nie.

Pieter

Anc gemors dit is wat julle is.

Samuel

Hierdie is ‘n tweede kans vir die ANC en bewys weereens dat die OVK nie onafhanklik is nie, maar in die ANC se sak. Nou wat nou? Gaan die ander politieke partye saamstaan teen hierdie besluit om kandidaatlyste weer oop te stel? Ek wonder.