Nuwe SEB-regulasies ‘gaan familieboerderye knou’

Die landbouorganisasie Saai sê swart ekonomiese bemagtiging het vir die meeste boere sinoniem geword met korrupsie, magsugtigheid, staatskaping en ekonomiese bevoordeling van ’n klein elite. (Argieffoto: Jo Raubenheimer)

Die landbouorganisasie Saai sê die nuwe regulasies wat oor uitvoer bekend gemaak is, gaan familieboerderye swaar tref. Die departement van landbou het onlangs die nuutste vereistes van die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) aangekondig.

Een van die vereistes is dat boere hul swart ekonomiese bemagtigingsertifikate saam met hul aansoeke vir uitvoerpermitte moet toon.

Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê die nuutste vereistes van die PPECB dui op ʼn “fundamenteel gebroke ideologiese en rassistiese uitgangspunt” waarbinne die Suid-Afrikaanse landboubedryf – in ʼn wêreld wat al hoe kleiner word – moet oorleef en presteer.

“Dit is onduidelik hoe die departement verwag dat familieboere aan swart ekonomiese bemagtigingsvoorwaardes moet voldoen, veral wanneer dit by kwessies soos mede-eienaarskap en mede-bestuur kom.

“Dit is dikwels ʼn uitdaging vir ’n familie om saam te boer, wat nog te sê ’n vreemdeling uit ʼn ander gemeenskap wat op ʼn familieboer afgedwing word,” sê De Jager.

Saai bestempel die maatreëls as drakonies en meen dit voldoen nie aan die raamwerke wat internasionaal aanvaarbare praktyke binne die Verenigde Nasies (VN) en sy agentskappe definieer nie. Hy het daarom in gesprek getree met die Wêreldhandelsorganisasie om die “rassistiese onderbou van gedwonge swart ekonomiese bemagtigingsreëls” onder sy aandag te bring.

De Jager sê swart ekonomiese bemagtiging het vir die meeste boere sinoniem geword met korrupsie, magsugtigheid, staatskaping en ekonomiese bevoordeling van ’n klein elite.

“Baie boere glo dat dit swart ekonomiese bemagtigingsmaatreëls is wat daartoe gelei het dat ANC-kaders hulle in sentrale besluitnemende en winsnemende posisies ingeskuif het in staatsdepartemente en staatsondernemings soos Eskom, die SAUK, Denel en die Landbank en uiteindelik tot die inploffing van hierdie eens vooruitstrewende instellings gelei het,” sê De Jager.

Nie net het die ANC-regering luisterryk daarin misluk om ʼn klas van vooruitstrewende swart boere te vestig nie, maar hy het ook ʼn algehele mislukking van grondhervorming gemaak, sê hy. Daar is bloedweinig van die plase wat onder dieselfde ideologiese raamwerk as swart ekonomiese bemagtiging oorgedra is wat vandag selfonderhoudend of selfs net winsgewend is.

“Suid-Afrika beleef ’n ekonomiese krisis waarin ons dit allermins kan bekostig om beleggers af te skrik en daar is niks aantrekliks aan gedwonge vennootskap, eienaarskap of saamwerk in die konteks van die swart ekonomiese bemagtigingsmaatreëls vir landbou nie. Boonop het die departement tien jaar gelede reeds onderneem om duidelikheid te gee oor hoe swart ekonomiese bemagtiging geïmplementeer moet word op plase wat onder grondeise in die Staatskoerant geregistreer is.

“Boere het reeds meer as ’n dekade gelede gevra hoe beleggers gelok moet word na ’n plaas waarvan die eienaars en gebruikers nie seker is of hulle oor ’n jaar of twee nog op daardie plase sal wees nie.”

Saai sê daar is grondeise wat reeds in 2002 in die Staatskoerant geregistreer is en byna twee dekades later is daar steeds geen vordering gemaak nie.

Derduisende plase is geregistreer onder vals of ongeldige eise, maar lê in die vrieskas van onsekerheid vasgevang.

Saai sê in sy interaksie en gesprekke met buitelandse regerings, ambassades en landbou-unies elders ter wêreld is mense dit eens dat swart ekonomiese bemagtiging geen sin maak op ’n familieplaas nie.

Die organisasie sê hy kan dus nie soos ander landbou-unies sy lede aanraai om konstruktief aan die PPECB se prosesse deel te neem nie, maar vra eerder ondersteuning om die saak in die howe en internasionale, multilaterale platforms oor handel en nywerheid te gaan toets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Althes ·

Pateties. Kan hul niks tot stand bring in plaas om te teer op ander se harde werk en sweet?
Shame. #Give me your hardearned money so that I can feel some sort of value

Chris dupreez ·

As jy in Rome is ,maak soos die Romeine. Vervals net die sertifikate.

Piet ·

Of verdeel jou besigheid op in kleiner dele sodat jy onder die kerf is waar SEB verpligtend is.

Vrijburger ·

Duidelik verstaan jy nie die Afro-Marxiste nie, hierdie is bloot die dun punt van die wig wat later dieper ingedryf gaan word.
So ja, dit is ‘n oplossing om op te deel om onder die SEB kerf te kom, maar dit is ‘n tydelike oplossing tot die kerf maar net weer strenger word.

Piet ·

Dit is ń tydelike oplossing, let wel dat jy net aan SEB vereistes moet voldoen as jou jaarlikse omset meer as 10 miljoen is, hierdie waarde word nooit laer nie maar hoër. Ń ander een sal wees om ń “shadow company” te stig wat elke jaar aansoek doen om uit te voer, daar is baie maniere om hierdie drakoniese wetgewing te omseil, ń ander een sal wees om na die howe te gaan en Internasiobale markte bewus te maak van hierdie rasistiese wetgewing en regulasies.

Tiptol ·

Chris en Piet, ek hoop die boere lees julle kommentaar. Dis goeie raad.

Pieter ·

En ons blankes wil nie standpunt in neem nie en ons boere wil ook nie hulle voet neer sit nie. Die boere in die land het baie meer krag as wat hulle dink. Tyd dat die anc gemors op die harde manier leer soos hulle broers in zim.

Piet parys ·

So wat bedoel jy die boere het die mag . Jys reg sodra alle nie boere net hulle salarisse in die boere se rekening betaal dan hou ons op boer want ons moet ook eet en rekeninge betaal . Al wat jy as nie boer hoef te doen is koop niks vir die volgende 3 mnde . Probleem opgelos.

Keith ·

Lyk vir my asof dinge verander van erger tot veel erger, in die land van ons.

casper ·

Die ANC sal seker maak dat wit mense in suid afrika geen besigheid sal kan bedryf nie !!

Grassie ·

Hierdie is die ergste vorm van rassisme waarmee die “peoples” nog vorendag gekom het. Dit is egter nie net op boerdery gemik nie maar sekerlik op enige ander familiebesighede. Waarom moet witmense wat ‘n suksesvolle besigheid tot stand bring noodgedwonge ‘n parasiet of parasiete wat te sleg is om self ‘n besigheid te begin en te bedryf, in hul besigheid akkommodeer sodat hulle kan sit en verorber wat hulle nie voor gewerk het nie. Dit is wat ek verstaan van herverdeling van rykdom – vat by die wat het en hard gewerk het daarvoor en gee dit aan die wat werksku is en nie hul hande uit hul moue wil steek om vir hulself te sorg nie.

Mariana ·

En steeds wil ander lande in hierdie plek belê? Regtig? Die regering is die grootste struikelblok vir SA. SEB ga!!!!

Alex ·

Die hele land is rassiste. Die wat die land se ekonomie aan die gang probeer hou is, moet nou korrupte meulstene saamdra wat niks beteken vir enige ekonomie nie en die bietjie wat gemaak word uit n boerdery ook weg gee!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die kommuistiese ideologie wat getransformeer is na Mzansi Rassistiese Kommunisme. ‘n Nuwe vorm van kaping.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Hierdie sotlike beleid gaan uitgebrei word na die hele privaatsektor. Dit gaan die doodsklok wees vir die blanke middelklas. In kommunistiese denke bestaan daar nie ‘n middelklas nie – net ‘n Elite en verder die patronaalstelsel van kaderlakeie wat beheer oor al die magshefbome en bronne bekom en behou tot die voordeel van die Elite. Die res van die bevolking is die werkersklas of plebs wat in ‘n onderdanige posisie gehou word deur gebrek aan kennis, inligting en afhanklikheid. Klink wreed maar dit is hoe kommunisme werk. En die politieke party is daar om die Elite te stut. Vandaar die drang op partyeenheid en partydissipline.

Jacobus ·

Dit is soos kommunisme werk..
BEE kos die land geld.
Bly om te sien Dr de Jager spreek hom uit teen hierdie belaglike sogenaamde regstellende aksie.
Is dit die laaste bastion wat nou geplunder moet word?
Rassisme is belangriker as die land se voortbestaan en ekonomie…nou onthou ek weer kogniktiewe begrip……

Schalk ·

Vandag wens ek dat Maroela my toelaat om die regte woorde wat in my opkom te gebruik. Sies ANC en julle rassistiese idealogie wat niks anders as selfverryking vir individue in die politiek beteken nie. Ek wens die Boere beperk hulle produkte deur net te verkoop aan hulle eie stamgenote

Piet ·

Meeste boere voer die meerderheid van hulle produkte uit, hoe gaan hul ń bestaan maak as hulle nie toegang tot hierdie mark het nie?

Schalk ·

Piet ek stem saam en ek weet dat dit dan nie winsgewend sal wees nie , soos ek maar bloot gewens het dit kon so wees. Die Boere kry reeds swaar genoeg in ander opsigte.

Frikkie ·

Plant dan net genoeg vir binnelandse gebruik. Die regering sal dit gou aan sy beursie voel

Swerwer ·

Die ANC forseer en dwing hul ook oral op alles en almal af. Solank hul aan die stuur is, is daar nie hoop vir hierdie land nie.

Blikkies ·

Die wereld daar buite gaan nou net vrot bederfde produkte kry en die A graad produkte reguit na die ANC huise toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.