NVG begin Sodi se bates gryp

Edwin Sodi (Foto: Blackhead Consulting)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal vandag begin om op die omstrede en skatryk sakeman Edwin Sodi se bates, waaronder verskeie huise en ’n rits luukse motors, beslag te lê.

Die Bloemfonteinse hooggeregshof het Vrydag gelas dat Sodi en sy ses medebeskuldigdes se bates bevries word nadat hulle in hegtenis geneem is en in die hof verskyn het vir hul beweerde betrokkenheid by die omstrede Vrystaatse asbes-ouditkontrak.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die NVG, het Dinsdagoggend bevestig dat hulle vandag sal begin om op Sodi se bates beslag te lê.

Die skatryk sakeman se bates, soos gelys in hofdokumente, sluit in ’n plaas, ses huise in Bryanston, Johannesburg, asook luukse motors waaronder ’n Porsche Cayenne, Mercedes-Benz, Rolls-Royce en ’n Bentley.

Altesaam 12 persoonlike bankrekeninge sal ook bevries word.

Sodi is Vrydag op borgtog van R500 000 vrygelaat. Hy en sy medebeskuldigdes staan tereg op 60 aanklagte waaronder korrupsie, bedrog en geldwassery ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) sowel as oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA).

Een van Edwin Sodi se huise Foto: Twitter)

Maroela Media het vroeër berig die inhegtenisnemings spruit uit ’n gesamentlike ondersoek deur die Vrystaatse Valke, die spesiale ondersoekeenheid en die NVG.

Die bewerings hou verband met ’n kontrak wat glo op ʼn bedrieglike en korrupte wyse toegeken is. Daarbenewens het sekere regeringsamptenare glo voordele van die gekontrakteerde maatskappy en/of ’n individu ontvang wat gelei het tot verskeie aanklagte van korrupsie.

Die kontrak was bedoel om asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, maar die nodige omsigtigheidsproses is nie gevolg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Dup ·

Die woord Sodi beteken Skelm in Arabiers,of Korrupte in Latyn.

Dries ·

Die lewe is so onregverdig. Ek besit maar net een gewone voertuig, en kan slegs bekostig om behuising te huur.

Eclectus ·

Die lewe is nie regverdig nie want die lewe skuld jou niks. Die lewe is chaos, sukses is arbitrêr en selfvertroue is alles.

Dries ·

Jy is heeltemal reg, Jacques. Ek was eintlik sarkasties. Ek weet presies hoe die lewe werk.

Snowball ·

Rather eat crumbs with the bums, than steaks with the snakes….
Niks slaap so lekker soos ‘n skoon gewete nie.

Pieter ·

Sakeman is die verkeerde woord. Bedriër is meer gepas. Verkeerde voorbeeld hoe om sake te doen.

Androclus ·

En so begin die” party” einde se kant toe staan.Dit word nou skemer daar by hom.

Johanncb ·

Jan Publiek is dankbaar om te sien die wiel draai teen bedrog en korrupsie! Dit werk om jou besittings eerlik te bekom!

Johann ·

Mmmmmm? Al good and well, maar wat van ACE en sy comrades en pelle en tjomme en seuns en kie?

Wie moet nog wat bewys en blootstel oor die ANC kader voorbok bedriër se arrogante vergrype?

Faruk ·

Is daar nou wragtig nie een eerlike wese onder dié spul nie?

Kokerboom ·

Liewer laat as nooit! Niks gee my meer plesier as om die aardskelems ingekatrol te sien!!!

Casper ·

Dit is die tipe optrede wat mense weer respek en vertroue vir die regstelsel sal terug wen.Geluk aan advokaat Batohi.Daar is beslis dinge aan die gebeur by die N V G.Mnr .Sodi ek het so pas verneem jou en jou mede beskuldigdes se mates is deurgegee vir die maak van julle oranje pakkie net vir interval.

4ntj13 ·

Borg van R500 000. Is dit al? Ek dog miljoene was betrokke…

Cd ·

Slim het toe sy bass gevang
Jou kierangtjies gaan braai “sakeman”

AmY ·

En dan kla ‘n sekere mannetjie in ‘n rooi oorpak oor (meestal eerlike) geld in blankes se hande.
Ek kon net bekostig om ‘n woonstel te koop, en besit nie eens ‘n voertuig nie.
My woonstel is op die tweede vloer, so ek besit nie eens ‘n stukkie grond nie. Net gemeenskaplike eiendom wat naweke ontsier word deur dronk mans.

Anoniem ·

Vat asb. ook die bates van die heer ZUMA, veral Nkandla!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.