Nuwe teenkorrupsie-adviesraad aangekondig

Pres. Cyril Ramaphosa (10 Junie 2022) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag ʼn nuwe nasionale teenkorrupsie-adviesraad aangekondig. Dié raad sal van 1 September met ʼn ampstermyn van drie jaar begin.

Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê die raad sal belanghebbendes bymekaar bring om toesig te hou oor die inwerkingstelling van die nasionale teenkorrupsie-strategie en die regering van raad bedien oor noodsaaklike voorkomingsmaatreëls, institusionele vermoëns en hulpbronne om ʼn herhaling van staatskaping te voorkom. Die raad moet ook help om bedrog en korrupsie uit te roei.

Prof. Firoz Cachalia is voorsitter en koningin Nomandla Mhlauli van die amaRharhabe-koninkryk in die Oos-Kaap is die adjunkvoorsitter. Kavisha Pillay, David Lewis, Nkosana Dolopi, Barbara Schreiner, adv. Nokuzula Khumalo, Sekoetlane Phamodi en Thandeka Gqubule-Mbeki sal ook in die raad dien.

Dié groep sal ook die regering van raad bedien oor die aanbevelings uit die Zondo-verslag wat Ramaphosa teen 22 Oktober aan die parlement moet voorlê.

“Ons doelwit is om sterk en weerstandige instansies te bou wat ʼn einde kan bring aan korrupsie en enige pogings tot staatskaping kan voorkom,” sê Ramaphosa.

Volgens hom het die maatreëls wat die regering tot dusver ingestel het om wetstoepassingsagentskappe te versterk om korrupsie en staatskaping te beveg, vrug gedra.

Die ondersoekdirektoraat (OD) het die afgelope finansiële jaar reeds meer as 20 korrupsiesake op die hofrol geplaas en 65 beskuldigdes is aangekla. “Dit sluit verskeie ‘staatskaping’ en ander sake van ernstige korrupsie in.”

Die batebeslagleggingseenheid het ook bevriesingsbevele van R5,4 miljard bekom wat met korrupsiemisdade verband hou.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het geld en bates ter waarde van R2,6 miljard teruggekry en kontrakte ter waarde van R18 miljard tersyde laat stel. Altesaam 119 siviele sake ter waarde van meer as R13 miljard is reeds by die spesiale tribunaal ingedien.

“Korrupsie is ʼn baie ingewikkelde misdaad om te vervolg. Oortreders doen baie moeite om hul spore uit te vee. Dit beteken dat die owerhede se reaksie net so gesofistikeerd moet wees.”

ʼn Multidissiplinêre Fusion-sentrum is gevolglik in 2020 op die been gebring waar wetstoepassingsagentskappe en die Finansiële Intelligensiesentrum saamwerk teen korrupsie. “Dié sentrum het die afgelope jaar 276 bedrog- en korrupsie-ondersoeke ondersteun, bewaringsbevele van R659 miljoen se bates bekom en R613 miljoen se bates bevries.”

Die Fusion-sentrum is aanvanklik gestig om Covid-19-verwante korrupsie te ondersoek, maar die mandaat word nou uitgebrei om ook geldwassery, bedrog, wanadministrasie, terreurfinansiering en ander ernstige finansiële misdade in te sluit.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het verlede week ook besonderhede verskaf oor vordering wat sy teenkorrupsietaakspan gemaak het. Tussen 2019 en 2022 is 554 verdagtes op aanklag van korrupsie in hegtenis geneem, waarvan 142 skuldig bevind is.

“Nog ʼn noodsaaklike finansiële intelligensie-instrument is die leefstyloudits deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.” Altesaam 25 leefstyloudits ter waarde van R450 miljoen is verlede jaar deur die SAID uitgevoer.

“Dit is duidelik dat die maatreëls wat die regering tot dusver ingestel om staatskaping en korrupsie te beveg ʼn merkbare impak het. Die gesinchroniseerde werk van al die wetstoepassingsagentskappe slaan misdadigers waar dit die seerste maak – in hul sak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johann ·

Om te dink dat jou eie karakter en die van jou magsmal kaders SÓ kern korrup is dat jy mense moet aanstel om dit te beperk? Ziljoene spandeer aan Zondo…en nou nog op n komitee?

Geert ·

Ek sal glo daar word iets gedoen omtrent die probleem sodra die skuldiges oranje oorpakke dra. Die ANC is nie te vertroue in die saak nie, hulle is dan self betrokke.

koos ·

Luister nou mooi ou knaap, in hierdie paradys van jou vind anc misdade vinniger plaas as jou suksesvolle vervolgings. Jou rade en kommissies raak verder en verder agter. So terloops, het jy jou vermiste USD 4 miljoen al raakgeloop?

Republikein in die Wes Kaap ·

Koos, daar is sterk gerugte dat meer geraamtes uit Ramaphosa se kaste gaan spring.

Samuel ·

CR is hopeloos te bang om iets te doen, daarom nog ‘n kommissie. Foeitog, oor twintig jaar sal daar steeds dadels van kom.

Pieter ·

Wat ‘n kommunis is Ramphosa. Nuttelose suurstofdief. Hy sê Zondo se aanbevelings hoef nie in ag geneem word nie. En nou dit. Niemand al suksesvol vervolg nie. En die raad is seker ook ANC kaders, dus niks gaan gebeur nie.

Hettie ·

Ja , en na nog ‘n paar mijoen is hulle aanbeveling ook nie van toepassing nie. Net ‘n aanbeveling ! Nie nodig om uit te voer nie. !! soos Zondo se aanbevelings!

Jr ·

Aagh asb, Ramaphoopoo you are so bloody weak. Kaders to investigate kaders. Wake me up after 3 years

domheks ·

ramaparra – jy is besig om werkskepping te doen met jou rade/kommissies/ondersoeke – maar daar kom dadels van. Jy mors net nog geld!

Snowball ·

Die president van klugte, korrupte kaders en kommissies sonder magte. Een van die dae is daar ‘n kommissie wat die kommissie moet ondersoek.

Nie Verbaas ·

So Ramaphosa, gaan hulle jou ook ondersoek of het jy klaar gereel?

LANA is ELANè ·

Ggggg, net nog ñ adviesraad wat die belastingbetaler miljoene kos wat eintlik niks beteken nie… kyk maar na die Zondo kommissie se jarelange ondersoeke wat uiteindelik op niks uitloop nie, danksy die president self se houding teenoor dit wat in die verslag genoem is.
Die regering is deurspek van korrupsie en hulle sal als en almal aanstel net om hulself te beskerm sodat hulle verder kan plunder!
Die president phala-phala maar al te lekker.

Shakespeare ·

En wie gaan die nuwe “korrupsie adviesraad”
ondersoek ??????

Di ·

Ek raak letterlik NAAR as hierdie nar sy mond oopmaak en begin met stigtings van komitees, rade, instansie en ……. Wat hy nie verstaan nie, daar is GEEN raad, komitee, of instansie wat hierdie korrupsie of ANC Kader aanstellings kan stop nie. Al hierdie bog is net ‘n “eyeblind” om mense te sus! Mense begin opstandig raak dan word ‘n komitee gestig om iets te ondersoek

anneke ·

Gaan my verstand te bowe hoeveel rade en kommissies gestig word goed te ondersoek! Dan nadat daar miljoene spandeer is, waar daar nog ‘n raad of kommmissie aangestel om die die oorspronklike lot te ondersoek. Amper soos ‘n hond wat sy eie stert jaag.
Kan iemand met meer insig as my siniese opinie dalk verduidelik sit op die rade? Paar van elke politieke party of almal van die ANC, wat mos maar eintlik die purpose defile.

Danie ·

Raai raai nog n geldmaak en vermorsing van die belasting betalers se geld.Die span wat saamgestel is is net van sy kaders.Ek se weer kry die gemeenskap se insette om die korrupsie probleem hok te slaan.

Martie Smartie ·

Die kamtige Fusion sentrum is niks anders as die ACTT nie. Hulle karring al aan van 2004 af en het omtrent duskant bok ke rol bereik. Die kamtige Valke se syfers is so gekook dis ongelooflik. Toe Zuma op sy besigste was, het die sg ACTT net mooi nis bereik nie. Nou kry hulle n ander naampie. Soos wanneer mense n ander company registreer as een gelikwideer word. Goodness me

Swerwer ·

En so brei die Kader net verder uit, want waar gaan die geld van daan kom vir die salarisse en wie en wat is diè Kader se name/identeteit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.